RIGLYNE VIR STUDENTE AANLYN LEER​

'n Nulgegradeerde SUNLearn-blad, gebaseer op die institusionele Riglyne vir Aanlyn Leer webblad, is nou beskikbaar! Hierdie blad sal voortdurend opdateer word om jou die nuutste inligting te verskaf. Kliek hier om die SUNLearn-blad te besigtig.


 

Jou eerste kennismaking met aanlyn leerpraktyke en -verwagtinge kan nogal angswekkend wees, want hierdie vorm van leer laat dit grotendeels aan jóú oor om te besluit waar en wanneer jy jou kursuswerk voltooi. Al daardie vryheid beteken dat jy ’n paar ekstra maatreëls sal moet tref om te sorg dat jy suksesvol studeerAangesien jy nie volgens ’n vasgestelde rooster sal klas bywoon nie, sal jy skielik heelwat ongestruktureerde tyd beskikbaar hê, en kan jy dalk onseker wees oor wat om eerste te doen en hoe om met jou kurrikulum voort te gaan. Hieronder het ons uiteengesit hoe jy gefokus kan bly en suksesvol kan wees tydens hierdie oorgang na aanlynleer.

Aanlyn assessering: Riglyne en Probleemoplossing

Tegniese riglyne vir SUNLearn-assesserings: Skanderingstoepassings

Verseker die regte lêeruitbreidings

Wees suksesvol met aanlynleer

Wenke vir tydelike aanlyn leer

Wenke om mobiele datakoste te spaar

Databondels vir studente

​ Gebruik die SUNLearn-toepassing

Akademiese integriteit in aanlyn assessering

Hersien: Vrywaring vir Aanlyn Assesserings Sonder Toesig

​ Gereelde vrae oor nulgradering

Gereelde vrae oor skootrekenaarlenings


​Beplanning vir Aanlyn Leer

Aanlyn leer bied gerief en buigsaamheid. Maar dit kan ook struikelblokke in die pad van suksesvolle aanlyn leer lê, soos dat ʼn mens oorweldig voel deur ’n klomp inligting en take wat moet klaar kom. Daarom gee ons hier onder ’n aantal wenke oor hoe om jou tyd die beste te beplan sodat jy jou take vir leer afgehandel kry in die tyd tot jou beskikking. Hieronder volg  voorstelle oor daaglikse, weeklikse en maandelikse beplanning:


Voor jy begin aanlyn leer: Beplan

​​ Sodra jy aanlyn begin leer: Riglyne

​​ Opsomming van hierdie afdeling (Infographic)


Wenke vir Aanlyn Kommunikasie (Netiket)

Die term ‘netiket’ is ʼn kombinasie van die woorde ‘net’ (van ‘internet’) en ‘etiket’. Netiket behels dat ʼn mens die standpunte van alle aanlyn gebruikers respekteer en hoflik is wanneer jy jou eie sienings op enige aanlyn gespreksgroepe plaas. Netiket help om doeltreffende en beleefde aanlyn kommunikasie te bewerkstellig.

​​​​

 ​Wenke vir aanlyn kommunikasie (Netiket)


​Ondersteuning vir Aanlyn Leer

Om 'n suksesvolle en effektiewe aanlyn leerervaring te verseker, het ons 'n handige 'ondersteuningstabel' saamgestel wat jy kan gebruik om hulp te soek wat jy benodig met vrae wat verand hou met aanlyn leer. Hieronder word voorgestelde soorte ondersteuning gegee om jou te help met tegnologiese ondersteuning, akademiese ondersteuning en gesondheids- en welstandsteun.

​​​ Ondersteuning vir aanlyn leer (Engels)


​* Die inhoud van hierdie webblad is dinamies en sal voortdurend opgedateer word met nuttige bronne en wenke vir studente.