Die mandaat van die NNS is om navorsing te bevorder deur middel van befondsing, menslike hulpbron-ontwikkeling en die voorsiening van die nodige fasiliteite ten einde die skepping van kennis, innovasie en ontwikkeling op alle terreine van wetenskap en tegnologie, insluitend inheemse kennis te fasiliteer en te ondersteun, en sodoende by te dra tot die verbetering van die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners (www.nrf.ac.za). Navorsing Toekenningsbestuur (Research Grant Management) omvat verskeie prosesse en prosedures. Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (US) het doeltreffende stelsels en metodes in werking gestel vir hierdie doel.