Medical Physiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​ 

Geneeskundige Fisiologie is die sistematiese bestudering van die normale funksionering van die verskillende liggaamssisteme sowel as hul wisselwerking met mekaar. Die vakgebied is dus van kardinale belang tot die mediese beroep.

Die vakgebied van Geneeskundige Fisiologie dra beduidend by tot die onderrig van mediese studente en studente in medies-verwante beroepe. Die lewendige navorsingsatmosfeer wat met die vakgebied geassosieer word, is jaarliks 'n vername bron van nagraadse kwalifikasies. Die belangrikste navorsingstemas sluit in: Kardiovaskulêre Fisiologie, Reproduktiewe Fisiologie en N.eurowetenskap.​