Voornemende studente
Die Eenheid vir Gestremdhede staan voornemende studente met gestremdhede wat die US hul akademiese tuiste wil maak, by. As jy wil aansoek doen vir toelating, moet jy eers die aanlyn aansoek voltooi waar jy sal kan aandui watter bystand jy verlang deur die studentesteunvorm onder Riglyndokumente wat verskaf word te voltooi.
Ons is beskikbaar
vir persoonlike konsultasies, of jy kan ons e-pos by disability@sun.ac.za of skakel by 021 808 4707 as jy wil gesels oor die moontlikhede wat vir
jou beskikbaar is.