Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Diere-etiek

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Omvang/ Funksie

Alle dierenavorsing wat onder die beskerming van die US gedoen word, moet die drie “V”-beginsels vir welwillende dierenavorsing bevorder, naamlik:

  • Vervanging van sg. “voelende” diere met “nie-voelende” navorsingsmodelle of -stelsels waar moontlik, om sodoende die gebruik van diere wat onaangename sensasies kan ervaar, te elimineer.
  • Vermindering van die getal diere in eksperimente deur strategieë te ontwerp om die kleinste aantal diere te gebruik wat sal toelaat dat geldige inligting deur die studie bekom kan word.
  • Verfyning van dierebronne, dieresorgpraktyke en eksperimentele prosedures om fisieke en sielkundige angs te elimineer binne die beperkinge wat deur die navorsingsdoelwitte daargestel is.

Alle navorsings- en onderrigprogramme waar diere betrokke is en wat aan die Universiteit Stellenbosch en op satellietterreine uitgevoer word, moet aan die NEK: Sorg en Gebruik van Diere voorgelê word vir ondersoek en goedkeuring.

Het ek etiekklaring nodig vir my studie?

Etiekklaring moet verkry word vir die gebruik van alle lewende, nie-menslike gewerweldes en hoër ongewerweldes soos gevorderde lede van die Cephalopoda en Decapoda, insluitend eiers, fetusse en embrio's (waar die ontwikkeling van 'n geïntegreerde senuweestelsel duidelik is) in navorsing en onderrigaktiwiteite (SANS 10386:2008).