Policy@SU
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor

Die Universiteit beskik oor 'n aantal beleids- en bestuursdokumente wat betrekkinge het op 'n verskeidenheid omgewings binne die Universiteit.  Dit is noodsaaklik dat hierdie dokumente nie net geredelik  beskikbaar is vir belangstellendes nie, maar dat dit ook die geldende en nuutste weergawe van die betrokke dokument is.

 

Beleidsdokumente is hoofsaaklik op beginselvlak geskryf, het 'n medium of langer termyn toepassingsperiode en bevat inligting oor die doel, skopus, beleidsbeginsels, beleidsbepalings, rolle, definisies en inligting oor ondersteunende en verbandhoudende dokumente ten opsigte van 'n bepaalde aangeleentheid. Beleidsdokumente is gefinaliseer, voorskriftelik en nakoming is verpligtend. Die US vereis dat beleidsdokumente deur die Raad goedgekeur moet word.