Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakturering

​​​​​Alle navorsing, konsultasie, buitewerk en goedere wat deur departemente gelewer word, moet gefaktureer word via die debiteurestelsel. Geen fakture mag op Universiteit Stellenbosch briefhoofde of met rekenaarprogramme geskep word nie. Die debiteurestelsel moet te alle tye gebruik word om fakture te skep.

Die Finansiële Beleid (verw. Afd 2.7) verskaf die US se reëls en regulasies ten opsigte van die uitreik van debiteursfakture en die inkomsterekeninge wat gebruik moet word wanneer 'n faktuur uitgereik word.

Die persoon wat die faktuur uitreik moet die korrekte inkomsterekening gebruik. Verwys na die Finansiële Beleid (Afd 6.1) vir rekeninge wat gebruik moet word vir fakturering in navorsingskostepunte.

Betalings moet elektronies of per tjek in die Universiteit se rekening inbetaal word met die faktuurnommer as verwysing.

Verwys na BTW onder Finansiële Inligting rakende toepaslike inkomste rekeninge.

  • Departemente skep hulle eie fakture via die debiteurestelsel; raadpleeg asseblief die betrokke finansiële of administratiewe beampte in u departement of fakulteit om hulp te verleen.
  • Wanneer die debiteur(e) van 'n departement uitstaande skuld vir meer as 90 dae het, is die betrokke departement verantwoordelik vir die opvolg van die uitstaande inkomstes.
  • Enige skenking wat kwalifiseer vir ‘n Artikel 18(A) skenkingskwitansie mag nie per faktuur via die debiteurestelsel aangevra word nie. Kontak asseblief Ontwikkeling en Alumniverhoudinge.
  • Geen fakture mag teen inkomsterekening 5596 gelaai word sonder vooraf goedkeuring deur Finansiële Dienste nie.
  • Geen inkomste mag teen ‘n uitgawerekening aangegaan word nie.

Contact:

user.png Tronel Claassens  (Studentegelde en Debiteure)​

phone-call.png021 808 4534

email.pngEmail Tronel​​