Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​WERKSESSIES

Die Eenheid bied verskeie werksessies aan wat jou sal help om tyd en stres te bestuur, voor te berei vir toetse en eksamens, en beter studiemetodes te ontwikkel.

Self-ontwikkeling (i-App)

Die iApp-werksessie is ʼn bemiddelde sessie vir selfondersoek wat fokus op self-ontwikkelings​vaardighede soos die identifikasie van jou persoonlike groei-areas, die stel van persoonlike en akademiese doelwitte, en leiding om gesondheid en welwees te bevorder.

Tydsbestuur (i-Tick)

Tydsbestuursessies sal jou help om jou tyd beter te bestuur deur jou die nodige vaardighede en strategieë te leer om die manier waarop jy jou tyd bestuur aan te pas en te verbeter. 

Stresbestuur (i-Steer)

Hierdie sessie bevorder gesonde stresbestuursvaardighede en staan jou daarmee by om toepaslike vaardighede te ontwikkel. Wanneer jy die sessie voltooi het, sal jy toegerus wees om stres te verstaan en te bestuur; die fisieke, emosionele, geestes- en gedragsimptome van stres te kan identifiseer; en te weet wanneer om professionele hulp te soek om stres te verlig.

Studievaardighede (i-Kit)

Die Studievaardighedesessie help jou om jou huidige studiestrategieë en -vaardighede in oënskou te neem om beter te verstaan waar en hoe jy kan verbeter, uitbrei en aanpas vir beter resultate.

Wees eksamengereed (i-Prep)

Die Wees eksamengereed-werksessie sal jou toerus met verskillende geheuetegnieke, jou help om studie-areas wat uitgebrei kan word, te identifiseer, jou help om die verskil tussen goeie en slegte stres te verstaan, en jou help om take te prioritiseer. Verder sal die werksessie jou aan doeltreffende maniere om vir die eksamen voor te berei, blootstel, en jou help om jou maniere om dinge in die eksamentyd te hanteer, te verbeter.

Hoe om aansoek te doen

Werksessies word óf aanlyn óf in-persoon aangebied. Volg asseblief die program vir meer inligting. Stuur asseblief ‘n epos na studysuccess@sun.ac.za om vir werksessies te registreer. Alle werksessies word gratis aangebied. Jy kan ook ʼn afspraak maak by een van ons professionele voorligters vir ʼn inname-sessie maak – hulle sal jou evalueer om vas te stel watter soort ondersteuning jy nodig het. Ons moedig studente aan om eerste die Selfontwikkeling-sessie by te woon voordat hulle vir individuele ondersteuning vra.

Werksessie program 2023

EAVO Werksessies 2023

Akademiese Vaardighede Ontwikkeling

Alle sessies word op MS Teams aangebied – tensy anders aangedui.

Stuur asseblief 'n e-pos aan studysuccess@sun.ac.za om in te skryf.

​Semester 1

Let wel: Studievaardighede bestaan uit TWEE sessies per aanbieding. Studente moet BEIDE sessies bywoon.

Februarie  ​ ​ ​
13

MaKwartaal 1 begin 
22
Wo.

Self-ontwikkeling - In Persoon (Lokaal sal bevestig word)

16h00-17h30
Maart  ​ ​ ​
1 & 2
Wo & DoStudievaardighede16h00-16h50
8
WoTydbestuur16h00-16h50
15
Wo

Self-ontwikkeling - In Persoon (Lokaal sal bevestig word)

13h00-14h30
22
WoStresbestuur16h00-16h50
31
VrKlasse eindig 
April  ​ ​ ​
11
DiKwartaal 2 begin 
13
Do

Self-ontwikkeling - In Persoon (Lokaal sal bevestig word)

16h00-17h30
19 & 20
Wo & DoStudievaardighede16h00-16h50
​Mei  ​ ​ ​
3 WoTydbestuur13h00- 13h50
4
Do

Self-ontwikkeling - In Persoon (Lokaal sal bevestig word)

13h00-14h30
10
WoStreshantering tydens toetse en eksamens13h00-13h50
11
DoEksamenvaardighede13h00-13h50
17
WoEksamenvaardighede16h00-17h30
22​
MaSemester 1 Eksamens begin 


Semester 2

Julie  ​ ​ ​
19
WoKwartaal 3 begin 
26
Wo

Self-ontwikkeling - In Persoon (Lokaal sal bevestig word)

13h00-14h30
Augustus  ​ ​ ​
2 & 3
Wo & DoStudievaardighede
13h00-13h50
10
DoTydbestuur13h00-13h50
16
Wo

Self-ontwikkeling - In Persoon (Lokaal sal bevestig word)

13h00-14h30
23
WoStresbestuur16h00-16h50
September  ​ ​ ​
8
VrKwartaal 3 eindig 
18
MaKwartaal 4 begin 
20 & 21
Wo & DoStudievaardighede16h00-16h50
27
Wo

Self-ontwikkeling - In Persoon (Lokaal sal bevestig word)

16h00-17h30
Oktober ​ ​ ​
4
WoTydbestuur16h00-16h50
11
WoStreshantering tydens eksamens16h00-16h50
18
WoEksamenvaardighede16h00-16h50
25
WoEksamenvaardighede13h00-13h50
24
MaSemester 2 Eksamens begin 

Akademiese Leeswerksessies

Aangebied deur Me M Coetzee – Reading Lab

Let wel!

Studente wat vir hierdie sessies inskryf moet AL VIER SESSIES in 'n spesifieke blok bywoon.

Blok 1 en 3 sal in persoon aangebied word.

Blok 2 en 4 sal aanlyn aangebied word.

Blok 19, 16, 23 en 30 MaartIn Persoon13h00-13h50
Blok 22, 4, 9 en 11 MeiAanlyn13h00-13h50
Blok 37, 10, 14 en 16 AugustusIn Persoon13h00-13h50
Blok 419, 21, 26 en 28 SeptemberAanlyn13h00-13h50