Information Governance
Welkom by Universiteit Stellenbosch
About us​​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Die Afdeling Inligtingsoorsigbestuur (IOB) maak deel uit van die bestuursportefeulje Strategie en Internasionalisering.

IOB bestaan uit drie sentrums, naamlik Institusionele Inligting, Besigheidsintelligensie​ en Inligtingsbeleide

IOB se doelstelling is soos volg:

  • Om 'n visie te ontwikkel vir inligting, en hoe inligting waarde kan skep vir die organisasie
  • Om bestuursinligting en standaardverslae ter ondersteuning van besluitneming te voorsien
  • Om institusionele strategie, beplanning en beleidsontwikkeling te ondersteun
  • Om versoeke vir institusionele inligting te hanteer
  • Om selfhelpfunksies vir die opsporing van inligting te voorsien
  • Om inligtingstelsels soos SUNStudent, SUN-i en HEMIS te verbeter en uit te brei
  • Om statutêre verslagdoening te ondersteun
  • Om versoeke vir institusionele toestemming te verwerk
  • Om inligtingsrisiko's te identifiseer en te beperk
  • Om 'n raamwerk te ontwikkel ter nakoming van wetgewende vereistes

​​IOB ondersteun die volgende strategiese doelwitte van die Universiteit:

  • Versterking van besigheidsintelligensie om besluitneming te rig
  • Ontwikkeling van instrumentpanele vir bestuursinligting
  • Ondersoeke na die grootte en vorm van die Universiteit en die uitvoering daarvan
  • Versterking van die proses vir strategiese inskrywingsbeplanning
  • Vestiging van US-norme en -standaarde
  • Verbetering van die US se posisie op internasionale rangordelyste​​
Kliek hier ​​om ons Bemarkingsfolio af te laai (tans slegs in Engels beskikbaar)