Die MSc in Wiskunde graad neem gewoonlik 'n gemiddeld van twee jaar om te voltooi, na 'n Honeursgraad, of soortgelyke kwalifikasie. Dit is 'n navorsingsgraad wat hoofsaaklik deur middel van 'n tesis eksamineer word. 'n Individuele program word ontwerp vir elke MSc student in konsultasie met hul navorsingsleier. Die program bevat keuse vakke en leeswerk in die eerstejaar van studie, gevolg deur 'n periode waarin 'n tesis voorberei word. 


Die PhD is 'n navorsingsgraad, ​wat onderneem word deur kandidate wat 'n MSc graad of soorgelyke kwalifikasie het. Die PhD word toegeken op die basis van oorspronklike navorsing in 'n tesis met die vooruitsig om te publiseer in internasionale journale. Sulke navorsingstudente word gelei deur 'n navorsingsleier in is gewoonlik aktief betrokke in die navorsing en onderrigaktiwiteite van die departement.

Toelatingsvereistes

Vir 'n Meestersgraad in Wiskunde benodig die kandidaat 'n geskikte Honeursgraad en die kandidaat moet 'n geskikte navorsingsleier identifiseer en nader.​

Navorsingsareas

Gradueerdes werk met akademici in 'n navorsingsspesialiteit. The verskillende navorsingsgroepe bied verskeie aktiwiteite wat kleur en lewe gee aan wiskunde by Stellenbosch. Dit sluit in:

  • Weeklikse navorsing seminare, aangebied deur lede van die navorsingsgroepe.
  • Spesiale lektor reekse, aangebied deur internasionale ​​​bekroonde deskundiges.
  • Colloquia, om wiskundige kennis te verbreed.
  • Nasionale en internasionale kongresse, byvoorbeeld, 'n twee jaarlikese Internasionale Kongres oor Rekenkundige Geometrie en Verwante Areas.
  • Gewone gespesialiseerde ​tematies werkswinkels.

Vir meer inligting oor ons navorsingsgroepe, lees hier​.​