Clinical Services and Social Impact
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Kliniese Dienste en Sosiale Impak ​

​​​​SI- LEER EN -ONDERRIG

Die FG​GW streef na daarna om onderrigomgewings te skep wat kritiese denke by leerders kweek, asook sosiaal verantwoordelike gedrag gedurende en ná die voltooiing van opleiding. Die sosiale-impakdoelwitte vir onderrig en leer is:

  1. Akademiese en diensvennote is betrokke by doelwitstelling, gedeelde leer en die gesamentlike bestuur van projekte, prosesse en inisiatiewe.
  2. Vennote is betrokke by besluitneming op hoe navorsing leer en onderrig inspireer. Die oordra van kennis is duidelik en leer- en onderrigmetodes is in pas met die gesondheid- en ontwikkelingsbehoeftes van diensgebruikers, vennote en/of die bedryf.
  3. Akademiese en​ diensvennote deel leierskap en die verantwoordelikheid om kurrikulums te ontwikkel wat voorkeur gee aan kerngesondheid- en ontwikkelingsbehoeftes.
  4. Akademiese vennote demonstreer hoe inheemse kennisbronne die ontwikkeling van leermetodes en die formulering van doelwitte ondersteun.
  5. Alternatiewe maniere van kennis ondersteun, leermetodes en die formulering van gegradueerde eienskappe.
  6. Gesamentlike leer- en onderrigpraktyke demonstreer voordelige resultate vir all betrokke partye. 

 

GESONDHEIDSSISTEME VERSTERK DEUR ONDERRIG EN LEER

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) stel dit voorop dat die strategiese versterking van gesondheidsdienste wêreldwyd ononderhandelbaar is. Selfs al bestaan gesofistikeerde intervensies en mediese tegnologie raak die leemtes in gesondheidsorg – veral in ontwikkelende lande – steeds groter.   

​Binne die FGGW verseker ons dat navorsing gefokus word op gesondheidsbeleid, kliniese en populasienavorsing, sowel as biomediese navorsing. Ons onderrig- en leeraktiwiteite fokus primêr op die ontwikkeling van bevoegde en sosiaal verantwoordbare gesondsheidspersoneel. Die FGGW streef daarna om onderrig- en leeromgewings te skep wat die ontwikkeling van kritiese denke by studente aanwakker en ná opleiding sorg vir sosiaal verantwoordelike professionele optrede. Dit maak deel uit van die sosiale-impakdoelwitte vir ondderrig en leer. ​

Ons besef dat om universele toegang tot gesondheidsorg te ondersteun is belangrik vir die funksionering van die samelewing en daarom wy ons ons daartoe om te fokus op goeie gesondheidstelsels in ons kurrikulum. Dít help ons verseker dat studente die fakulteit verlaat as ambassadeurs vir gesondheid, veral in kwesbare gebiede in Suid-Afrika en die res van Afrika. ​

’n Opleidingsplatform wat landelike gebiede en omgewings met gebrekkige diens insluit, gee aan ons studente geleenthede om saam te werk met die openbare gesondheidsektor, skole en die breë samelewing terwyl hulle leer én die gemeenskap bedien. ’n Voorbeeld van plattelandse opleidinginisiatiewe is ​ Ukwanda.

Die FGGW bied aan studente ondersteuning in dié omgewings deur die SUNLOC​-span.​