Botany & Zoology
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kaapse pelsrobbe kan hulle kalfies tot in hul volwassenheid sooghttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7494Kaapse pelsrobbe kan hulle kalfies tot in hul volwassenheid soogMedia & Communication, Faculty of Science
Sommige Kaapse pelsrob- (Arctocephalus pusillus pusillus) ma's kan hulle kalfies vir veel langer soog as wat voorheen aanvaar is, en daardeur waarskynlik so hulle afstammeling se kans op oorlewing vergroot.
Die waarneming van hierdie ongewone gedrag is nou gepubliseer in die vaktydskrif African Zoology in 'n artikel getiteld “Prolonged nursing in Cape fur seals (arctocephalus pusillus pusillus) at Cape Cross colony, Namibia".
Navorsers betrokke by die Namibiese Dolfyn-projek, 'n navorsingsprojek wat deur Sea Search Africa, onderneem word, het hierdie waarnemings gemaak by die kolonie wat hou by Kaap Kruis in Namibië. Kaap Kruis is een van die wêreld se grootste broeikolonies van Kaapse perlsrobbe en bestaan uit byna 210 000 diere. Terwyl die robbulle slegs teenwoordig is gedurende die broeiseisoen, bly die robkoeie met hul kroos heeljaar lank by Kaap Kruis, en jag in die waters van die omgewing.
Dr Anna Osiecka, hoofouteur, sê Kaapse pelsrobbe speen hulle kalfies normaalweg binne die bestek van 'n jaar: “Dit wil voorkom asof sommige verkies om hierdie band met hulle kalfies vir langer te bou, of om selfs onverwante kalfies te soog. Aangesien robmelk baie ryk aan vet en proteïen is, kan hierdie ekstra “verniet" kos so 'n kalf 'n voorsprong gee. Jong robbe kry op hierdie wyse die kans om groter te word en sodoende hulle kans op oorlewing te vergroot, alvorens hulle die wye wêreld op hul eie hoef aan te durf.
“Vir manlike kalfies, kan dit beteken dat hulle 'n groter kans het om 'n trop te beskerm en 'n nageslag te kan hê wanneer hulle volgroeid is, aangesien groter bulle neig om meer suksesvol hierin te wees," verduidelik sy.
Wat ons weet oor moedersorg onder Kaapse pelsrobbe
Kaapse pelsrobbe is die enigste robbe wat in Suider-Afrika broei, binne 'n gebied wat strek vanaf suidelike Angola tot Port Elizabeth in Suid-Afrika.  “Hierdie diere is gedurende die vorige eeu gejag tot op die rand van uitsterwing, maar met die nodige toepaslike beskermingsmaatreëls het hulle getalle herstel en is hulle nou volop oor die hele verspreidingsgebied," sê  dr Simon Elwen, 'n mariene soogdierdeskundige, en direkteur van Sea Search.
Wanneer hulle volwassenheid bereik, skenk elke vroulike Kaapse pelsrob jaarliks geboorte aan een enkele kalf. Kalfies word gespeen teen 10-12 maande en indien hulle vroeër van hulle ma's geskei word, veroorsaak dit dikwels hulle dood. Ten einde hierdie lang soogtydperk te kan volhou, spandeer ma's byna die helfte van die tyd in die see op soek na kos, terwyl hulle die kleingoed alleen op land agterlaat in groot jongelinggroepe.
Volgens dr Tess Gridley, 'n nadoktorale genoot by die Universiteit Stellenbosch se Departement Plant- en Dierkunde, is Kaapse pelsrobbe 'n fassinerende spesie. Sy lei die navorsingsprojek oor hulle biologie en gedrag in Suid-Afrika en Namibië.
Dr Osiecka sê die waarnemings bewys dat ma-en-kind verhoudings nie so eenvoudig is as wat voorheen aanvaar is nie. “Koeie kan aanhou om hulle ouer kalf te soog indien die huidige jaar se kalf doodgaan of dood gebore word. Dit is tot groot voordeel van die ouer kalfies: hulle kan vinniger groei, en dit sal uiteindelik hulle kans op oorlewing en voortplanting as volwassenes verhoog."
Dit impliseer ook dat robbe hulle familielede oor 'n tydperk van jare heen kan herken en hulle sosiale bande kan behou.
Alhoewel dit fisies baie van haar verg, kan 'n koei ook by 'n verlengde soogtydperk baat. Die feit dat sy van oortollige melk ontslae kan raak, voorkom mastitis, en in sommige gevalle kan dit eenvoudig meer doeltreffend wees om 'n ouer, gesonder afstammeling te ondersteun.
“In sommige spesies verhoed die soogproses toekomstige swangerskap  - ons weet nog nie of dit wel die geval is by Kaapse perlsrobbe nie, maar indien wel,  kan 'n verlengde soogtydperk ook 'n jaar sonder 'n swangerskap tot gevolg hê wat die koei in staat sal stel om haar fisieke welstand te  herstel voor 'n volgende swangerskap," sê Osiecka.
Verlengde soogtydperke is al by ander pelsrobbe waargeneem, alhoewel dit dikwels toegeskryf is aan “melkdiefstal" of aan persoonsverwarring waar koeie onverwante kalfies soog.
“Dit is nie waar in die geval van ons waarnemings nie. In al hierdie gevalle was die robkoeie bewus van die sitauasie en het sy dit toegelaat – al snuifend aan die suigeling. Dit is hoe hierdie diere mekaar herken en dit dui daarop dat die koeie die suigelinge ken en aanvaar."
Dr Osiecka wys egter daarop dat daar steeds baie is om te leer. “Ons waarnemings, en inderwaarheid alle beskrywings van ongewone soogpraktyke in pelsrobbe, is gebaseer op opportunistiese waarnemings. Ons is steeds nie seker oor hoe robkoeie besluit om die afstammelinge vir 'n langer tydperk te soog, en, of hoe aanneming by hierdie spesie plaasvind nie. Langer, toegewyde studies is nodig om die sosiale dinamika van hierdie diere beter te verstaan."
Op die foto bo, 'n Kaapse pelsrobkoei soog 'n jaaroue babakalf (regs) en 'n 2-jarige kalf tegelykertyd. Die Kaap Kruis-kolonie in Namibië bestaan uit ongeveer 210 000 robbe. Foto: ©Anna N Osiecka/Sea Search
Vol verslag: Osiecka, A. N., Fearey, J., Elwen, S., & Gridley, T. (2020). Prolonged nursin​g in Cape fur seals (Arctocephalus pusillus pusillus) at Cape Cross colony, Namibia. African Zoology, 1-7. https://doi.org/10.1080/15627020.2020.1768144
Media-onavrae
Dr Anna Osiecka - ann.osiecka@gmail.com
Dr Tess Gridley - nam.dolphin.project@gmail.com
Dr Simon Elwen - simon.elwen@gmail.com
Nuwe boek is skatkis van inligting oor indringerspesies http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7328Nuwe boek is skatkis van inligting oor indringerspesies Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie [Alec Basson]
Indien jy bekommerd is oor indringerspesies of nog altyd meer oor hulle wou weet, is 'n nuwe boek wat oor alle aspekte van biologiese indringing in Suid-Afrika handel, beslis vir jou bedoel.
Die boek, Biological Invasions in South Africa, het onlangs as 'n ope-toegang ensiklopediese boek verskyn. Dit verskaf inligting aan lesers oor 1 422 indringerspesies, insluitende plante, voëls, soogdiere, visse, grondkruipende ongewerwelde diere, indringersee-organismes en mikro-organismies wat siektes veroorsaak en wat genaturaliseer of die land binnegedring het.
Die boek se 31 hoofstukke dek onderwerpe soos die geskiedenis van navorsing in Suid-Afrika, gedetailleerde beskrywings van hoofgroepe plante en diere, beleidsontwikkeling, die ontwikkeling van 'n gesonde ekologiese teorie oor biologiese indringing, die doeltreffendheid van bestuursingrypings en toekomstige scenario's rakende biologiese indringing in die land.
“Daar is min, indien enige boeke wat hierdie vakgebied so omvangryk op 'n nasionale vlak vir enige land ter wêreld dek. Hoewel daar baie boeke oor biologiese indringing is, dek die meeste net 'n spesifieke aspek van die probleem, of 'n spesifieke groep spesies," sê prof Brian van Wilgen van die Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie (SIB) en die departement Plant- en Dierkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy mederedakteurs was sy kollegas, proff John Measey en Dave Richardson, asook prof John Wilson en dr Tsungai Zengeya van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut. Meer as 100 navorsers, praktisyns en nagraadse studente wat verskillende aspekte van indringerspesies ondersoek, het tot die boek bygedra.
Van Wilgen sê hulle wou 'n omvattende naslaanwerk lewer wat as 'n onderrig- en navorsingsinstrument en 'n inligtingsbron vir bestuurders op hierdie terrein kan dien.
“Hierdie boek verskaf inligting oor die bekende uitwerkings van indringerspesies in die land. Indringerbome verbruik byvoorbeeld sowat 5% van ons skaars waterbronne, dit verminder die dravermoë van ons natuurlike gras- en weivelde en hou 'n direkte bedreiging in vir die voortbestaan van sowat die helfte van 1 600 inheemse spesies wat op Suid-Afrika se Rooi Datalys verskyn.
“Spesies wat veral skadelik is, sluit in Amerikaanse en Europese dennebome en Australiese akasias wat die fynbos en grasvelde binnedring, die afloop van water verminder, inheemse spesies bedreig (waarvan sommige net in Suid-Afrika voorkom) en die intensiteit van veldbrande verhoog; Amerikaanse mesket-doringbome (Prosopis) wat die droë Karoo en droë savannas binnedring en dan die veeproduksie op sommige plase feitlik onmoontlik maak; en 'n nuwe inkomeling, die indringer veelvretende skietgat-houtkewer wat plataanbome, eikebome, avokado's en baie ander boomsoorte regoor Suid-Afrika kan uitwis."
Die dryfveer agter die boek was volgens Van Wilgen die feit dat die laaste (en enigste) sintese oor hierdie onderwerp op 'n nasionale vlak 34 jaar gelede in 1986 verskyn het, en dus was 'n nuwe sintese oor hierdie groot en groeiende probleem nodig. “Ons regering het die afgelope 15 jaar aansienlik in die vestiging en instandhouding van die SIB belê. Dit was dus ook nodig om 'n oorsig te gee van wat ons geleer het, en om 'n omvangryke sintese te verskaf wat die volgende geslag navorsers en bestuurders kan gebruik."
Hy voeg by dat hul breedvoerige dekking om verskeie redes moontlik was, insluitende Suid-Afrika se lang geskiedenis as 'n leier op die gebied van die hantering van indringerspesies (in navorsing en in bestuur) en danksy ruimhartige befondsing wat die afgelope 20 jaar vir navorsing, opleiding en bestuur beskikbaar gestel is.
“Suid-Afrika het ook as 'n wêreldleier op hierdie gebied ontluik, en vaar baie beter as wat verwag is in navorsing, opleiding en bestuur. Sedert sy onstaan in 2004, het die SIB 1 750 navorsingartikels die lig laat sien en altesame 129 meesters- en 67 doktorsgrade toegeken. Dit is 'n aansienlike bydrae tot die uitbouing van kapasiteit en transformasie op hierdie gebied."
Daar word gehoop dat die boek nie net in Suid-Afrika nie, maar ook wêreldwyd 'n belangrike naslaanwerk en onderriginstrument vir baie jare sal wees, sê Van Wilgen.
“Dit sal beslis baie wyd buite ons grense gebruik word en ons hoop dat dit veral vir ander lande in Afrika tot nut sal wees."
Biological Invasions in South Africa kan gratis afgelaai word by https://link.springer.com/book/10.1007%2F978-3-030-32394-3
SLEGS VIR MEDIANAVRAE
Prof Brian van Wilgen
Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie
Departement Plant- en Dierkunde
Universiteit Stellenbosch
E-pos: bvanwilgen@sun.ac.za
UITGEREIK DEUR
Martin Viljoen
Bestuurder: Media
Korporatiewe Kommunikasie
Universiteit Stellenbosch
E-pos: viljoenm@sun.ac.za
Meer as 600 grade in natuurwetenskappe by US Desember-plegtigheid toegekenhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6929Meer as 600 grade in natuurwetenskappe by US Desember-plegtigheid toegekenWiida Fourie-Basson
Uitgerus in tradisionele Zoeloe-drag, het Maties student Menze Ngcamphalalala vandag oor die verhoog gestap om sy MSc-graad in Wiskunde te ontvang. Hy was een van meer as 600 voor- en nagraadse studente in die natuurwetenskappe wat op 11 Desember 2019 hulle grade by die Universiteit Stellenbosch (US) se vyfde gradeplegtigheidseremonie ontvang het.
In totaal het die Fakulteit Natuurwetenskappe 390 BSc-, 145 HonsBSc- 55 MSc- en 29 PhD-grade toeken. Onder bogenoemde spog die Departement Chemie en Polimeerwetenskap met nege PhD's, terwyl 29 studente wat deur middel van die Afrika Instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS) studeer het, hulle MSc-grade in Wiskunde sal ontvang.
Nog 'n MSc-student in Wiskunde, Sarah Selkirk, het die gesogte S2A3 medalje (brons) van die Suider-Afrika Vereniging vir die Bevordering van die Wetenskap ontvang as die US se beste MSc-student uit die natuur-, ingenieurs- en mediese wetenskappe.
Prof Louise Warnich, dekaan van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe, sê sy is dankbaar vir die sukses op die harde werk van dosente, studieleiers en studente, ondanks die vele uitdagings wat hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika in die gesig staar. Sedert 2015 het die Fakulteit Natuurwetenskappe deurentyd meer as 300 nagraadse studente per jaar gelewer en dit wil voorkom asof 2019 geen uitsondering sal wees nie.
“Ons graduandi lewer steeds belangrike bydraes tot die Suid-Afrikaanse privaat, sowel as openbare sektore waarvan baie in leierskapsposisies en as entrepreneurs. Ek is vol vertroue dat die klas van 2019 in hulle voetspore sal volg en hulle welverdiende hoëvlak vaardighede tot voordeel en vir die ontwikkeling van ons sameleweing sal aanwend."
Onder hierdie jaar se graduandi om van kennis te neem, is Dr Collins Jana wat tans 'n dosent aan die Universiteit van Malawi se Kollege vir Geneeskunde is en 'n PhD in Biochemie ontvang. In 2014 toe hy sy loopbaan wou fokus op navorsing vir die ontwikkeling van nuwe middels om infeksiesiektes te bekamp, was daar geen hoëronderwysinstelling in Malawi waar hy sy nagraadse studie in Biochemie kon voortsit nie. Dit was die begin van 'n tien jaar lange reis (met onbeplande onderbrekings) as nagraadse student in die navorsingsgroep van Prof Erick Straus in die US se Departement Biochemie.
Nog 'n hoogtepunt is die sukses van Dr Upenyu Lucky Muza, wat nie net sy PhD in Chemie onder die studieleiding van Porf Harald Pasch verwerf nie, maar hy was ook in Augustus vanjaar een van slegs vyf nagraadse studente landswyd wat die SASOL Nagraadse Medalje van die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut (SACI) ontvang het. Hierdie toekenning gaan jaarliks aan nagraadse studente wat innoverend is en entrepreneursvaardighede en onafhanklikheid toon. Muza, 'n boorling van Zimbabwe, gaan in 2020 as nadoktorale genoot sy navorsing in Europa voortsit.
Dr Arnu Pretorius wat 'n PhD in Rekenaarwetenskap verwerf, bevind hom ook onder hierdie uitgelese groep. Met 'n agtergrond in wiskundige statistiek het sy navorsing gefokus op die veld van kunsmatige intelligensie, masjienleer en diep neurale netwerke. Hy het 'n teoretiese bydrae gelewer tot die veld van masjienleeralgoritmes en die ontwerp en afrig van neurale netwerke. Lees meer oor sy werk onder studieleiding van Dr Steve Kroon van die Afdeling Rekenaarwetenskap in die Fakulteit Natuurwetenskappe.
Die Departement Plant- en Dierkunde het ook 'n goeie oes met vyf studente wat hul PhD's vanjaar verwerf. Dr Luyanda Ndlela het drie predatoriese bakterieë geïsoleer en beskryf wat moontlik die potensiaal het om eendag deurslaggewend te wees in die ontwikkeling van natuurlike behandelings teen toksiese algebloei. Dr Olivier Pasnin, 'n navorsingswetenskaplike by die Mauritius Instituut vir Oseanografie, het die eerste filogenetiese analise van sponse in die Westelike Oseaan gedoen, en daardeur 'n bydrae gelewer tot die verbetering van mariene bewaringspraktyke. Ander PhD-graduandi het die evolusionêre geskiedenis en taksonomie van parasitiese perdebye ondersoek, die rol van mariene predatore in die regulering van indringers. Prosopis-indringing in Oos-Afrika het ook onder die loep gekom.
Bykomend hiertoe word drie PhD's in Fisika toegeken, drie in Wiskunde, twee in Fisiologiese Wetenskappe en een elk in Toegepaste Wiskunde en Mikrobiologie.
Foto's: Stefan Els
Shark Safe Barrier™ by gewilde strandoord op Réunion getoetshttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6606Shark Safe Barrier™ by gewilde strandoord op Réunion getoetsWiida Fourie-Basson
Haai-afskrikkingstegnologie wat deur 'n span navorsers van die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is, word tans aan die kus van Réunion in die Indiese Oseaan getoets.
Die Shark Safe Barrier™ is die mees gevorderde haaispesifieke afskrikkingstegnologie wat tans beskikbaar is en wat nie haaie of ander mariene diere beseer of dood nie, terwyl dit terselfdertyd branderplankryers en swemmers veilig hou.
Selfoongebruikers kliek hier.​
Die tegnologie is oor die afgelope sewe jaar ontwikkel deur die Departement Plant- en Dierkunde van die US se Dr Sara Andreotti en Prof Conrad Matthee, in samewerking met die wêrelbekende bewaringskundige Michael Rutzen, Dr Craig O'Connel van die VSA en Suid-Afrikaanse kusingenieur, Laurie Barwell. Die span het twee welbekende aspekte van haaibiologie gekombineer: hulle natuurlike afkeer aan digte seewierwoude, en hulle sensitiwiteit vir magnetiese velde, ten einde met 'n versperring vorendag te kom wat haaie en mense fisies van mekaar sal skei.
In die praktyk bestaan dit uit verskeie skuinsgeplante rye hoëdightheid polipoliëtileen pype, een meter van mekaar op die seebodem, wat 'n digte seewierwoud naboots. Die rye wat oseaanwaarts front, bevat groot keramiek magnete, wat 'n sterk magnetiese veld skep om die haaie nog meer af te skrik om hierdie gebied binne te kom.
Hierdie konsep is geloods en getoets in Gansbaai se stormwaters wat beskou word as die mekka van grootwithaaie in Suid-Afrika. Gedurende die twee jaar van toetsing het geen enkele haai hierdie kunsmatig geskepde seewierversperring wat 169 vierkante meter beslaan, probeer binnekom nie, selfs al is hul met aas soontoe gelok.
Uitvinding vir die eerste keer buite Suid-Afrikaanse waters getoets
In 2014 is die Shark Safe Barrier™ met behulp van die US se tegnologieoordragmaatskappy, INNOVUS, gekommersialiseer.
Dr Andreotti, die huidige hoof- uitvoerende beampte, is in 2017 deur Réunion se Haairisikobestuursentrum genader om die effektiwiteit van die uitvinding in die Indiese Oseaan met  bull sharks (in Suid-Afrika bekend as Zambezi-haaie) te toets.
“Gedurende Januarie en Februarie 2019 het ons 'n 100 vierkante meter versperring geïnstalleer aan die kus van Saint-Paul. Navorsers van Réunion plaas twee maal per week aas in die middel van hierdie gebied met die doel om haaie te lok. Alhoewel hierdie struktuur alreeds 'n kunsmatige rif gevorm het en 'n plek van veiligheid vir plaaslike vis geword het, het geen haai nog tot dusver hierdie gebied probeer binnedring nie," sê sy.
Die veldtoets sal ten einde loop sodra die Réunion-span daarin geslaag het om minstens 20 bull shark-interaksies met die versperring vas te lê.
Tussen 2007 en 2016 het hierdie branderplankryersparadys sewe fatale en 14 niefatale haai-insidente beleef, met 'n gevolglike 40%-daling in toeristebesprekings na elkeen van hierdie betreurenswaardige gebeurtenisse.
“In 2014 het toeriste byna die helfte van die eilandbevolking beslaan. Maar vandag waarsku die owerhede inwoners en toeriste om uit die water te bly," sê Andreotti.
Indien die Shark Safe Barrier™ suksevol blyk te wees, kan die permanente installering hiervan aan die gewilde kuslyn 'n ommekeer vir die eilans se kwynende toerismebedryf beteken.
Maar selfs meer belangrik, kan dit ook 'n ommekeer vir die oseane se bedreigde haaipopulasies teweegbring.
“Tussen 2011 en 2016, het daar 491 haai-aanvalle (wat geregistreer is) wêreldwyd voorgekom, waarvan 43 fataal was. Intussen is duisende seediere gedood deurdat hulle in visnette verstrengel geraak het, of deur dromlyne gevang is, sê Andreotti.
Skarebefondsing vir één verdere toets
Die span werk tans  aan die verbetering van die stewigheid van die Shark Safe Barrier™ se tegnolgie deur die ankersisteem aan te pas ten einde die pype stewiger te kan anker in meer sanderige seebodems. Hierna moet dit nog één keer aan werklike seetoestande blootgestel word ­– 'n finale toets.
Indien hierdie laaste toets suksesvol is, is die Shark Safe Barrier een stappie nader daaraan om by strande regoor die wêreld geïmplementeer te word - tot voordeel van die mens, sowel as die oseaan se mariene diere, sluit Andreotti af.
Medianavrae:
Dr Sara Andreotti
E-pos: andreottisara@gmail.com
Sel: 27(0)72 321 9198
Kwantumstippels gebruik om “spesiasie in aksie” vas te lêhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6513Kwantumstippels gebruik om “spesiasie in aksie” vas te lêWiida Fourie-Basson
Evolusionêre ekoloë van die Universiteit Stellenbosch (US) het daarin geslaag om 'n plant in die proses van spesiasie (die proses van spesievorming) vas te vang. En dít deur kwantumstippels in te span in die nasporing van stuifmeelkorrels van die langbuis-iris, Lapeirousia anceps.
Professor Bruce Anderson, 'n evolusionêre ekoloog in die Departement Plant- en Dierkunde by die US, sê dit is slegs die derde keer in sy navorsingsloopbaan dat hy op 'n kontaksone afkom waar dit blyk dat spesiasie besig is om reg voor sy oë plaas te vind.
“Kontaksones waar plante besig is om te divergeer ten einde 'n nuwe spesie te vorm, is heel waarskynlik redelik algemeen, dog moeilik te vind omdat jy regtig moet weet waarvoor om te soek," merk hy op.
Vir die afgelope 15 jaar besoek Anderson en sy navorsingsgenote 'n stuk veld (bekend as Weskus-sandvlaktefynbos) net buite die dorp Mamre aan die Suid-Afrikaanse Weskus, 'n 45 minute rit per motor vanaf Kaapstad, N7 langs.
​​Dit is een van die primêre plekke waar die langbuis-iris (Lapeirousia anceps), sowel as sy bestuiwer, die langtongvlieg (Moegistorhynchus longirostris) aangetref word.
“Dink aan die bekende voorbeeld van die Malgassiese ster-orgidee met sy 30cm lange nektaarbuis en Darwin se mot met 'n tong wat amper ook so lank is," verduidelik Anderson, “waar die orgidee en mot samelopend ontwikkel het in 'n eskalerende wedrenscenario."
Dieselfde evolusionêre meganisme wat agter bogenoemde voorbeeld se passing van bestuiwer se tonglengte met die blombuislengte sit, is ook waar vir Lapeirousia.
In 2009 het 'n medenavorser, Professor Anton Pauw, gevind dat Lapeirousia se buislengtes  samelopend ontwikkel het met die tonglengtes van sy laaglandse bestuiwer (Moegistorhynchus longirostris), waar genoemde tonge en buise kan varieer tussen 43 en 86mm, na gelang van die spesifieke area wat bestudeer word. Met ander woorde, die buislengtes van die plante het perfek gepas by die tonglengte van hul bestuiwers, afhangende van die geografiese ligging van die verskillende populasies.
Maar in 2003 het Anderson afgekom op 'n vreemde populasie van Lapeirousia anceps in die Mamre-gebied: “Sommige plante het kort nektarbuisies gehad en ander weer langes. Daar was baie min blomme met intermediêre buislengtes. Tog is hierdie populasie van plante deur slegs 'n enkele spesie van die langtongvliegfamilie, Moegistorhynchus longirostris besoek."
Vir die volgende 15 jaar het Anderson en sy kollegas hierdie populasie bestudeer en gevind dat daar minimale geenuitruiling tussen hierdie twee plantvorme was, wat dan verklaar het waarom hulle vir so lank as twee aparte entiteite kon voortbestaan.
“In ander lande met minder plantspesies sou bioloë lankal in die versoeking gewees het om hierdie vorme as afsonderlike spesies te verklaar, maar ons het alreeds so baie spesies dat ons dit kan bekostig om 'n bietjie meer omsigtig te werk te gaan!" lag hy.
Anderson was egter baie meer geïnteresseerd in die meganismes wat gekeer het dat hierdie twee plantvorme in die eerste plek vermeng.
Op een van die vele foto's van sy veldwerk, het hy een van die area se langtongvlieë opgemerk met stuifmeel bo-op sy kop en dan ook 'n ander klont stuifmeel in die middel van sy tong.  Maar omdat hierdie plante so onlangs gespesieer het, kon hulle nie die stuifmeelkorrels van mekaar onderskei nie.
“Ek was seker dat die stuifmeel op sy kop van die langbuisblomme moes wees en die ander stuifmeel laer af op sy tong, van die kortbuisblomme afkomstig moes wees, maar ek het geen manier gehad om dit te bewys nie."
Kwantumfisika tot sy redding
Toe Corneile Minnaar in 2015 as PhD-student by die navorsingsgroep aangesluit het, het laasgenoemde 'n betroubare metode probeer vind waarvolgens stuifmeel gemerk en nagespoor kon word, ten einde hierdie einste hipotese te kon bewys. Teen die einde van sy eerste jaar het hy daarin geslaag  om kwantumstippels te gebruik ten einde stuifmeelkorrels te merk. Hiermee het hy baanbrekerswerk verrig in 'n navorsingsveld wat vir meer as 'n eeu lank belemmer is deur die gebrek aan 'n universele metode om stuifmeel mee na te spoor.
Gedurende November 2015 en in 2016, is die span Mamre toe om die nuutontwerpte metode in die veld uit te toets – en belangriker nog - Anderson se hipotese te toets.
In die geval van Lapeirousia en die langtongvlieg was Minnaar en Anderson nou in staat om te bewys dat langbuis- en kortbuisblomme, stuifmeel op verskillende dele van die vlieg se lang tong plaas: kortbuisblomme se stuifmeel beland meestal in die middel van die tong en langbuisblomme s'n op of nader aan die kop van die vlieg.
Gevolglik is daar min tot geen beweging van stuifmeel tussen lang- en kortbuisplante nie, wat op ʼn versperring in genevloei dui.
Professor Anderson sê dit lyk asof hulle hierdie plante op heterdaad, in die proses van spesiesvorming, vasgevang het: “Dit is baie ongewoon. Normaalweg sien ons plante wat lank terug van mekaar af geskei het en dit is moeilik om te verstaan hoe dit gebeur het. In hierdie geval het ons daarin geslaag om die plante in die proses van spesiasie waar te neem, en was ons in staat om die prosesse deur middel waarvan dit plaasvind, te identifiseer en te beskryf."
Hy sê dit is moeilik om te voorspel of hierdie twee vorme van Lapeirousia vir ewig apart sal bly voortbestaan en of hulle uiteindelik sal saamsmelt. Maar wat hy wél weet is dat hierdie lappie veld beskerm moet word.
“Dit word erg bedreig, oorbewei en ingeneem deur akasias en gras," waarsku hy. “Daar is 'n moontlikheid dat hierdie unieke stuk sandvlaktefynbos in die nabye toekoms kan verdwyn."
Die artikel “Intraspecific divergence in floral-tube length promotes asymmetric pollen movement and reproductive isolation​" het vroeër vandeesmaand in die vaktydskrif New Phytologist verskyn met Dr Corneille Minnaar, Dr Marinus de Jager en Professor Bruce Anderson as outeurs.
Medianavrae
Prof Bruce Anderson
Departement Plant- en Dierkunde, Universiteit Stellenbosch
Tel: 021 808 3586
Sel:  072 113 6948
E-pos: banderso.bruce@gmail.com
http://www.biointeractionslab.com/prof.-bruce-anderson.html
Onderskrifte
Met ʼn tong wat tot 7 cm lank kan wees, sukkel die langtongvlieg Moegistorhynchus longirostris selfs op windstil dae om die langnektarbuise van die Iris, Lapeirousia anceps, te besoek. Die vlieg moet die hele lengte van sy tong in die buis insteek ten einde die druppeltjie nektar op die bodem in die hande te kry, en in die proses word stuifmeel op die vlieg se kop geplaas. Foto: Bruce Anderson
SA se nederige suring: heldin van die Kaapse Blommerykhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6485SA se nederige suring: heldin van die Kaapse BlommerykWiida Fourie-Basson
Suid-Afrika se nederige suring het oor die afgelope 15 miljoen jaar 'n arsenaal van die mees unieke en ekstreme voortplantingstrategieë in die Kaapse Blommeryk ontwikkel.
Maar die einste strategieë wat hierdie delikate klein plantjies in staat gestel het om in die mees onherbergsame plekke denkbaar te groei – dink aan die Richtersveld, Knersvlakte, Oorlogskloof en in Gifberg – kan nou tot hul nadeel strek as hul nie blitsig by die vinnig veranderende klimaatstoestande kan aanpas nie.
In 'n studie wat onlangs in die American Journal of Botany gepubliseer is, beskryf dr. Michelle Jooste van die Departement Plant- en Dierkunde by die Universiteit Stellenbosch (US) 'n kontinuum van ontkiemingsstrategieë vir 64 Oxalis-spesies: dit strek van ontkieming binne die bestek van 24 uur (weerspannige sade); tot by sade wat vir jare dormant lê en wag vir die ideale omgewingstoestande voordat hul ontkiem (ortodokse sade).
Prof Léanne Dreyer, mede-outeur en 'n kenner van Suid-Afrikaanse Oxalis, sê die suring se ontkiemingstrategieë is plein vreemdsoortig, ekstreem en uniek in die Kaapse Blommeryk.
Oxalis (oorspronklik afkomstig uit Suid-Amerika) moes ter plaatse aanpas by 'n Mediterreense tipe klimaat waar dit aan lang, warm en droë somers onderwerp is wat afgewissel is met baie voorspelbare nat, winterreënseisoene: “Aangesien dit hierdie twee uiterstes, wat stabiel gebly het vir die afgelope 15 miljoen jaar, moes hanteer, het dit Oxalis in staat gestel om ontkiemingstrategieë tot 'n volgende vlak te neem," verduidelik sy.
Wat selfs meer uniek is, is die voorkoms van omgekeerde ontkieming by sommige Oxalis-spesies: die kiemblare en die eerste blaar ontwikkel en hou aan met groei nog vóórdat die kiemwortel en haarwortels vervolgens te voorskyn kom.
“Dit is 'n merkwaardige verskynsel," sê Dreyer, “en dit gebeur teen die spoed van lig, aangesien die plant genoeg tyd moet hê en genoeg middelle in 'n enkele groeiseisoen moet opbou ten einde ook 'n bol te vorm wat dit in staat stel om ondergronds te oorleef gedurende die warm en droë somermaande."
Maar nog steeds is dit het einde niet. Die navorsers het opgemerk dat sommige van die weerspannige spesies 'n dik gomagtige stof (slymgom) tydens die ontkiemingsproses produseer. Hulle ondersoek nou die teenwoordigheid van bakterieë in die slymgom. Die bakterieë blyk in 'n simbiotiese verhouding met hierdie sade te wees. Simbiose is die wisselwerking wat heers wanneer twee of meer organismes in 'n noue wedersyds voordelige verhouding met mekaar leef.
Die toppunt van eksentrisiteit is egter daardie Oxalis-spesies waarvan die sade die vermoë het om óf vinnig te ontkiem óf dormant te wag, sogenaamde intermediêre sade: “Hierdie sade het die voordeel van onmiddellike ontkieming indien die omgewingstoestande gunstig is, maar kan ook ontkieming uitstel tótdat omgewingstoestande gunstig is," verduidelik Dreyer.
Hierdie tipe sade is egter uiters skaars. Dit kom voor by slegs 19% van die 64 Oxalis spesies wat bestudeer is. Die intermediêre en weerspannige spesies (56%) kom hoofsaaklik in die Kaapse winterreënvalgebied voor, terwyl die ortodokse spesies (24%) in die somer- én winterreënvalgebiede voorkom.
Volgens Dreyer word die ortodokse strategie beskou as die oerstatus onder Oxalis-spesies. Die groot vraag is nou of Oxalis nog 'n bykomende oorlewingstrategie in die arsenaal het ten einde die droër toestande, sowel as die minder voorspelbare winterreënval in die Kaapse Blommeryk te oorleef, soos wat toekomstige klimaatsveranderingsmodelle voorspel.
Indien die Oxalis nie met nog 'n oorlewingstrategie vorendag kan kom nie, is die verlies van meer as 50% van Kaapse Oxalis-spesies dalk ons voorland – 'n verlies van meer as 115 spesies!
Die artilkel “Oxalis seeds from the Cape Flora have a spectrum of germination strategies" is in die American Journal of Botany gepubliseer. Die outeurs is: Dr Michelle Jooste, Professor Guy Midgley en Professor Léanne Dreyer van die Universiteit Stellenbosch, en Dr Kenneth Oberlander van die Universiteit van Pretoria.
Op die foto bo, 'n dagoud saailing van Oxalis gracilis met die eerste blaar wat tussen die saadlobbe begin ontwikkel, gebed in 'n gomagtige stof. Daar is duidelik nog geen sprake van 'n wortelstelsel nie. Foto: Léanne Dreyer
Medianavrae
Prof Léanne Dreyer
Departement Plant- en Dierkunde, Universiteit Stellenbosch
Tel: +27 _21 808 3070
E-pos: ld@sun.ac.za
Genetiese bloudruk vir buitengewone houtetende fungus uit die Noord-Kaaphttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6164Genetiese bloudruk vir buitengewone houtetende fungus uit die Noord-KaapWiida Fourie-Basson
'n Relatief onbekende fungus, wat heel toevallig op 'n Akasia-boom in die Noord-Kaap gevind is, het mikrobioloë aan die gons oor dié fungus se uitsonderlike vermoë om hout af te breek. In die wêreld van biotegnologie kan dié vermoë met groot sukses in die hernieubare hulpbronne industrie toegepas word.
Die eerste keer wat iemand van Coniochatea pulveracia kennis geneem het, was meer as twee eeue gelede toe die Suid-Afrikaans gebore mikoloog, Dr. Christiaan Hendrik Persoon dit in 1797 in sy handboek oor die klassifikasie van fungi beskryf het.
Nou, in 2019, is Coniochaeta pulveracea se genoomopeenvolging deur mikrobioloë van die Universiteit Stellenbosch (US) bepaal, en het dit na dese ook die kuberruim betree deur middel van 'n paar twiets en 'n kuberhandvatsel. En dít is als te danke aan hierdie relatief onbekende gisagtige fungus se uitsonderlike vermoë om hout af te breek. Daarom die spesiesnaam “pulveracea", wat poeieragtig beteken.
In hierdie era van biotegnologie en die produksie van bioëtanol, is dit 'n besonder belangrike fungus om kennis van te neem, sê Prof Alf Botha, 'n mikrobioloog in die  Departement Mikrobiologie by die US.
Oor die afgelope 25 jaar is daar verskeie kere berig oor spesies in die genus Coniochaeta se vermoë om lignosellulose vinnig te kan afbreek in fermenteerbare, eenvoudige suikers. Maar tot dusver is Prof Botha se laboratorium die enigste om op C. pulveracea te werk.
Die werk het in 2011 begin nadat hy heel toevallig, tydens 'n familievakansie op 'n plaas in die Noord-Kaap, op 'n verrottende Akasia-boom afgekom en 'n takkie afgebreek het. “Ons was destyds op soek na giste en fungi wat hout afbreek, so ek het nogal vermoed ons sou moontlik iets interessants op dié takke opspoor," vertel hy. Ironies genoeg kon hulle tot op datum nog nie weer die fungus in die natuur opspoor nie, ten spyte van herhaalde pogings.
Terug in die laboratorium was hulle egter baie opgewonde om waar te neem hoe die fungus letterlik sy pad deur die beukehout tandestokkies opgeëet het. Selfs meer verstommend was sy vermoë om van vorm te verander – van 'n filamentagtige fungus na 'n gis – afhangende van die onmiddellike omgewing.
“Dit is 'n baie onwaarskynlike eienskap vir 'n fungus. Ons sou hierdie tipe gedrag eintlik net van sommige fungi-agtige patogene verwag," verduidelik Botha.
Oor die afgelope dekade het Botha en sy nagraadse studente daarop gefokus om dié fungus se ongewone gedrag te verstaan. In 2011 het dr. Andrea van Heerden bevind dat ensieme in C pulveracea die komplekse strukture in die hout afbreek tot eenvoudige suikers wat omliggende fungi - wat nie sélf komplekse houtstowwe kan afbreek nie - kan gebruik vir oorlewing. In 2016 het sy die resultate van haar ondersoek na die fungus se vermoë om oor te skakel na 'n gisagtige organisme, gepubliseer. Dit was belangrik om hierdie proses te verstaan, aangesien dit uiteindelik die potensiële gebruik van hierdie fungi in industriële prosesse kan help bepaal.
In die nuutste studie, het MSc-student CJ Borstlap, in samewerking met Dr Heinrich Volschenk en Dr Riaan de Witt (verbonde aan die Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie by die US) die eerste konsep-genoomopeenvolging van C. pulveracea bepaal. En met 'n genoomgrootte van 30 miljoen nukleotiede en meer as 10 000 gene, was dit beslis geen maklike taak nie. In die proses het hy die nodige koderingsvaardighede onder die knie gekry om al 10 053 gene te kan identifiseer en te benoem, en boonop dié te identifiseer wat verantwoordelik is vir die fungus se vermoë om hout te kan afbreek.
Dr Volschenk, sy medestudieleier en 'n kundige molekulêre bioloog, sê die volgende stap is om die meganisme waarvolgens die fungus hout afbreek en suikers vrystel, op molekulêre vlak te verstaan: “Met die genetiese bloudruk nou tot ons beskikking, kan ons die netwerk van gene en proteïene bestudeer wat hout en ander soortgelyke hernubare bronne in meer waardevolle produkte omskakel," verduidelik hy.
Die nuwe opeenvolgingsdata is in verskeie buitelandse databanke gestoor, naamlik die Japanse DNS Databank (DDBJ), die Europese Nukleotied Argief (ENA) in Cambridge VK, en GenBank in die Verenigde State van Amerika, onder die aanwinsnommer QVQW00000000. Alle navorsers in hierdie veld het vrye toegang daartoe.
Die artikel “Draft Genome Sequence of the Lignocellulose-Degrading Ascomycete Coniochaeta pulveracea CAB 683" is op 3 Januarie 2019  gepubliseer in die vaktydskrif van die Amerikaanse Vereniging vir Mikrobiologie, getiteld Microbiology Resource Announcements en is aanlyn beskikbaar by https://mra.asm.org/content/8/1/e01429-18
Op die foto's bo:
Selle van die houtetende fungus, Coniochaeta pulveracea, vertoon beide gis- en fungusagtige eienskappe terwyl dit besig is om takkies van 'n Akasia-boom af te breek. Foto: Heinrich Volschenk
Mikrobioloë van die Universiteit Stellenbosch het die eerste konsep-genoomopeenvolging van die houtetende fungus, Coniochaeta pulveracea, bepaal. Hierdie relatief onbekende en skaars fungus se vermoë om hout af te breek, kan met groot vrug in die biobrandstof en bioëtanolbedryf gebruik word. Hulle is, van links na regs, prof. Alf Botha, MSc-student CJ Borstlap, Dr Heinrich Volschenk en Dr Riaan de Witt.Foto: Universiteit Stellenbosch
Medianavrae
Prof Alf Botha
Departement Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch
Tel: +27 021 808 5856
E-pos: abo@sun.ac.za
Dr Heinrich Volschenk
Departement Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch
Tel: +27 021 808 5851
E-pos: volschenkh@sun.ac.za
Mnr CJ Borstlap
Sel: 0784122262
E-pos: 17536669@sun.ac.za
Kwantumstippels vir blomme se stuifmeelkorrels http://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6151Kwantumstippels vir blomme se stuifmeelkorrels Wiida Fourie-Basson
'n Bioloog van die Universiteit Stellenbosch gebruik kwantumstippels om die lot van individuele stuifmeelkorrels na te spoor. Hiermee doen hy baanbrekerswerk in 'n navorsingsveld wat vir meer as 'n eeu gekniehalter is deur die gebrek aan 'n universele metode om stuifmeelkorrels te kan naspoor.
Selfoongebruikers, klik hier​ vir video.
In 'n artikel wat in die vaktydskrif Methods in Ecology and Evolution gepubliseer is, beskryf dr. Corneile Minnaar hierdie innoverende metode wat bioloë in staat sal stel om die hele bestuiwingsproses te volg – vanaf die eerste besoek deur 'n bestuiwer tot die stuifmeelkorrel se uiteindelike bestemming, hetsy suksesvol op die stempel van 'n ander blom of iewers verlore in die proses.
Ten spyte van meer as twee eeue se gedetailleerde navorsing oor bestuiwing, is wetenskaplikes nog steeds nie seker waar die meeste van die mikroskopiese klein stuifmeelkorrels werklik beland nie, verduidelik Minnaar. Beginnende in 2015 het hy besluit om dié uitdaging as deel van sy navorsing vir sy PhD in die Departement Plant- en Dierkunde aan die US aan te pak, ten spyte van die feit dat menige ander soortgelyke pogings in doodloopstrate geëindig het.
“Die meeste plant spesies op aarde is van insekte afhanklik vir bestuiwing, insluitend meer as 30% van die kos wat ons eet. Insekbevolkings wêreldwyd is aan die agteruitgaan. Daarom is dit soveel te meer noodsaaklik dat ons verstaan watter insekte belangrike bestuiwers van verskillende plante is – en dit begin deur stuifmeel na te spoor."
Die idee om kwantumstippels uit te toets, het ontwikkel nadat hy 'n artikel gelees het oor hoe dit gebruik word om kankerselle in rotte na te volg. Kwantumstippels is halfgeleidende nanokristalle wat so klein is dat hulle hulle soos kunsmatige atome gedra. Wanneer hulle aan ultravioletlig blootgestel word, straal hulle besondere helder lig uit in 'n reeks van moontlike kleure, afhangende van die hoeveelheid energie wat vrygestel word. Minnaar se keuse het geval op “vet-liewende" (lipofiliese) kwantumstippels, aangesien hulle teoreties aan die gommerige buitenste omhulsel van stuifmeelkorrels sou kleef.
Die volgende stap was om 'n kostedoeltreffende manier te vind om die fluoresserende stuifmeelkorrels onder 'n gewone veldmikroskoop te kan waarneem. In daardie stadium het hy nog gebruik gemaak van 'n familie-restaurant se speelgoedpen met 'n UV LED-liggie wat hy by een van sy professors gekry het.
“Ek het besluit om 'n opwekkingsboksie te ontwerp wat onder 'n veldmikroskoop sou inpas. En omdat ek wou hê dat mense hierdie metode moet gebruik, is dit só ontwerp dat dit maklik deur 'n 3D-drukker teen 'n koste van ongeveer R5000 gedruk kan word. Dit sluit die koste van die elektroniese komponente in."
Tot dusver blyk hierdie metode met die opwekkingsboks 'n maklike en relatief goedkoop metode te wees waarmee individuele stuifmeelkorrels nagespoor kan word: “Ek het eksperimente gedoen waar ek die insekte gevang het nadat hulle die plant met die kwantumstippelgemerkte stempel besoek het, en ek kon sien waar die stuifmeel geplaas is, en watter insekte meer of minder stuifmeelkorrels gedra het."
Die werk wat volg ná die merk van die stuifmeelkorrels, vereis egter steeds ure en ure van sorgvuldig tel en sekermaak: “Ek dink ek het waarskynlik al meer as 'n honderdduisend stuifmeelkorrels oor die laaste drie jaar getel," lag hy.
As 'n nadoktorale genoot in Prof Bruce Anderson se navorsingsgroep in die Department Plant- en Dierkunde by die Universiteit Stellenbosch, sal Minnaar aanhou om hierdie metode te gebruik in die proses om al die onbeantwoorde vrae in hierdie veld te probeer antwoord.
Die artikel, “Using quantum dots as pollen labels to track the fate of individual pollen grains" is op Woensdag, 13 February 2019, in die vaktydskrif Methods in Ecology and Evolution gepubliseer en is aanlyn beskikbaar by https://doi.org/10.1111/2041-210X.13155 ('n vroeër weergawe van die artikel is gratis beskikbaar by bioRxiv: https://doi.org/10.1101/286047).
Op die foto bo (links): Dr Corneile Minnaar, 'n bioloog in die Departement Plant- en Dierkunde aan die Universiteit Stellenbosch, het 'n tegniek ontwikkel waardeur hy kwantumstippels gebruik om individuele stuifmeelkorrels na te spoor. Hiermee doen hy baanbrekerswerk in 'n navorsingsveld wat vir meer as 'n eeu gekniehalter is deur die gebrek aan 'n universele metode om stuifmeelkorrels te kan naspoor. Foto: Stefan Els
Op die foto bo (regs): Stuifmeelkorrels, gemerk met groen, geel en rooi kwantumstippels, op 'n stempel, soos waargeneem binne die opwekkingsboksie. Die instruksies vir die druk van die boksie met 'n 3D-drukker is aanlyn beskikbaar by https://doi.org/10.1111/2041-210X.13155. Foto: Corneile Minnaar
Medianavrae
Dr Corneile Minnaar
Departement Plant- en Dierkunde, Universiteit Stellenbosch
Tel: +27 _82 313 0725
E-pos: corneile@sun.ac.za
Uitgereik deur Wiida Fourie-Basson, Media: Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch
science@sun.ac.za +27 021 808 2684          079 427 1976
@scienceSUN
Afrika-Unie vereer wêreldbekende US indringerbiolooghttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6118Afrika-Unie vereer wêreldbekende US indringerbioloogMedia & Communication, Faculty of Science
Prof. Dave Richardson van die DWT- NNS Sentrum van Uitnemendheid in Indringerbiologie (SIB) by die Universiteit Stellenbosch (US), en 'n wêreldklas navorser op die gebied van indringerbiologie, is die ontvanger van die 2018 Kwame Nkrumah toekenning vir wetenskaplike uitnemendheid.
Hierdie toekenning is een van drie wat jaarliks deur die Kommissie van die Afrika-Unie gegee word om uitstaande wetenskaplikes van die Afrika-kontinent te vereer vir hulle  prestasies, ontdekkings  en innovasies. Hierdie toekenning wat in 2008 ter herdenking van die bekende Pan-Afrika leier, dr. Kwame Nkrumah ingestel is, sluit ook prysgeld van US$100 000 in.
Prof. Richardson is 'n uitgelese professor in die US se Departement Plant- en Dierkunde, die James Marsh buitengewone professor by die Universiteit van Vermont in die VSA, asook direkteur van die SIB, een van die mees produktiewe en invloedryke navorsingsgroepe ter wêreld  op die gebied van biologiese indringers. Biologiese indringing bedreig toenemend die biodiversiteit en ekosisteemfunksionering van Afrika en die res van die wêreld.
Prof Richardson sê hy voel besonder geëerd om met hierdie toekenning vereer te word: “Ek hoop dat dit sal help om 'n groter bewustheid te skep ten opsigte van die massiewe probleem wat indringerspesies wêreldwyd is, en die noodsaaklikheid van innoverende oplossings om die eskalering van die impak wat dit op biodiversiteit, sowel as op die menslike bestaan het, teen te werk."
Hy het ook die Suid-Afrikaanse Departement van Wetenskap en Tegnologie en die Universiteit Stellenbosch geloof vir hulle onderskeie bydraes en dit wat hulle belê in hierdie studieveld deur middel van die finansiering van die SIB: “Die Sentrum het gelei tot die totstandkoming van 'n ontsaglike poel van kennis en vakkundigheid wat oor dissiplines heen strek en wat diverse kwessies rakende biologiese indringing in Afrika, die hoof kan bied."
Prof Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, sê die toekenning is welverdiend en bevestig net weer eens Prof. Richardson se aansienlike bydraes tot die vakgebied van indringerbiologie: “Onder sy leierskap het die SIB sterk gegroei. Boonop is hy 'n goeie rolmodel vir jong navorsers," het sy bygevoeg.
Die toekenningsgeleentheid vind plaas op 10 Februarie 2019 by die the Afrika-Unie se Konferensiesentrum in Addis Ababa, Etiopië, tydens die sitting van die Unie se staatshoofde.
Meer oor prof Richardson
Prof Richardson word beskou as een van die mees invloedryke outeurs in hierdie vakgebied. Sy navorsing fokus op biologiese indringings, spesifiek die dinamika van plantindringers soos bome en bosse. Hy het hoofsaaklik op indringerspesies in Suid-Afrika gewerk, veral in die fynbos en savanna-biome. Hy het ook oor indringerspesies in ander dele van Afrika en die wêreld gepubliseer, oor globale patrone en neigings in biologiese indringings, en oor die ontwikkeling van 'n fundamentele teoretiese basis vir indringerwetenskap.
Een van sy grootste bydraes tot indringerwetenskap is deur die ontwikkeling en toepassing van nuwe modelsisteme vir om al die diverse perspektiewe wat in ag geneem moet word om indringerspesies te verstaan en te bestuur, uit te klaar. Sy bydraes ten opsigte van die ekologie van dennebome en Australiese akasias word wyd erken as die grondbeginsels in indringerbiologie.
Prof. Richardson het ook baie van sy tyd en energie bestee aan die formulering van praktiese riglyne vir beter bestuur van indringers. In hierdie verband word hy gereeld deur bewaringsorganisasies en regeringsdepartemente gekonsulteer, en hy dien op verskeie komitees wat verband hou met omgewingsbestuur in Suid-Afrika en oorsee.
Hy is tans een van slegs 'n handvol Afrika wetenskaplikes wat deur Clarivate Analytics as 'n “Highly Cited Researcher" aangewys is. Dit plaas hom in die top 1% van navorsings wie se werk wyd aangehaal word, en wat sodoende bydra om van die wêreld se grootste uitdagings aan te spreek. Hy het al verskeie toekennings ontvang, -waaronder die Hans Sigrist-prys (2006), Die John F.W. Herschel-medalje van die Royal Society of South Africa (2012), en die Havenga-prys vir Lewenswetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (2013).
Die US se prof. Linus Opara het dieselfde toekenning in 2016 gewen.​
Op die foto, prof. Dave Richardson: Foto: Anton Jordaan
Nuwe krapspesie in Oos-Kaapse “vergete” woude ontdekhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6025Nuwe krapspesie in Oos-Kaapse “vergete” woude ontdekDane McDonald
'n Nuwe pêrelwit varswaterkrapspesie is ontdek in die “vergete" Oos-Kaapse woude van Suid-Afrika.
Prof Savel Daniels, 'n molekuêre taksonoom  by die Universiteit Stellenbosch, sê alhoewel daar al redelik baie studies oor krappe in Suid-Afrika gedoen is, is woude om die een of ander duistere rede afgeskeep en nie in steekproefnemings ingesluit nie.
“Niemand het al ooit die woude in die Oos-Kaap waar ons (toevallig) die spesie by Mbotyi gekry het, intensief ondersoek nie," het hy aan die FBIP vertel.
Hierdie studie het deel uitgemaak van die Oos-Kaapse Woudprojek, een van die groot geïntegreerde projekte wat deur Suid-Afrika se Foundational Biodiversity Information Programme (FBIP) gefinansier word.
Mbotyi is 'n skilderagtige woudstreek noordoos van Port St Johns en aangrensend aan die ooskus van Suid-Afrika.
Die krappe, wat glinster wanneer dit aan lig blootgestel word, is in klein stroompies wat na die kus vloei onder klippe uitgehaal.
In omstandighede wat filogeograwe “simpatrie" noem, leef hierdie pêrelwit krap sy-aan-sy met 'n bekende roesbruin spesie wat behoort tot die Afrika-varswaterkrapgenus Potamonautes.
Soortgelyk aan 'n geskeide paartjie wat steeds 'n huis deel, is die twee verwante (maar geneties verskillende) populasies simpatries, omdat hulle in dieselfde geografiese gebied hou en mekaar dus dikwels raakloop, maar tog nie paar nie.
Op 'n manier was Daniels bloot gelukkig om hierdie spesifieke krap met sy treffende kleur wat so baie van sy buurman, P. sidneyi verskil, te ontdek.
Deesdae, en veral waar dit ongewerweldes aangaan, is sulke ontdekkings waar wetenskaplikes 'n duidelike morfologiese verskil as “leidraad" kry ten einde 'n potensieel nuwe spesie te beskryf, baie raar.
In Daniels se veldwerk maak hy dikwels kennis met sogenaamde kriptiese spesies, waar diere wat op die oog af dieselfde lyk, geneties baie van mekaar verskil. In ander gevalle lyk diere weer verskillend, maar toon nie beduidende genetiese verskille nie.
Daniels wou vasstel of die twee krappe inderdaad verskillende spesies verteenwoordig en of hulle (minder skouspelagtig) net twee oppervlakkige kleurvariante was waar die een pêrelwit is en die ander roesbruin.
Terug in die laboratorium van die Fasiliteit vir Evolusionêre Genomika by die Universiteit Stellenbosch, is weefsel van beide groepe diere onderwerp aan DNS-toetsing. Daar is gefokus op drie gene, onder genetici bekend as 'COI, 12S rRNA, en 16S rRNA'.
Die DNS-opeenvolgingsafwyking (m.a.w.die genetiese verskil) vir die COI-geen, gewoonlik 'n primêre merker in dieregenetikastudies, was 'n opvallende 13.42%.
Ten einde 'n beter perspektief van afwykingswaardes te kry, moet molekulêre taksonome kyk na watter waardes in vorige studies gebruik is om iets as genoegsaam ánders te verklaar om dit 'n nuwe spesie te kan noem.
Daniels se navorsingsartikel wat in die Journal of Crustacean Biology gepubliseer is, haal twee vorige studies aan met waardes wat wissel van 2.8% tot 14.7% in die een, en 7.9% tussen twee spesies in die ander studie.
Daar bestaan dus geen twyfel dat die glimmende pêrelwit krap van Mbotyi 'n nuwe spesietoevoeging tot die natuurwetenskap is nie.
Daniels het geen ander morfologiese eienskappe gevind waarmee hy P. sidneyi kon onderskei van die nuwe Mbotyi-spesie nie, behalwe vir die opvallende kleurverskil tussen die twee. Laasgenoemde was dan ook die inspirasie vir die naam van die nuwe spesie, een van die min geleenthede waar kreatiwiteit ingespan kan word in die beskrywing van 'n nuwe spesie.
As 'n eerbetoon aan die Xhosa-bevolking van die Mbotyi-streek, het Daniels besluit om die nuutontdekte krap die spesiebynaam mhlophe, (wat “wit" in isiXhosa beteken) te gee.
Volgens Daniels is hierdie ontdekking belangrik aangesien dit die aandag vestig op die biodiverstiteit van die gebied, en bykomend hiertoe ook die streek verder vestig as biodiversiteitshutspot, 'n toeristetrekpleister.
“Toerisme skep baie volhoubare werksgeleenthede in die streek," sê hy.
Die Foundational Biodiversity Information Programme (FBIP) is 'n langtermynprogram waarin fundamentele biodiversiteitsinligting en -kennis gegenereer, bestuur en versprei word ten einde besluitneming en dienslewering  te verbeter en nuwe ekonomiese geleenthede te skep.
Volg:
FBIP op Facebook en Twitter
Vir meer besonderhede:
Kontakpersoon:            Dane McDonald
Titel:                                Wetenskapsjoernalis
Sel:                                   +27 (0) 72 1299 649
E-posadres:                    d.mcdonald@sanbi.org.za
Webwerf:                       http://fbip.co.za/