Clinical Services and Social Impact
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Kliniese Dienste en Sosiale Impak 


PROFESSIONELE PRAKTYK

​Die sosiale-impakdoelwitte vir beroepspraktyke en indiensopleiding word geformuleer na aanleiding van die vlakke van deelname (gemeenskapsinteraksie, gemeenskapsbetrokkenheid of sosiale impak).

Die oogmerke word gesamentlik vasgestel en duidelik oorgedra aan kliënte, groepe, vennote en die bedryf in geheel. Die sosiale-impakdoelwitte vir die beroepspraktyk en indiensopleiding is: 

  1. Dienste, intervensies en aktiwiteite word gespesifiseer en is volhoubaar.
  2. Die rolle van spanlede/vennote word onderhandel en word duidelik gekommunikeer.
  3. 'n Aksiestrategie word bespreek/oorgedra/onderhandel.
  4. 'n Plan vir gehalteversekering, rekordhou en terugvoer word vasgestel en;
  5. Beroepspesifieke planne van aksie en intervensie word versprei.
  6. Vordering word gemonitor en geëvalueer en aan betrokkenes en vennote gekommunikeer.

Sosiale-impakevaluasie geskied deur doelwitte daargestel deur diensverskaffers/siektes of spesifieke gesondheidstoestande/ omgewings- of strukturele struikelblokke. Evalueringskriteria word gespesifiseer en ingespan om verandering binne 'n vasgestelde periode te meet.​