​KAMPUSLEWE

Die US akkommodeer ongeveer 6 500 studente in die verskeie koshuise op die Stellenbosch-kampus en ongeveer 1 000 studente op die Tygerberg-kampus. Sommige koshuise is ingerig om spesifiek aan die behoeftes van studente met gestremdhede te voldoen.

Inwoning op kampus

Verskeie koshuise is ingerig vir studente met gestremdhede. Waar moontlik kan aanpassings aan bestaande geboue gemaak word, maar jou spesifieke behoeftes moet eers aan jou koshuishoof of die Eenheid vir Gestremdhede gekommunikeer word. Die Universiteit het sy sportgronde, sportaktiwiteite en toegang tot parkering verbeter om studente met gestremdhede te akkommodeer. Maak gerus kontak met die Eenheid of die Kontak- en Kliëntesentrum by 021 808 9111 of info@sun.ac.za vir meer inligting.

Inwoning elders

As jy nie op die kampus wil woon nie, kan jy navraag doen oor privaatinwoning by Kommersiële Dienste by 021 808 3950, Neelsie Eiendomme (in die Neelsie-studentesentrum op die Stellenbosch-kampus) by 021 887 3780 of jy kan Student Stellies Stay besoek by www.stellies-student-stay.co.za.

Toegang van geboue en parkering

Opgradering om die toeganklikheid van alle US-geboue en -persele te verbeter word deurlopend gedoen. Daar word ook voorsiening gemaak vir die parkeerbehoeftes van studente met gestremdhede. As jy raad nodig het oor hoe om ‘n gestremde parkeerskyfie te bekom, kan jy vir Melanie Willems by 021 808 3675 skakel of epos by mwillems@sun.ac.za.​ Skakel Fasiliteitsbetuur by 021 808 4666 on fisiese toegangsprobleme aan te meld. 

Sport

Die US bied ʼn verskeidenheid sportsoorte vir persone met gestremdhede. Kontak Wentzel Barnard by 021 808 3537 of wwb2@sun.ac.za om meer hieroor uit te vind.