Voornemende nagraadse studente

Stel U belang in die Departement se navorsing? Oorweeg dit om die betrokke kontakpersoon te skakel om navraag te doen oor die huidige M.Sc. of Ph.D. projek geleenthede. Vir algemene navrae kontak earthsciences@sun.ac.za.

Studente word aangemoedig om 'n akademiese personeellid wat die voornemende promotor gaan wees kontak. Soek op die lys van akademiese personeel en hul navorsing belangstellings.

Voor aanvanklike registrasie moet die studieleier en student die Departementele toestemming bekom om te registreer, deur die 'n projek voorstel in te dien by die Navorsing Studente Komitee (RSC). Hierdie voorstel moet die volgende inligting insluit:

  • departementele aansoek vorm
  • 'n kort CV van die student (maksimum een A4-bladsy)
  • 'n beskrywing van die studie area of gebied van navorsing
  • 'n geprojekteerde tyd vir die voltooiing van die projek
  • besonderhede van die logistiek van die navorsingsprojek
  • besonderhede van die begroting wat nodig is om die navorsingsprojek te voltooi

 

Die handboeke bevat alle relevante inligting vir Aardwetenskappe B.Sc. Honneurs en M.Sc. of Ph.D-studente:

Alle navorsing studente (M en D) moet jaarlikse verslae indien:


 

Vir meer inligting oor die kampus, toelatingsvereistes, koshuise ens. word voornemende nagraadse studente verwys na die Stellenbosch Universiteit se Nagraadse Kantoor: http://www0.sun.ac.za/pgstudies/.

Direkte navrae oor nagraadse befondsing: Navrae lessenaar: Nagraadse Studentebefondsing.

Toelatings inligting: http://www0.sun.ac.za/pgstudies/howtoapply.html

As U nog tyd het, besoek ons gedurende die Opedag http://www.maties.com/opedag-2016.html