Data Science and Computational Thinking
Welkom by Universiteit Stellenbosch

XD²S​: "Accelerator"-program in Data- en Besluitnemingswetenskap ​

HIERDIE GELEENTHEID IS UITGESTEL TOT VERDERE KENNISGEWING

Blue Label Telecoms, die Universiteit Stellenbosch en Business Finland sal van 20 Januarie tot 7 Februarie 2020 'n “Accelerator"-program vir Data- en Besluitnemingswetenskap aanbied.

Deelnemers sal hul konsepsionele​ begrip van en tegniese vaardighede in sagteware-ingenieurswese, masjienleer en netwerkontleding verbeter en stoei met belangrike etiese en beheeraspekte van datawetenskap. Hulle sal ook die geleentheid hê om in klein, dinamiese spanne aan gevallestudies te werk.

As jy 'n agtergrond in wiskunde, statistiek, rekenaarwetenskap of ander kwantitatiewe dissiplines het en nuuskierig is oor die moontlikheid om 'n loopbaan in “big data" en masjienleer te volg, moet jy dit nie misloop nie.

Waar? Wilcocks-gebou, Universiteit Stellenbosch

Koste? Gratis – sluit middagetes en koffie/tee in

HOE? Lesings verweef met praktiese oefeninge

WAT? Kortkursusse in twee strome (2 weke) gevolg deur 'n gevallestudie (1 week)

STROOM 1:

“Software Engineering for Applied Mathematical Sciences"

“Ethics and Governance of Data Science"

STROOM 2:

“Introduction to Machine Learning with Python"

“Social Network Analysis with R"

“Ethics and Governance of Data Science"

AANSOEKE OPEN BINNEKORT

Vir meer inligting, kontak prof. Wim Delva by delvaw@sun.ac.za