Let asseblief daarop dat slegs voltydse permanente personeellede (dus voornemende gashere) kwalifiseer om aansoek te doen. Vir 2021 sal Subkomitee A 'n bydrae van R230 000 per na-doktorale genoot maak. Hierdie toekenning mag deur die gasheer aangevul word. Die Subkomitee A toekenning sluit nie lopende kostes in nie. Dit is die verantwoordelikheid van die gasheer/-vrou om seker te maak dat daar genoegsame fondse uit ander bronne is vir die lopende kostes van die navorsingsprojek.
Aansoeke is mededingend. Beoordeling van aansoeke geskied op grond van die akademiese meriete van die aansoeker (gasheer/-vrou) en van die projek waaraan die genoot sal meewerk. Genootskappe word vir 'n tydperk van een jaar toegeken.
Relevante dokumente
| 2023 Sperdatums
|
| - 20 Januarie
- 6 April
- 4 Augustus
- 20 Oktober
- 24 November
|