Choir
Welkom by Universiteit Stellenbosch

André van der Merwe



VP__5371.jpg  

André is ’n koordirigent van Durbanville, Kaapstad. Hy is die koorleier van die Stellenbosch Universiteitskoor (vanaf 2003) en die Stellenberg Meisieskoor (sedert 1999). Onder sy leiding het beide kore verskeie nasionale en internasionale pryse verower. 


Eerbewyse en prestasies sluit in: 

  • André se verwerkings van inheemse Afrika-musiek word uitgegee deur Earthsongs in die VSA. 
  • André is sedert 2012 die Suid-Afrikaanse afgevaardigde op Interkultur se Wêreldkoorraad. 
  • In Mei 2012 ontvang André ’n eerbewys van die stad Kaapstad vir sy werk. 
  • In November 2012 word André vereer met ’n Ministeriële toekenning vir Kultuur van die Wes-Kaapse regering vir sy werk met kore en die jeug.
  • In Julie 2018 wen André die prys as beste dirigent by die Llangollen Internasionale Eisteddfod in Wallis.


Onlangse internasionale optredes as gasspreker, beoordelaar en dirigent sluit in: 

  • Spesialiskenner en lid van die beoordelaarspaneel vir die Britse TV-produksie Cor Cymru (Februarie – April 2013)
  • Gasdirigent en -dosent by die Somerskool vir Kore van die Ioniese Universiteit, Griekeland (Junie 2013)
  • Beoordelaar en spesialiskenner van die Portugese Somerkoorfees, aangebied deur die Escola Superior de Musica de Lisboa (2013 – 2015)
  • Beoordelaar en spesialiskenner van die Llangollen Internasionale Eisteddfod, Wallis (2013 & 2014)
  • Gasdirigent en -dosent by die Taipei Internasionale Koorfees en die Taipei Filharmonie (Augustus 2013)
  • Vanaf 2016 – 2018 is André betrokke by musiekfeeste en kompetisies in China, Singapoer, Rusland, Wallis, Italië, Duitsland, Japan en Indonesië.