Die Departement Biochemie bied twee Biochemie modules in die tweedejaar en vyf modules in die derdejaar aan. Die inhoud van die modules, soos aangetoon in die Universiteit se Jaarboek, word hieronder aangedui.
Tweedejaar modules
Biochemie 214 – Biomolekules: Struktuur – funksieverwantskappe
Struktuur, eienskappe en funksies van biomolekules (bio-elemente, water, nukleïensure, proteïene, ensieme, koënsieme, koolhidrate, lipiede).
Biochemie 244 – Intermediêre Metabolisme
Bio-energetiek; metabolisme van koolhidrate, lipiede en stikstofbevattende verbindings; integrasie van metabolisme.
Derdejaar modules
Biochemie 315 – Biofisiese en Strukturele Proteïnbiochemie
Gevorderde proteïenbiochemie: Proteïen-struktuur/funksieverwantskappe word behandel aan die hand van 'n aantal gespesialiseerde komplekse proteïensisteme en ensimatiese reaksiemeganismes. Basiese proteïensuiweringstegnieke en tegnieke vir die analise van proteïene se suiwerheid, samestelling en struktuur.
Analise van biologiese molekules en prosesse met lig-, fluoressensie-, infrarooi-, Raman- en kern-magnetiese-resonansspektroskopie, massaspektrometrie, sirkulêre dichroïsme, optiese rotasie-dispersie, isotoop-afhanklike tegnieke, gevorderde gel-elektroforese en chromatografiese tegnieke.
Om in aanmerking te kom vir keuring om HonsBSc in Biochemie te doen, moet hierdie module geslaag word.
Biochemie 324 – Sisteembiologie en Bioinformatika vir Biochemie
Termodinamika en kinetika van biochemiese prosesse; ensiemkinetika; kinetika van membraan- transportprosesse; kinetika van gekoppeldereaksiesisteme; metaboliesekontrole-analise; aanbod- aanvraaganalise van metaboliese regulering; wiskundige modellering: tipes modelle; modellering met differensiaal-vergelykings; voorbeelde van modelle.
Relevante databasissoektogte, nukleotied- en proteïenvolgorde-oplyning, strukturele en funk- sionele proteïnanalise, sekondêre-proteïenstruktuur-bepaling, tersiêre-proteïenstruktuur-model- lering, proteïenstruktuur-visualisering, filogenie.
Om in aanmerking te kom vir keuring om HonsBSc in Biochemie te doen, moet hierdie module geslaag word.
Biochemie 345 – Gespesialiseerde Biochemiese Onderwerpe
Geselekteerde onderwerpe gekies uit die volgende (drie van die vier onderstaande onderwerpe word elke jaar geselekteer vir aanbieding):
Antibiotika: Die biochemie van geselekteerde antibiotika en antimikrobiese middels. Intrasellulêreseintransduksiepaaie; reseptore; hormone; cAMP; netwerke en "cross talk"; biochemie van visie; biochemie van reuk.
Immunologie: Aangebore en spesifieke verworwe immuniteit, teenliggaamstruktuur en -funksie, afweermeganismes teen patogeniese organismes, inentings, allergieë, immuungebrekke, VIGS.
Eukariotiese geenekspressie: Transkripsie en beheer van geenuitdrukking, promotors en versnellers, en transkripsiefaktore.
Om in aanmerking te kom vir keuring om HonsBSc in Biochemie te doen, moet hierdie module geslaag word.
Biochemie 353 – Biochemie van Voedsel- en Drankprodukte
Die biochemie van ensieme en proteïene in voedselproduksie en -bederf. Die eienskappe, toepassings en analise van ensieme en proteïene betrokke by voedselproduksie en –bederf. Die effek van ensieme en proteïene en hul interaksies op die voedingswaarde, sensoriese kwaliteit en die veiligheid van voedselprodukte.
Biochemie 365 – Praktiese proteïenuitdrukking, -suiwering en -analisetegnieke
Rekombinante proteïen-uitdrukking en proteïen-suiweringstegnieke. Analise van proteïen-suiwerheid en -integriteit. Tegnieke sluit in: plasmied DNS isolering, PKR, restriksie-ensiemvertering, agarose jelekektroforese, voorbereiding van kompetente selle, transformasie, induksie van proteïenuitdrukking, jelpermeasiechromatografie, ioonuitruilingschromatografie, geïmmobiliseerde-metaal affiniteitschromatografie, proteïenkonsentrasie bepalings, SDS-PAGE, western klad, aktiwiteitsessaïs en spektrofotometriese analises.
Praktika sal in die resesperiodes aangebied word, spesifiek gedurende a) die week voor die 2de semester amptelik begin, en b) die reses tussen die 3de en 4de kwartale. Studente wat vir die module registreer, verklaar dat hulle gedurende beide hierdie periodes beskikbaar is.
Om in aanmerking te kom vir keuring om HonsBSc in Biochemie te doen, moet hierdie module geslaag word.
Biochemie as hoofvak vir die BSc-graad
Die volgende modules word vereis: Biochemie 214(16), 244(16), 315(16), 324(16), 345(16), 365(16)