Biochemistry
Welkom by Universiteit Stellenbosch

De Villiers Groep


GROEPLEIER:  Dr. Marianne de Villiers

Posisie: Senior Lektor

Kantoor:  A121 JC Smutsgebou

Tel:            +27-(0)21-808-5865

Faks:         +27-(0)21-808-5863

E-pos:       mdevilliers@sun.ac.za

Opvoedkundige en Professionele Agtergrond

PhD, Chemie, Stellenbosch Universiteit (SA), 2009

Nadoktorale genoot, Biochemie, Stellenbosch Universiteit (SA), 2010

Nadoktorale genoot, Groningen Institute of Pharmacy (GRIP), Universiteit van Groningen (NL), 2010-2012

Nadoktorale genoot, Selbiologie, Universiteit Mediese Sentrum Groningen (NL), 2013

Research Career Advancement Fellow (RCA), Biochemie, Stellenbosch Universiteit (SA), 2014-2017

Lektor, Biochemie, Stellenbosch Universiteit (SA), 2017-2020

Senior Lektor, Biochemie, Stellenbosch Universiteit (SA), 2021-​

Toekennings

Research Career Advancement (RCA) Fellowship (2014-2019)

NRF gradering: Y-gradering (2016-2021)

Navorsingsfokus

Chemiese Biologie, Ontwikkeling & Ontdekking van Antimikrobiese middels, Aansteeklike siektes, Meganistiese Ensimologie

Navorsingsopsomming

Die De Villiers groep ondersoek Koënsiem A biosintese en benutting as 'n moontlike teiken vir die ontwikkeling vir nuwe antiparasitiese middels. Op die oomblik fokus ons hoofsaaklik op Plasmodium spp. deur gebruik te maak van 'n Chemiese Biologie benadering.

Navorsingsbeskrywing

Belangstellings 

Die navorsing in die De Villiers groep fokus op die identifikasie van spesifieke teikens waarop pantoteensuur analoë (bv. N-gesubstitueerde pantoteenamiede) inwerk met betrekking tot Koënsiem A biosintese en benutting in Plasmodium falciparum. Hierdie werk is spesifiek van belang in die konteks van verdere ontwikkeling van hierdie middels as nuwe anti-malariamedikasie. Dit is veral belangrik aangesien hierdie klas van middels deur die MMV (Medicines for Malaria Venture) verder onwikkel word. In die proses hoop ons om die biologie van die parasiete beter te verstaan aangesien Koënsiem A 'n essensiële kofaktor is en 'n integrale rol in metabolisme speel. Die doel sal wees om uiteindelik ons kennis hieromtrent te transponeer na ander parasiete wat verantwoordelik is vir verwaarloosde aansteeklike siektes.

Gereedskap

Ons gebruik 'n multi-dissiplinêre benadering in ons laboratorium met die gebruik van verskillende tegnieke soos organiese sintese, proteienuitdrukking en –suiwering, toetsontwikkeling, kultuurtegnieke vir die groei van parasiete en mikroskopie. Ons is goed toegerus vir hierdie eksperimente en maak gebruik van die universiteit se uitstekende Sentrale Analitiese Fasiliteite ter ondersteuning.

Samewerkings

Ons werk saam met verskeie groepe in ons departement en oorsee.  Ons het veral noue samewerking met die groep van Prof. Erick Strauss by Stellenbosch Universiteit (Departement van Biochemie) op N-gesubstitueerde pantoteenamiede as nuwe anti-malaria middele. Ons Plasmodium-verwante werk word uitgevoer in samewerking met die groep van Assoc. Prof. Kevin Saliba by die Australian National University in Canberra, Australië. Ons het ook samewerking met Prof. Jacky Snoep (Departement van Biochemie, Stellenbosch Universiteit) en Prof. Ody Sibon (Departement van Selbiologie, UMCG, NL).

Geselekteerde publikasies

Volledige lys beskikbaar op ResearchGate: https://www.researchgate.net/profile/Marianne_De_Villiers2

M. de Villiers and E. Strauss (2015) Metabolism: Jump-starting CoA biosynthesis. Nature Chem. Biol. 11, 757-758.

C.J. Macuamule, E.T. Tjhin,  C.E. Jana, L. Barnard, L. Koekemoer, M. de Villiers, K.J. Saliba, E. Strauss (2015) A pantetheinase-resistant pantothenamide with potent, on-target and selective antiplasmodial activity. Antimic. Agents Chem. 59(6), 3666-3668.

M. de Villiers and E. Strauss (2015) Vitamin Imposters – Hijacking the biosynthesis of coenzyme A for antimicrobial drug development. The Biochemist 37(1), 19-23.

M. de Villiers, L. Barnard, L. Koekemoer, J.L. Snoep and E. Strauss (2014) Kinetic Variation in Bacterial Pantothenate Kinases Determines Pantothenamide Mode of Action and Impacts on Coenzyme A Salvage Biosynthesis. FEBS J., 281(20), 4731-4753.

W.J.A. Moolman, M. de Villiers and E. Strauss (2014) Minireview: Recent advances in targeting coenzyme A biosynthesis and utilization for antimicrobial drug development. Biochem. Soc. Trans, 42(4), 1080-1086.

H. Raj, W. Szymański, J. de Villiers, H. J. Rozeboom, V. Puthan Veetil, C.R. Reis, M. de Villiers, F.J. Dekker, S. de Wildeman, W.J. Quax, A.-M.W.H. Thunnissen, B.L. Feringa, D.B. Janssen,  and G.J. Poelarends (2012) Engineering methylaspartate ammonia lyase for the asymmetric synthesis of unnatural amino acids. Nat. Chem., 4, 478-484.