Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Reistoelaes​

​​



Die Nagraadse Kantoor se Oorsese Konferensietoelaag is 'n aanvullende toekenning om 'n navorsingsreferaat of plakkaat by 'n internasionale konferensie buite Suid-Afrika aan te bied. As gevolg van Covid-19-ontwrigtings kan aansoekers ook aansoek doen om aan virtuele konferensies deel te neem. Let wel: Slegs geldige koste sal gedek word.

Tydlyne 

  • Slutingsdatum 1 Desember van die vorige jaar vir bywoning tussen Januarie en April die volgende jaar.
  • Sluitingsdatum 1 Maart vir bywoning tussen Mei en Augustus.
  • Sluitingsdatum 1 Julie vir bywoning tussen September en Desember.

Kriteria

  1. Die bystand is bedoel vir voltydse geregistreerde PhD-studente in hulle derde jaar. 'n Voltydse student word geklassifiseer as een wat oor 'n tydperk van tien maande van 'n bepaalde kalenderjaar vir minder as 15 uur per week teen vergoeding werk (indien enigsins).
  2. Hierdie bystand moet toelaes uit ander bronne (soos die Dekaansfonds) aanvul. Die toekenning behoort nie 50% van die totale begroting, tot 'n maksimum van R15 000, te oorskry nie.
  3. Die aansoeker moet kan bewys dat die organiseerders van die konferensie die aanbieding aanvaar het.
  4. 'n Aansoeker kom slegs een keer gedurende sy/haar nagraadse studie vir 'n toekenning in aanmerking. 
  5. Voorkeur sal gegee word aan: 
    • aansoekers sonder enige finansiering uit ander toelaagskemas (soos fokusgebiede, Thuthuka, vermoëbou, bedryfskontrakte);
    • aansoekers wat genooi is om mondelinge aanbiedings te doen; en
    • aansoekers wat nie die afgelope twee jaar ander internasionale konferensies in die buiteland bygewoon het nie.

Indien meer as een aansoeker in dieselfde departement om hierdie bystand aansoek doen om dieselfde konferensie by te woon, sal die departement slegs een toekenning ontvang. In so 'n geval kan die finansiering na die goeddunke van die dekaan en die betrokke voorsitter hetsy aan een van die aansoekers toegeken of tussen die aansoekers verdeel word. 

Aansoekprosedure

  • 'n Geskandeerde weergawe van die aansoekvorm met handtekeninge en die vereiste CV moet elektronies by Nugent Lewis (nugent@sun.ac.za) ingedien word.
  • Slegs aansoeke om die tersaaklike toekenningsiklus sal oorweeg word. (Raadpleeg die aansoekvorm vir siklusdatums en ooreenstemmende slutingsdatums.)​
  • Die aansoeker moet sorg dat die aansoekvorm volledig ingevul is en alle vereiste dokumente insluit. Onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie.

Let asseblief daarop dat toekennings op 'n mededingende grondslag gedoen word en dat slegs beperkte finansiering beskikbaar is.

Aansoekdokumente (2022)​

PGO OCG 2021-22 Terms and conditions.pdf

PGO OCG Application 2022.doc


Back to Homepage