Rector's Site
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Rektor en Visekanselier

Toekennings en Professionele Affiliasies

Prof Russel Botman is meer as net die hoof-uitvoerende beampte en akademiese leier van die Universiteit Stellenbosch (US); hy is ook aktief in die kulturele en sakewêreld, welbekend in kerkkringe en 'n erkende gemeenskapsleier. Hiervoor geniet hy plaaslike sowel internasionaal aansien, soos blyk uit sy lys toekennings en betrokkenheid by verskeie korporatiewe en akademiese entiteite.

Toekennings

2011

  • Prys vir Akademiese Leierskap van die Turquoise Harmony-instituut.

2010 (vir 2013)

  • Aankondiging dat die Abraham Kuyper-prys vir Voortreflikheid in Hervormde Teologie en die Openbare Lewe (Princeton, VSA) in 2013 aan prof Botman toegeken word.

2007

  • Eden Distriksmunisipaliteit se George-lelieprys vir Leierskap in Kuns en Kultuur.
  • Huldiging deur die kuratorium en president van Bethel University (VSA) vir merkwaardige prestasies op die gebied van opvoeding, teologie, maatskaplike geregtigheid en versoening.

1994

  • Eresertifikaat van die Wes-Kaapse Provinsiale Raad van Kerke vir sy verbintenis tot ekumenisme en die armes.

1989

  • 'n Spesiale toekenning van die Stadsraad van Milwaukee in die VSA vir die strewe tot geregtigheid en menslikheid.

Professionele Bande

  • ʼn Visepresident van die Vereniging van Afrika‐universiteite (AAU)
  • Direksielid van Hoër Onderwys Suid-Afrika (HESA)
  • Direksievoorsitter van Kaapstad se Wêreldontwerphoofstad 2014-implementeringsmaatskappy
  • Voorsitter van die Church Development and Dialogue Community Trust, wat namens die Globale Fonds die dryfveer is agter 'n groot projek in van die armste gemeenskappe van Suid-Afrika.
  • Raadslid van Media24, die grootste mediamaatskappy in Afrika.
  • Lid van die kuratorium van die Afrika-instituut vir Wiskunde en die Wetenskappe (AIMS)
  • Dien op die kuratoria van onderskeidelik die Sanlam Eenheidstrust en die Kaapse Ontwikkelings- en Dialoogsentrum (CDDC).
  • Voorsitter van die Ekumeniese Bediening vir Arbeid en Nywerheid in die Wes-Kaap, en lid van die Ekumeniese Vereniging van Derdewêreld-teoloë, die Etiekinstituut van Suid-Afrika, die Internasionale Akademie vir Praktiese Teologie, en die Suid-Afrikaanse Godsdiensakademie.
  • Erelid van die Verenigde Nasies Vereniging van Suid-Afrika ter erkenning van sy verbintenis tot die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte.
  • Erelid van Golden Key International, die wêreld se grootste erevereniging van akademiese presteerders.
  • Navorsingsgenoot van die Center of Theological Inquiry in Princeton en die Columbia Theological Seminary in Atlanta, VSA.
  • 'n Beskermheer van die US Woordfees, en 'n voormalige voorsitter van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).