Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​UPSS emergency number

ONS DIENSTE

Die Eenheid bied gratis en vertroulike individuele en groepsberadingsessies vir uitdagings wat strek van ʼn verskeidenheid geestesgesondheidsprobleme soos depresssie, angstigheid, alkohol- en middelmisbruik, die ervaring van trauma en verlies wat spruit uit omstandighede by die huis of universiteit, spanning, tot lae selfvertroue en identiteitskwessies, ensomeer.  Ander dienste sluit in bystand met die Werk-studeer-program en voedselsteun vir studente wat dit nodig het.

Toegewyde professionele personeel is beskikbaar om jou op die Stellenbosch- en Tygerberg-kampusse te help. 

Kontak ons vir ʼn afspraak deur ʼn e-pos te stuur aan supportus@sun.ac.za of ons te skakel by 021 808 4994 (Stellenbosch-kampus) of 021 970 7020 (Tygerberg-kampus).

Uitnodiging: Aanlyngroep vir sielkundige vaardighede  

Studente word uitgenooi om aan te sluit by die aanlyn sielkundige vaardigheidsopleiding groep wat gefasiliteer word deur ons professionele en opgeleide praktisyns. Die vaardighede wat u sal leer, is gegrond op kognitiewe gedragsterapie en sal u help om depressie en angs te hanteer. Besoek die webblad om uit te vind hoe u kan deelneem aan die oefengroep sessies.

Behoefte​​bepalings

Voordat jy na die regte vorm van terapie of groepsintervensie verwys kan word, moet ʼn deeglike behoeftebepaling gedoen word om vas te stel watter uitdagings jy ervaar en hoe EPO die beste kan help. Hierdie kort gesprekke vind aanlyn plaas en is ook ʼn geleentheid om jou vrae oor terapie / berading en ons dienste te stel.

Individuele terapeutiese sessies

Ons bied korttermyn-individuele berading of terapie slegs aan geregistreerde US-studente. Nadat jou behoeftebepaling gedoen is en afhangend van die aard van jou uitdaging sal die berader of sielkundige saam met jou werk om die beste moontlike oplossing te vind.​

Groepberadingsessies

Sekere uitdagings kan ʼn mens beter in groepsverband bestuur, waar jy ondersteuning kan kry van jou portuurgroep wat dieselfde of soortgelyke probleme of uitdagings ervaar. Die Eenheid bied verskeie terapeutiese en ondersteuningsgroepsessies aan, elk met ʼn baie spesifieke fokus. Tydens die behoeftebepaling sal die terapeut jou voorberei op die groepproses en die nodige verwysing doen.

Werk-studeer-program

Die Werk-studeer-program maak dit vir studente moontlik om werkservaring op te doen terwyl hulle studeer. Hierdie studente verdien ʼn klein inkomste per maand om met hul finansiële behoefte te help. Die doel van hierdie program is om studente wat onder finansiele druk verkeer te ondersteun om sodoende in hulle basiese behoeftes te voorsien bv kos, boeke en ander noodsaaklikhede. Stuur asseblief u voltooide​ aansoekvorm en aangehegte CV voor of op Vrydag, 18 November 2022 aan Lizzie Witbooi by lgwitbooi@sun.ac.za. Weens beperkte befondsing kan slegs ‘n beperkte aantal studente in die program akkommodeer word. Die suksesvolle kandidate sal n werksooreenkoms vir 8-maande onderteken en n maksimum van 20 werksure per maand word vereis.

Voelselsteun​

Ons besef daar is baie studente wat uitdagings ervaar as dit kom by toegang tot voedsel. Die Eenheid het voedselsteunprogramme in plek om jou by te staan as jy ondersteuning nodig het. 'n Holistiese assessering sal deur die maatskaplike werkers gedoen word wanneer ‘n student aansoek doen vir voedselsteun. As jy voedselsteun nodig het, kan jy supportus@sun.ac.za e-pos, of 021 808 4994 (Stellenbosch-kampus) of 021 927 7020 (Tygerberg-kampus) skakel.