Kies jou taal: Engels Afrikaans

Nuus

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​ Nuus Gebeure

Sosiale Impak-gemeenskapsoggend: Bemagtig Studente om die SDG’s deur gemeenskapskakeling te bevorderhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11003Sosiale Impak-gemeenskapsoggend: Bemagtig Studente om die SDG’s deur gemeenskapskakeling te bevorder

Meer as 6 000 nuwe Matiestudente sal op 7 Februarie 2025 van 09:00 tot 12:00 deelneem aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Sosiale Impak-gemeenskapsoggend as deel van die amptelike Verwelkomingsweek vir nuwelinge. Die inisiatief, wat deur die Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie (CASIT) aangebied word, bied studente 'n praktiese geleentheid om betrokke burgers te word deur hulle akademiese kennis te gebruik om tot die aktiwiteite van verskeie organisasies en gemeenskapsvennote rondom die US se Stellenbosch- en Tygerbergkampus by te dra.

Betrokke burgerskap verwys na individue se aksiegerigte, bewuste en impakryke betrokkenheid by die maatskaplike, ekonomiese en politieke sfere van die samelewing. Dit beklemtoon die belang daarvan om tot gemeenskapsgerigte inisiatiewe by te dra, en in die hoëronderwysomgewing gaan dit veral oor instellings se gesamentlike verantwoordelikheid om 'n volhoubare toekoms te help skep.

Die US se Sosiale Impak-gemeenskapsoggend stel die konsep van betrokke burgerskap aan nuwelingeerstejaars bekend en bied hulle 'n platform om wederkerige verhoudings met die plaaslike gemeenskappe rondom die Universiteit te bou. Deelname aan hierdie geleentheid sal studente help verstaan hoe om hulle vaardighede te benut om werklike, praktiese uitdagings – waaronder dié wat met die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) verband hou – die hoof te bied.

CASIT en die Afdeling Studentesake se Sentrum vir Studentelewe en -leer het met studenteleiers saamgewerk om 'n robuuste raamwerk vir betrokke burgerskap deur die hele 2025 te voorsien. Studente sal leer hoe om die leiding te neem in volhoubare inisiatiewe vir sosiale transformasie en impak wat plaaslike gemeenskappe en organisasies baat.

Gedurende die Sosiale Impak-gemeenskapsoggend sal studente op sowel Stellenbosch- as Tygerbergkampus deelneem aan 'n wye verskeidenheid aktiwiteite wat met die SDG's verband hou, soos om strande en riviere skoon te maak, skryfbehoeftes in te samel, kospakkies te maak, en opvoedkundige aktiwiteite vir jong kinders aan te bied. Ál die inisiatiewe strook met die US se verbintenis om akademiese kennis met praktiese optrede aan te vul en studente sodoende 'n transformerende ervaring te bied wat hulle in staat stel om sinvol tot die samelewing by te dra.

Die Sosiale Impak-gemeenskapsoggend sal studente toerus met 'n dieper begrip van:

die krag van gemeenskapsgedrewe oplossings vir komplekse maatskaplike kwessies;

hoe hulle individuele bydraes 'n tasbare verskil in die samelewing kan maak;

die belang van samewerking tussen studente, plaaslike organisasies en die US;

praktiese maniere waarop die SDG's in plaaslike gemeenskappe bereik kan word; en

die rol van betrokke burgerskap om 'n meer inklusiewe, volhoubare toekoms te skep.

Vir verdere inligting, kontak senior programbestuurder Michelle Pietersen by mpieters@sun.ac.za.

2025-02-02T22:00:00Z 2025-02-02T22:00:00.0000000ZCentre for the Advancement of Social Impact and Transformation
Uitblinkers by tweede Sosiale Impak-toekennings vereer https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10979Uitblinkers by tweede Sosiale Impak-toekennings vereer
Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs sy tweede jaarlikse Sosiale Impak-toekenningsplegtigheid aangebied om erkenning te verleen aan die merkwaardige individue en spanne wie se werk ʼn groot verskil in ons gemeenskappe maak.

Van ʼn baanbrekersinisiatief wat bewustheid oor buurtopknapping verhoog tot programme wat kinders met MIV ondersteun en ʼn baanbrekersvennootskap tussen die Universiteit en gevangenisse, is die ontvangers van die toekennings ʼn voorbeeld van die Universiteit se toewyding tot kennis in diens van die samelewing. Nege ontvangers is by die toekenningseremonie by die US Museum vir hulle bydraes vereer om sosiale impak in hul gemeenskappe te bevorder.

Prof Nico Koopman, Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel aan die US, het in sy verwelkomingstoespraak die belangrikheid daarvan beklemtoon om diegene te vereer wat waarde tot gemeenskappe toegevoeg het. “Sosiale impak moet ʼn transformerende impak wees wat bydra tot samelewings waar daar waardigheid vir almal en genesing van wonde vir almal is," het hy benadruk.

“Vanaand vier ons ons kollegas, want julle dra by tot kennis in diens van die samelewing deur navorsing en vernuwing, leer en onderrig, asook al die akademiese professionele dienste en ko-kurrikulêre werk. Julle dra by tot die vernuwing van individue, van instellings, van ons kampusse en van ons gemeenskappe in die breër samelewing," het Koopman gesê.

Die programdirekteur vir die aand, Joanne Williams, het verduidelik dat die idee agter die Sosiale Impak-toekennings was om te erken dat sosiale impak nie in isolasie plaasvind nie.

“Sosiale impak is spanwerk. Dit is ʼn samewerkingspoging met gemeenskapsvennote. Albei ons kategorieë erken dit, maar met ons eerste toekenningskategorie identifiseer ons ʼn spesifieke individu binne ʼn inisiatief," het Williams verduidelik. “Ons spantoekenningskategorie gee erkenning aan personeellede of spanlede in samewerking met ʼn gemeenskapsvennoot."

Individuele ontvangers

Die individuele Sosiale Impak-toekennings is deur dr Leslie van Rooi, Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie aan die US, oorhandig.

Die eerste ontvanger was dr Armand Bam, Hoof van Sosiale Impak by Stellenbosch se Besigheidskool, wat vereer is vir sy onwrikbare toewyding om betekenisvolle maatskaplike verandering te bevorder, veral op gebiede van sistemiese ongelykheid.

Ria Olivier, mede-ondersoeker, projekbestuurder en digitale argivaris van die Antarctic Legacy of South Africa, het ʼn toekenning ontvang vir dié projek wat ten doel het om Suid-Afrika se nalatenskap in die Antarktiese streek te bewaar. Die toekenning is namens haar deur dr Anne Treasure ontvang.

Prof Ronnie Donaldson van die Departement Geografie en Omgewingstudies is bekroon vir sy inisiatief om die kunste te gebruik om bewustheid oor buurtopknapping in Stellenbosch se landelike gemeenskappe en dorpe te skep.

Tembela Boyana van die Familiesentrum vir Navorsing met Ubuntu (Famcru), wat in die Departement Pediatrie en Kindergesondheid by die US se Tygerberg-kampus gesetel is, is vereer vir die ontwikkeling en ondersteuning van ʼn kultureel sensitiewe, bedagsame en ondersteunende metode om jong kinders se MIV-status aan hulle bekend te maak.

Dr Mary Nel het die toekenning ontvang vir die Ubuntu-leergemeenskap, ʼn baanbrekersvennootskap wat in 2018 tussen die US en die Departement van Korrektiewe Dienste gevestig is. Die program het ten doel om opvoedkundige toegang vir gevangenes te bevorder, terwyl studente bemagtig word om betekenisvol by kwessies van maatskaplike geregtigheid en persoonlike transformasie betrokke te raak.

Spantoekennings

Dr Sipho Mahokoto, senior dosent in sistematiese teologie en etiek, het die oorhandiging van die toekennings vir die groep- en spaninisiatiewe gefasiliteer.

Die eerste ontvanger van ʼn Sosiale Impak-spantoekenning was prof Shahida Moosa, Hoof van Mediese Genetika by die Tygerberg-hospitaal en die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), vir haar span se waardevolle bydraes tot openbare gesondheid deur die Navorsingsgroep vir Seldsame Siekte-genomika. Die toekenning is namens haar deur dr Marianne Gush ontvang.

Dorette du Plessis van die Sentrum vir Indringingsbiologie aan die US en haar span het ʼn Sosiale Impak-toekenning ontvang vir die Iimbovane-uitreikprojek, ʼn opvoedkundige inisiatief wat die natuur as ʼn platform gebruik om leerders te help om praktiese wetenskapsvaardighede en ʼn waardering vir biodiversiteit te ontwikkel.

Dr Therese Fish, Visedekaan: Kliniese Dienste en Sosiale Impak by die FGGW, en prof Karin Baatjes, Visedekaan: Leer en Onderrig by die FGGW, het ʼn gesamentlike toekenning vir die InReach Sentraal-Karoo-projek ontvang. Die inisiatief het ten doel om die agterstand in katarakoperasies en tandheelkundige dienste in die Tuinroete en Sentraal-Karoo-distrikte aan te pak.

Die ontvanger van die laaste toekenning was Pieter Conradie, navorsingsingenieur van die Fakulteit Ingenieurswese, vir die Spoorveiligheidsveldtog. Hierdie projek het ten doel om jong kinders oor spoorwegveiligheid te onderrig.

Die individuele ontvangers van die Sosiale Impak-toekenning het elkeen R25 000 as ʼn gratifikasie ontvang, terwyl projekspanne R30 000 ten bate van hulle inisiatiewe ontvang het.

2024-12-19T22:00:00Z 2024-12-19T22:00:00.0000000ZSibulele Mboyi
Universiteite en Wes-Kaapse regering vat hande om pasiëntwaglyste in Sentraal-Karoo die hoof te biedhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10780Universiteite en Wes-Kaapse regering vat hande om pasiëntwaglyste in Sentraal-Karoo die hoof te bied
Die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) werk saam met die Wes-Kaapse Regering Departement van Gesondheid en Welstand en ander vennote aan 'n baanbrekersinisiatief om die agterstand in katarak-operasies en tandheelkundige dienste in die Tuinroete en Sentraal Karoo Distrikte die hoof te bied.

Die Sentraal Karoo InReach-projek, wat van 16 tot 22 September 2024 in Beaufort-Wes sal plaasvind, sal 'n span gesondheidswerkers, nie-regeringsorganisasies (NRO's) en universiteitstudente bymekaar bring om noodsaaklike gesondheidsdienste aan die plaaslike gemeenskap te verskaf. Die inisiatief het ten doel om 'n waglys van drie jaar vir pasiënte wat op katarakchirurgie in die streek wag, skoon te maak, asook om te help met tandheelkundige sorg.

Projek hoogtepunte:

Meer as 120 katarak-operasies en 300 tandheelkundige prosedures word beplan

30 gesondheidswetenskappestudente van die US, UWK en Nelson Mandela Universiteit (NMU) neem deel

Twee oftalmoloë van die US en Africa20Twenty, oogkundiges in opleiding en vyf tandartse van UWK lei die mediese spanne

Deurlopende Professionele Ontwikkelingswerkswinkels vir plaaslike gesondheidswerkers

Samewerking met veelvuldige vennote om omvattende ondersteuning te verskaf

Die minister van die Wes-Kaapse Regering Departement van Gesondheid en Welstand, me Mireille Wenger, het die belangrikheid van hierdie inisiatief beklemtoon: "Die Sentrale Karoo InReach-projek is 'n uitstekende voorbeeld van die krag van vennootskappe en wat bereik kan word wanneer gemeenskappe byeenkom met 'n gedeelde verbintenis om kritieke gesondheidsorgbehoeftes aan te spreek.

"Hierdie samewerkingspoging sal nie net 'n beduidende duik maak in die agterstand in katarak-operasies en tandheelkundige prosedures nie, maar bied ook onskatbare leergeleenthede vir toekomstige gesondheidswerkers," het sy gesê. “Dankie aan almal vir julle toewyding en harde werk om die gesondheid en welstand van ons gemeenskappe te verbeter."

Sleutel vennootskappe:

Wes-Kaapse Regering Departement van Gesondheid en Welstand: Voorsien fasiliteite, verbruiksgoedere en pasiëntevervoer

Africa20Twenty: Verskaf 'n opslaan-teater vir katarakoperasies en bied algemene ondersteuning

Al-Imdaad-stigting: Verskaf verbruiksgoedere vir katarakchirurgie en bied pasiënteondersteuning

Dr Therese Fish, Visedekaan: Kliniese Dienste en Sosiale Impak by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), het gesê: "Die US is daartoe verbind om gemeenskappe te dien deur inisiatiewe soos die Sentrale Karoo InReach. Ons het 'n lang vennootskap in die Sentraal-Karoo waar ons voorgraadse mediese studente praktiese opleiding ontvang. Ons gebruik ons kollektiewe kundigheid om ʼn betekenisvolle impak te maak, en hierdie vennootskap beklemtoon die krag van samewerking om gemeenskapsbehoeftes aan te spreek. Ons is trots daarop om ons kennis en hulpbronne by te dra om die welstand van inwoners van die Sentraal-Karoo te verbeter."

UWK se Fakulteit Tandheelkunde stel van 20 tot 22 September hul mobiele tandheelkundige eenheid by Bastiaanse Sekondêre Skool in Beaufort-Wes op. Dr Khabiso Ramphoma van UWK se Fakulteit Tandheelkunde het gesê: "Deur saam te werk, kan ons die toeganklikheid tot tandheelkundige sorg in die Karoo en die provinsie in die breë aansienlik verbeter, asook die welstand van inwoners ondersteun. Hierdie samewerkende inisiatief vestig die aandag op die kritieke behoefte aan deurlopende ondersteuning en befondsing om hierdie noodsaaklike dienste in die streek in stand te hou en uit te brei."

Die projek bied ook 'n unieke leergeleentheid vir 30 gesondheidswetenskappestudente van die US, UWK en NMU. Prof Karin Baatjes, FGGW Visedekaan: Leer en Onderrig, het die opvoedkundige waarde beklemtoon: "Hierdie inisiatief bied 'n buitengewone geleentheid vir ons studente om unieke leergeleenthede in landelike gebiede te gebruik en sodoende hul opleiding in diens van die samelewing toe te pas. Deur lewensbelangrike sorg aan onderbediende gemeenskappe te verskaf, doen ons voor- en nagraadse studente onskatbare eerstehandse ondervinding op.

Prof Baatjes het bygevoeg: "Ons is verheug om te sien dat die onderrig en opleiding van ons studente 'n tasbare verskil maak, en terselfdertyd professionele groei bevorder. Hierdie projek is 'n voorbeeld van ons toewyding tot betekenisvolle betrokkenheid en om ʼn positiewe impak buite ons kampus te maak."

Die Sentraal-Karoo InReach-projek is 'n bewys van die krag van samewerking tussen akademiese instellings, regeringsliggame en gemeenskapsorganisasies om kritieke gesondheidsorgbehoeftes aan te spreek en terselfdertyd ook waardevolle leerervarings vir toekomstige mediese professionele persone te bied.

2024-09-16T22:00:00Z 2024-09-16T22:00:00.0000000ZFMHS Marketing & Communications
Sosiale impak: US Regskliniek bied gemeenskappe regskundige reddingsboei https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10697Sosiale impak: US Regskliniek bied gemeenskappe regskundige reddingsboei
In die lig van die Universiteit Stellenbosch (US) se fokus op sosiale impakbewustheid in Julie, vier hierdie reeks profiele merkwaardige individue en spanne wat ʼn betekenisvolle bydrae buite die Universiteit se mure lewer. Die onlangse eerste Sosiale Impak-toekennings het erkenning verleen aan akademiese en professionele administratiewe ondersteuningsdienstepersoneel (PASD) van die US wat positiewe verandering in uiteenlopende lewensgebiede bevorder. Prof Theo Broodryk het 'n toekenning namens die US Regskliniek ontvang vir hul gemeenskapsdiens en aansienlike regsimpak.

'n Plakkaat op 'n kennisgewingbord in die wagkamer van die Universiteit Stellenbosch (US) Regskliniek in Crozierstraat stippel hul visie uit: 'n Gemeenskap wat met regskennis bemagtig is en die vermoë het om hul regte as individue én 'n gemeenskap uit te oefen; om regstudente op te lewer wat professioneel opgelei is en op die voorpunt van indiensneembaarheid staan; en om 'n breër Suid-Afrikaanse gemeenskap te bemagtig met 'n bewussyn van hul sosiale regverdigheid verantwoordelikhede.

Min organisasies kan daarop aanspraak maak dat hulle hul visie en missie so nougeset vervul. Deur lewensnoodsaaklike regsondersteuning aan arm en gemarginaliseerde mense te bied, dien die Regskliniek as 'n reddingsboei vir gemeenskappe wat kwesbaar is vir menseregteskendings soos uitbuiting, uitsettings en twyfelagtige skuldinvorderingspraktyke. Gereelde werksessies wat deur die kliniek se personeel aangebied word, fokus op basiese regte en skep broodnodige bewustheid oor regsake.

Die Regskliniek het oor die jare bekendheid verwerf vir sy innoverende bydraes tot sosiale geregtigheid deur betrokkenheid by hoëprofiel-hofsake en navorsing. Die Konstitusionele hof het byvoorbeeld verlede jaar 'n appèl van die hand gewys teen die besluit om 'n groepsgeding wat deur die US Regskliniek gebring is, te sertifiseer. Dit is die eerste klasaksie wat suksesvol deur 'n Suid-Afrikaanse universiteitsregkliniek aanhangig gemaak is.

'n Verslag van die Regskliniek het in 2023 opslae gemaak toe dit die uitbuiting van arm debiteure deur leners blootgelê het wat wetlike beperkings op salarisaftrekkings omseil. Die kliniek het gevra vir dringende regs-ingryping om kwesbare debiteure te beskerm.

Omvattende regsdienste

Die Regskliniek werk as 'n volwaardige regsfirma met 'n instap-regsdiens en bied terselfdertyd opleiding in die praktiese toepassing van die reg aan regstudente in hulle finale jaar en kandidaatregspraktisyns, verduidelik Nikita Stander, Senior Prokureur by die Regskliniek.

“Die studente se betrokkenheid by die kliniek bied aan hulle waardevolle praktiese ondervinding wat hulle akademiese werk aanvul," sê Stander. “Hulle kry ook blootstelling aan konsultasies met kliënte, en hulle is by hofsake betrokke waar hulle kruisondervraging kan behartig en argumente kan aanvoer. Die ervaring wat hulle by die Regskliniek opdoen, gee hulle loopbane 'n stewige grondslag en verhoog hulle bewustheid van sosiale geregtigheid.

“Van aanstaande jaar af is Praktiese Regsopleiding 'n verpligte module vir ons finalejaar-regstudente, wat die studentebetrokkenheid by die Regskliniek van sowat 50 tot meer as 300 studente sal verhoog," verduidelik Stander.

Die Regskliniek werk deur drie hoofdepartemente: algemene siviele aangeleenthede, uitsettings en familiereg en afgesien van hulle kantoor op die US se hoofkampus, gee hulle ook aandag aan die satellietkantoor in Ceres, Worcester en Bishop Lavis. Vyf prokureurs word deur sewe kandidaatregspraktisyns bygestaan en saam het hulle vanjaar reeds meer as 'n duisend kliënte gesien.

Volgens die Regskliniek se mees onlangse sosiale-impakverslag het meer as 6 000 mense hulle tussen 2018 en 2022 om hulp genader. Meer as die helfte hiervan was vroulik (55%) en 47% woonagtig in die Stellenbosse munisipale gebied. Die meerderheid van diegene wat om hulp kom aanklop het, het met familieverwante en uitsettingsverwante sake verband gehou.

Gemeenskapsbetrokkenheid en opvoeding

Die Regskliniek kweek 'n kultuur van burgerlike verantwoordelikheid deur werksessies oor uitsettings, skuldverligting en gesinsgeweld aan te bied. Die kliniek se gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatiewe, soos die Finansiële Geletterdheidsprojek, het al duisende leerders en plaaswerkers met noodsaaklike vaardighede bemagtig.

Stander is ook verantwoordelik vir sake wat verband hou met plaasuitsettings, 'n uiters belangrike afdeling gegewe die toenemende aantal uitsettingsaansoeke in die Boland-streek. Haar betrokkenheid by die kliniek het in 2008 as studentekonsultant begin, en sy het sedertdien die leer geklim gestyg om in uitsettingsaangeleenthede te spesialiseer.

Haar werk behels nie net regsverteenwoordiging nie, maar ook om kliënte op te voed oor hul regte ingevolge die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (ESTA). Stander hou gereeld opleidingsessies vir plaaswerkers en bemagtig hulle met kennis wat kan help om uitsettings te voorkom.

“Ons bied ook 'n Testamenteweek op Wiele, waar ons die gemeenskappe besoek en gedurende konsultasie help om hulle testamente op te stel, dit uit te druk en laat onderteken," verduidelik sy.

Stander vertel van 'n saak waarby sy onlangs betrokke was van 'n plaaseienaar wat 'n uitsettingsbevel op 'n bejaarde vrou beteken het. “Sy is al geslagte lank op die plaas. Nadat die oorspronklike eienaar oorlede is, het sy seun die plaas geërf. Die vrou het die huidige eienaar se doeke omgeruil toe hy 'n baba was. Die eienaar wou haar uitsit aangesien sy nie meer 'n aktiewe werker is nie. Die ESTA-wetgewing bied beskerming aan mense wat al langer as tien jaar op plase woon en die ouderdom van 60 jaar bereik het. Maar haar saak was ingewikkeld omdat sy die plaas vir 'n jaar verlaat het en toe teruggekom het. Ons het die uitsettingsaansoek wat teen haar ingestel is teengestaan en gelukkig is uitspraak in ons guns toegestaan."

Sulke uitsettings en gevolglike haweloosheid is 'n bedreiging vir die menseregte van plaasarbeiders en hulle gesinne, sê Stander. “Ons moet verseker dat die wet almal dien, nie net diegene wat dit kan bekostig nie."

Een van die Regskliniek se merkwaardigste prestasies is sy betrokkenheid by hoë-impak litigasie, veral die groepsgeding teen die Lifestyle Direct-groep. Hierdie saak, wat die onregmatige intekeningpraktyke aanspreek wat baie individue finansieel benadeel het, is 'n belangrike mylpaal aangesien die kliniek die eerste regskliniek in Suid-Afrika is wat so 'n groepsgeding aanhangig gemaak het. Stander is baie trots op hierdie prestasie. “Ons kan nou diegene wat geraak word, help om hulle geld terug te eis, wat 'n belangrike stap is om sulke maatskappye aanspreeklik te hou."

Nog 'n opspraakwekkende saak was dié van Hendri Herbst, 'n Paralimpiese swemmer wat diskriminasie in die gesig gestaar het toe hy weens sy gidshond se teenwoordigheid toegang tot 'n restaurant geweier is. Die saak is met 'n openbare verskoning en vergoeding afgehandel.

Regstoegang vir almal

Aangesien talle Suid-Afrikaners nie regsdienste kan bekostig nie, is die Regskliniek se bydrae tot die verbetering van regstoegang beduidend, sê prof Theo Broodryk, Besturende Prokureur en hoof van die Regskliniek.

Broodryk stel veral in groepsgedinge belang vanweë sulke sake se vermoë om grootskaalse toegang tot geregtigheid te bied, geregtelike ekonomie te verbeter en antisosiale gedrag af te skrik. Hy poog om deur sy akademiese navorsing beleidsbesprekings in te lig en hervormings te fasiliteer om die Suid-Afrikaanse kollektiewe regstellingslandskap te verbeter.

“Dit is vir ons as kliniek belangrik om nie net te litigeer nie, maar om op enige moontlike manier, hetsy deur litigasie of andersins, die doel te bereik om sistemiese regshervorming tot voordeel van arm en kwesbare individue te verseker," sê Broodryk.

“Die Regskliniek is perfek geposisioneer om 'n verskil te maak deur by impaklitigasie betrokke te raak. Wanneer ons dit doen, veral wanneer ons suksesvol is, is daar gewoonlik 'n tasbare verskil ten opsigte van die aantal kliënte en professionele persone wat by ons om raad advies en hulp kom aanklop. Dit stel ons ook in staat om opleiding te verskaf oor die uitslag van die suksesvolle litigasie om te verseker dat die uitwerking na die gemeenskap deursypel en dat dit nie net van akademiese belang is nie," beklemtoon Broodryk.

Die US Regskliniek word internasionaal as 'n toonaangewende regsfirma vir sosiale geregtigheid in Afrika erken, en is in 2021 by die jaarlikse Globale Regskundige Toekennings as die Suid-Afrikaanse prokureursfirma van die jaar vir sosiale geregtigheid aangewys.

Die onlangse erkenning van die Regskliniek met 'n Sosiale Impak-toekenning beklemtoon sy voortgesette verbintenis tot sosiale geregtigheid, sê Stander. “Dit was 'n groot eer vir ons span om op hierdie manier erken te word. Dit was ook baie insiggewend om te sien hoeveel ander wonderlike gemeenskapsinisiatiewe by die Universiteit aangebied word. Dit motiveer ons om voort te gaan met ons poging om regsdienste toeganklik te maak vir diegene wat dit die nodigste het."

FOTO: Prof Nico Koopman (Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel), prof Theo Broodryk and dr Leslie van Rooi (Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie) by die Sosiale impak-toekenningsgeleentheid. (Foto deur Stefan Els)

2024-08-07T22:00:00Z 2024-08-07T22:00:00.0000000ZCorporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Sosiale Impak: Loopbaanvoorligtingsprojek verander jong lewens https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10683Sosiale Impak: Loopbaanvoorligtingsprojek verander jong lewens
​Met die Universiteit Stellenbosch (US) wat gedurende Julie op bewustheid van sosiale impak fokus, vier hierdie reeks profiele merkwaardige individue en spanne wat 'n betekenisvolle bydrae buite die Universiteit se lesinglokale lewer. Die onlangse eerste Sosiale Impak-toekennings het erkenning gegee aan akademiese en professionele administratiewe steundienste- (PASD-)personeel aan die US wat positiewe verandering op uiteenlopende terreine van die lewe dryf. Prof Aletta Odendaal, dr Michelle Visser en prof Tony Naidoo het 'n toekenning namens die Loopbaanvoorligtingsprojek vir hoërskole ontvang, 'n inisiatief wat die Universiteit se verbintenis tot maatskaplike verantwoordelikheid en gemeenskapsbetrokkenheid versinnebeeld.

In 'n wêreld waar vakkeuses op hoërskool 'n jongmens se toekoms beduidend kan beïnvloed, het 'n dinamiese span akademici en studente aan die US 'n proaktiewe benadering gevolg om hoërskoolleerders deur een van die belangrikste besluite van hulle akademiese lewens te begelei. Die Loopbaanvoorligtingsprojek vir hoërskole bied deurslaggewende ondersteuning aan graad 9-leerders voordat hulle die Verdere Onderwys en Opleiding- (graad 10–12) fase van hul skoolopleiding betree.

Hierdie inisiatief het die afgelope paar jaar so 'n groot impak gehad dat die Wes-Kaapse onderwysdepartement gretig is dat dit na alle graad 9-leerders in die provinsie uitgebrei moet word om ingeligte skoolvakkeuse vir die laaste drie jaar van hoërskool te fasiliteer.

Dr Michelle Visser, 'n senior dosent in die Departement Bedryfsielkunde en een van die projekleiers, is al sedert die inisiatief byna 13 jaar gelede afgeskop het, 'n dryfkrag daaragter. Wat oorspronklik met twee skole begin het, het sedertdien na tien skole in gebiede soos Franschhoek, Kayamandi, Kylemore, Cloetesville, Jamestown en Delft uitgebrei, verduidelik Visser. Die projek het ses jaar gelede 'n groot hupstoot gekry toe die Rupert-stigting met finansiering aan boord gekom het. Dit het die beroepsvoorligtingspan in staat gestel om meer as 2 300 leerders per jaar te bereik.

Werkboeke open nuwe wêrelde

"Ek is al so lank as wat ek kan onthou by gemeenskapswerk betrokke, en hierdie projek is 'n groot deel van daardie reis," sê Visser. "Ons het 'n vak oor loopbaanvoorligting en een van ons dosente het vroeër na skole gegaan om werksessies vir die leerders aan te bied. Toe noem prof Tony Naidoo van die Departement Sielkunde dat hulle ook 'n skool-inisiatief het, en toe besluit ons om koppe bymekaar te sit en saam te werk aan die beroepsvoorligtingsprojek."

Die program, wat nou 'n gesamentlike inisiatief tussen die Departement Bedryfsielkunde (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) en Sielkunde (Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) is, se volgehoue gemeenskapsbetrokkenheid strek deesdae verder as werksessies vir graad 9-leerders en sluit nou ook pragtig geïllustreerde beroepsvoorligtingsboekies, 'n toegewyde webwerf met hulpbronne en praktiese wenke, asook waardevolle ondersteuning vir lewensoriënteringonderwysers in.

In elke beroepsvoorligtingsessie help twee of drie fasiliteerders die leerders om deur die boekie te werk en om die verskillende afdelings te voltooi. Die aktiwiteite in die werkboek moedig leerders aan om hulle karaktereienskappe, belangstellings, prestasies, gunstelingvakke, droomwerke, sterkpunte en hulle rolmodelle te identifiseer.

Visser beklemtoon die belangrikheid van selfassessering in hierdie proses. "Die boekie help hulle om persoonlike sterkpunte en omgewingsuitdagings te identifiseer en verskaf inligting oor verskeie loopbaangeleenthede. Ons verduidelik dat jy eendag 'n werk moet kry wat by jou belangstellings, persoonlikheid en aanleg pas. Maar jy kan net daardie werk wat nommerpas is vir jou, kry as jy meer van jouself en jou profiel weet. Ná die sessie kan hulle die werkboek hou sodat hulle later daaroor kan nadink of dit met hulle ouers kan bespreek."

Leerders word ook by hierdie sessies gewys hoe om vir beurse en lenings aansoek te doen as hulle van plan is om na 'n universiteit of kollege te gaan. Vir baie leerders open inligting oor vakleerlingskappe, vrywilligerswerk en internskapopsies 'n wêreld van nuwe moontlikhede. Hulle leer oor werkskadu, loopbaanuitstallings, opedae en aanlyn bronne. Die pas-voltooide graad-10 werkboek bou voort op die gevestigde graad-9-vlak boek en het byvoorbeeld stap-vir-stap wenke oor hoe om 'n curriculum vitae saam te stel, asook ander relevante inligting vir die graad.

Lukrake besluite oor vakkeuses

Die belangrikheid van beroepsvoorligting word dikwels misgekyk totdat leerders op die randjie staan om hulle skoolloopbaan te voltooi, verduidelik Francois van den Berg, 'n meestersgraadstudent in sielkunde. Hy is as projekkoördineerder instrumenteel in die vestiging van sterk vennootskappe tussen die US en die verskillende skole. "Ons het uitstekende verhoudings met die lewensoriënteringsonderwysers en skoolhoofde by ons vennootskole gebou," sê hy. "Hulle ondersteuning en terugvoer is van kardinale belang om te help om die projek te vorm."

Die wedersyds voordelige verhouding met skole is een van die redes vir die sukses van die projek, sê Van den Berg. "Van die Universiteit se kant af bied dit 'n geleentheid vir studente om hulle kennis toe te pas en praktiese ondervinding as fasiliteerders van die werksessies op te doen. Dit is ook 'n geleentheid om leermateriaal te toets en te ontwikkel. Van die skool se kant af is die onderwysers geweldig dankbaar vir die ekstra ondersteuning om leerders te help om die beste vakkeuses te maak."

Die sukses van die projek kan ook toegeskryf word aan die navorsingsgedrewe benadering. Oor die jare het studente op verskeie akademiese vlakke navorsing gedoen wat die intervensies en hulpbronne wat aan leerders verskaf word, gevorm het. Hierdie wisselwerking verseker dat die program toepaslik en doeltreffend bly.

Volgens Van den Berg is daar 'n ernstige gebrek aan loopbaanvoorligtingsdienste en hulpbronne in skole. Gevolglik neem leerders dikwels lukrake besluite oor vakkeuses. "Ons het gevind dat leerders 'n baie beperkte kennis van verskillende loopbane het. Hulle weet van beroepe soos dokters, prokureurs en polisiebeamptes. Deel van wat ons doen, is om hulle aan 'n baie groter verskeidenheid loopbaanopsies bloot te stel. Nog 'n uitdaging is dat leerders dikwels nie bewus is daarvan dat daar meer vakke is wat hulle kan neem nie. Hulle dink die vakke wat hulle skool aanbied, is die enigstes waaruit hulle kan kies."

'n Graad 12-leerder wat medies wou studeer, het onlangs na die beroepsvoorligtingspan uitgereik omdat hy ontdek het dat hy 'n vak wat hy nie neem nie, nodig het om aansoek te doen om medies te studeer. "Sy punte is uitstekend en hy het so hard gewerk, maar hy het nie geweet sekere vakke is verpligtend as jy vir 'n mediese graad by 'n universiteit wil registreer nie," vertel Van den Berg.

Die span is bedag op die unieke uitdagings wat jongmense in Suid-Afrika in die gesig staar. Met jeugwerkloosheid wat op 'n verbysterende 45% staan, is baie hoërskoolleerders afgesit en ontmoedig. "Ons kan nie die sistemiese uitdagings oplos nie, maar ons kan jongmense inspireer om meer kreatief oor hulle toekoms te dink," beklemtoon Van den Berg.

Kan nie op 'n leë maag leer nie

Visser onthou hoe hulle gesukkel het om leerders se aandag in van die eerste werksessies by skole te behou. "Ons het besef die kinders kan nie konsentreer nie omdat hulle honger is. So, vir elke werksessie bring ons nou voedsame peuselpakkies saam vir die kinders. Van die mammas by die skool help ons om die kospakkies te pak, en so raak almal betrokke. Dit is werklik 'n gesamentlike poging om hierdie leerders na 'n beter toekoms te lei.

"Net om een lewe te kan verander, maak dit die moeite werd. Ek onthou een seun wat 'n prentjie van 'n polisiebeampte geteken het en vir my gesê het: 'Ag tannie, ek wil só graag 'n polisieman word.' Ek het vir gom gesê: 'Weet jy wat, ons gaan alles doen om jou te help om die beste polisieman te word wat jy kan wees.' Ek sal nooit ophou met hierdie projek nie, dit gaan oor 'n saak wat groter is as ons en om 'n verskil te maak," merk Visser op.

Sy beklemtoon ook die transformerende ervaring wat die projek vir die nagraadse studente wat daarby betrokke is, bied. "Ons het nog altyd op sosiale impak gefokus – om dít wat ons in die lesingsaal vir die studente leer, op die gemeenskap toe te pas. Dit is ongelooflik bevredigend om te sien hoe ons studente 'n beter begrip ontwikkel wanneer hulle met leerders in skole omgaan. Hulle begin die werklikheid van uiteenlopende gemeenskappe verstaan en die uitdagings wat baie leerders in die gesig staar."

Die projekspan het groot planne vir die toekoms. Hulle hoop om die loopbaanvoorligtingsprogram na leerders in graad 10–12 uit te brei en om pasgemaakte intervensies vir elke graad te ontwikkel. “Ons het 'n vier- tot vyfjaarplan om materiaal vir die hoër grade te ontwikkel en bekend te stel," verduidelik Visser. “Ons uiteindelike doel is om 'n gestandaardiseerde raamwerk te skep wat landswyd in werking gestel kan word, maar ons het meer hulpbronne nodig om dit te kan doen. Met die volgehoue steun van ons vennote en die gemeenskap sal ons aanhou streef om meer leerders na sukses te lei."

Visser sê was 'n fantastiese verrassing om 'n Sosiale Impak-toekenning te ontvang. "Ons het dit nie verwag nie, want ons het maar net voortgegaan soos ons nog altyd gedoen het. Maar dit was 'n lekker pluimpie om formele erkenning te ontvang. Hoewel ek dink die toekenning sal ons motiveer, is dit nie die hoofdryfveer vir wat ons doen nie."

FOTO: Prof Nico Koopman (Viserektor : Sosiale Impak, Transformasie en Personeel), prof Aletta Odendaal (uitgaande voorsitter van die Departement Bedryfsielkunde), dr Michelle Visser (senior lektor, Departement Bedryfsielkunde), prof Tony Naidoo (emeritus professor, Sielkunde) Dr Leslie van Rooi (Senior Direkteur: Sosiale Impak & Transformasie) by die Sosiale Impak-toekennings. (Foto geneem deur Stefan Els)

2024-07-29T22:00:00Z 2024-07-29T22:00:00.0000000ZCorporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Sosiale Impak: SUNCOI inspireer passie vir chemie by leerders https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10673Sosiale Impak: SUNCOI inspireer passie vir chemie by leerders
In die lig van die Universiteit Stellenbosch (US) se fokus op sosiale impakbewustheid in Julie, vier hierdie reeks profiele merkwaardige individue en spanne wat ʼn betekenisvolle bydrae buite die Universiteit se mure lewer. Die onlangse eerste Sosiale Impak-toekennings het erkenning verleen aan akademiese en professionele administratiewe ondersteuningsdienstepersoneel (PASS) van die US wat positiewe verandering in uiteenlopende lewensgebiede bevorder. Dr Ebrahiem Botha en Jabu Lukhele het ʼn toekenning gewen vir hulle toewyding aan ʼn program wat hoërskoolleerders en onderwysers toegang tot praktiese chemie-laboratoriumwerk bied.Dit verg twee baie spesiale mans om nie net hulle hart en siel te stort in ʼn program wat hoërskoolleerders en onderwysers help om in chemie uit te blink nie, maar ook voortdurend daarna streef om die nalatenskap te eer van die formidabele vrou wat een van die US se vlagskip-gemeenskapsuitreikprogramme begin het.

Wanneer dr Ebrahiem Botha en Jabu Lukhele oor SUNCOI (die US se chemie-uitreikinisiatief) praat, is hulle passie om die wonders van chemie met jongmense te kan deel tasbaar. Hulle altwee beskou dr Rehana Malgas-Enus, wat in 2022 tragies gesterf het, as hulle inspirasie om tyd oor naweke en na-ure af te staan om ʼn liefde vir chemie by leerders te koester.

Lukhele, hoof- tegniese beampte van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap, sê Malgas-Enus was sy vriend, mentor en studieleier. “Dr Rehana was een van die merkwaardigste en mees gedrewe mense wat ek ooit ontmoet het. Ek het so baie by haar geleer. Toe ek in 2014 by die US aangesluit het, het sy my vertel van die chemie-uitreikidee en my gevra om met tegniese aspekte van die laboratoriumwerk te help."

'Hoe doen skole dit?'

Malgas-Enus, destyds ʼn dosent in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap, het die program in 2013 begin met die idee om gr. 12-studente van vyf minderbevoorregte skole toegang tot die laboratoriumfasiliteite by die US te gee om te voldoen aan die praktiese assesserings wat vir fisiese wetenskap nodig is.

Lukhele onthou die ontstaan van die SUNCOI-program nog baie goed. “Ek en dr Rehana het na een van die matriekvraestelle gekyk. Daar is van die studente verwag om verskillende laboratoriumtoestelle soos pipette, burette en bekers te benoem. Ons het na mekaar gekyk en gewonder hoe die leerders veronderstel is om van sulke goed te weet. Ons was altwee in skole wat nie laboratoriums gehad het nie en ons het eers met sulke toerusting begin werk toe ons universiteit toe gekom het," sê Lukhele.

Die vraag “hoe doen skole dit?" het Malgas-Enus na vakadviseurs by die Departement van Onderwys laat uitreik. Sy het nie ʼn bevredigende antwoord gekry nie en dit het haar aangevuur om ʼn oplossing te vind. “Ons het plaaslike skole gekontak om uit te vind wat hulle nodig het en ons het die Kurrikulum-en assesseringsbeleidsverklaringsdokument (KABV) vir graad 12 in die hande gekry," onthou Lukhele.

Onderwysers het gesê hulle het hulp nodig om aan KABV-riglyne te voldoen en daarom het Malgas-Enus en kollegas besluit om ʼn reeks fisiese wetenskap-eksperimente wat aan die KABV voldoen vir gr. 10 tot gr. 12 te ontwerp. Dit is goed ontvang en danksy ʼn endossement van die fisiese wetenskap-vakadviseur deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement goedgekeur.

Hulp vir leerders en onderwysers

Ofskoon die samewerking met plaaslike skole met die KABV-werkboek begin het, is ʼn ander behoefte gou geïdentifiseer. Baie onderwysers het nie die kennis om chemie-eksperimente uit te voer nie. Gevolglik het SUNCOI jaarlikse werksessies vir onderwysers van die Kaapse Wynlande begin reël om hulle hierin op te lei. Die onderwysers is ongelooflik dankbaar vir hierdie praktiese ervaring, sê Lukhele.

Die SUNCOI-span het besef dat fisiese wetenskaponderwysers steeds uitdagings in hulle eie skole sou ervaar en het ʼn kostedoeltreffende stelletjie met die minimum hoeveelheid chemiese reagense en basiese laboratoriumbenodigdhede saamgestel vir die verskillende eksperimente wat onderwysers in die klaskamer moet uitvoer.

Die inisiatief het met laboratoriumwerksessies slegs vir graad 12's begin, maar het vinnig uitgebrei namate graad 10- en graad 11-onderwysers en uiteindelik ook ander belangstelling getoon het. SUNCOI se program dek nou eksperimente van graad 4 tot graad 12, met elke eksperiment wat deur ʼn koopbare stelletjie vir klaskamergebruik ondersteun word.

Oor die afgelope tien jaar het duisende leerders en hulle onderwysers in wit laboratoriumjasse en beskermende brille die voorgeskrewe eksperimente in verskeie van die Departement Chemie se volledig toegeruste laboratoriums uitgevoer.

Inspirerende rolmodelle

Botha het in 2020 by die US begin werk en het nie geskroom om kort daarna by die SUNCOI-program aan te sluit nie. “Ek onderrig studente van die Verlengde Kurrikulumprogram (VKP). Hierdie kursus is ontwerp vir matrieks wat hulle punte moet verbeter om vir ʼn hoofstroom-graadprogram te kan inskryf," verduidelik hy.

Ná Malgas-Enus se afsterwe het Botha aangebied om die rol van koördineerder van die SUNCOI-program oor te neem. “Ek wou haar nalatenskap eer deur die werk voort te sit. Ek en Jabu maak ʼn baie goeie span uit. Ons het albei ʼn passie vir chemie en onderrig. Ons vul mekaar met ons energie aan," sê hy.

Botha se eie reis as akademikus dien as inspirasie vir studente. “Ek was een van daardie leerders wat nie goed op skool gevaar het nie," vertel hy. “Ek het deur die Universiteit van die Vrystaat ʼn oorbruggingsjaar by ʼn satellietkampus in Oudtshoorn voltooi om my matriekpunte te verbeter. Ek is toe al die pad deur universiteit en het my PhD in chemie voltooi. Ek wil ʼn inspirasie wees vir studente, veral vir diegene wat nie so goed op skool gevaar het nie, om vir hulle te wys hulle kan ook sukses behaal as hulle net hard werk."

Lukhele vertel dat Malgus-Enus ʼn soortgelyke agtergrond gehad het. Sy het in Mitchell's Plain grootgeword en haar ma, wat op 31-jarige ouderdom ʼn weduwee geword het, het in ʼn staalfabriek gewerk om haarself en haar twee dogters te onderhou. “Dr Rehana se ma het haar geïnspireer om te glo dat sy enigiets kan wees as sy vasbeslote is en hard werk. Deel van haar veldtog was om na haar gemeenskap terug te gaan en vir kinders te sê: 'Moenie na jou omstandighede kyk nie, moenie kyk na wat jy nie het nie. Ons is hier om jou te help om jou drome te verwesenlik.'

“Ek het ook in ʼn township grootgeword. Stellenbosch verskil hemelsbreed van die omstandighede gedurende my kinderjare in Johannesburg. Ek is bevoorreg en dankbaar dat mense soos dr Rehana in my geglo en my ondersteun het om ʼn loopbaan in die wetenskap te vestig. Dit inspireer my om dieselfde vir ander te doen," sê Lukhele.

Liefde vir die wetenskap

Die meeste van SUNCOI se werksessies, vir tot 100 leerders op ʼn slag, vind oor naweke plaas, maar die twee chemiekenners kla nooit oor die bykomende las nie. “Niemand dwing ons om dit te doen nie," benadruk Botha. “Ons doen dit as vrywilligers vir die liefde vir wetenskap. Gelukkig het ons ʼn baie toegewyde span van sowat 15 nagraadse studente en ondersteuningspersoneel van die chemie en polimeer-departement wat ons in die laboratorium bystaan wanneer ons die werksessies hou."

Sommige van die deelnemers aan die SUNCOI-program is so geïnspireer dat hulle aan die US gaan studeer het. Lukhele is opgewonde as hy voormalige SUNCOI-leerders as US-studente in die chemie-laboratoriums raakloop.

Die gewildheid van die SUNCOI-program het sedert sy ontstaan uitgekring. Ander universiteite het belangstelling getoon en die US gevra om hulle te help om soortgelyke programme in werking te stel. “Ons het met die Universiteit van Pretoria en die Nelson Mandela-universiteit saamgewerk," sê Lukhele.

Hulle het onlangs ook ʼn versoek om bystand van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) ontvang. “Een van ons nagraadse studente wat nou ʼn dosent by die KSUT is, wil hê ons moet help om die program daar in werking te stel. Nog ʼn student wat sy PhD aan die US voltooi het, het onlangs van die Universiteit van Johannesburg uitgereik om saam te werk," sê Lukhele met ʼn trotse glimlag.

Die SUNCOI-span is selfs deur een van die wêreld se grootste wetenskapverenigings, die Amerikaanse Chemiese Vereniging, genader om ʼn werksessie te reël.

Die wese van wat dié twee mans by SUNCOI doen, is om ʼn passie by leerders te kweek om nie uitdagende vakke prys te gee nie. “Ons moedig leerders aan om met wiskunde en wetenskapsvakke te volhard, want dit kan in die toekoms soveel deure open," sê Lukhele. “Ons departement se leuse is 'chemie is lewe'. Chemie is oral. Ons sê vir leerders wanneer jy sjokolade koop, is chemie daarby betrokke. As jy koffie of tee maak deur al daardie goed by te voeg, is jy met chemie besig. Dit is só eenvoudig en betowerend."

FOTO: Prof Nico Koopman (Viserektor : Sosiale Impak, Transformasie en Personeel), Dr Ebrahiem Botha, Jabu Lukhele en Dr Leslie van Rooi (Senior Direkteur: Sosiale Impak & Transformasie) by die Sosiale Impak-toekennings. (Foto geneem deur Stefan Els)

2024-07-23T22:00:00Z 2024-07-23T22:00:00.0000000ZCorporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Sosiale Impak: Helpende hand vir Dowe leerders kry erkenning by UShttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10670Sosiale Impak: Helpende hand vir Dowe leerders kry erkenning by US
​In die lig van die Universiteit Stellenbosch (US) se fokus op sosiale impakbewustheid in Julie, vier hierdie reeks profiele merkwaardige individue en spanne wat ʼn betekenisvolle bydrae buite die Universiteit se mure lewer. Die onlangse eerste Sosiale Impak-toekennings het erkenning verleen aan akademiese en professionele administratiewe ondersteuningsdienstepersoneel (PASS) van die US wat positiewe verandering in uiteenlopende lewensgebiede bevorder. Vanessa Reyneke en die Handlab-span het ʼn toekenning ontvang vir die grensverskuiwende opvoedkundige werk wat hulle vir die Dowe gemeenskap doen.

Stel jou voor daar was ʼn plek waar Dowe leerders en hulle onderwysers hoë-gehalte opvoedkundige materiaal in Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) kon gaan soek om hulle leerervaring te verbeter. Wel, danksy die toegewyde span wat by die US se Handlab werk, kan Dowe leerders regoor Suid-Afrika toegang tot noodsaaklike leer- en onderrigondersteuningsmateriaal (LOOM) bekom wat by hulle behoeftes aangepas is. Dit is ʼn broodnodige hulpbron in die lig van die skaarste aan SAGT- opvoedkundige materiaal voor die stigting van Handlab.

As projekkoördineerder is Vanessa Reyneke uiters trots op die erkenning wat Handlab vir hul werk ontvang het. Die span, wat uit Dowe en horende individue bestaan, werk nou saam met skole vir Dowes en hardhorendes. Die projek, wat aanvanklik tussen 2010 en 2012 ʼn loodsprojek vir die Wes-Kaapse Onderwysdepartement was, het ten doel gehad om ʼn kurrikulum te ontwikkel wat spesifiek vir Dowe leerders voorsiening gemaak het.

“Ons het met soveel passie gewerk en die Sosiale Impak-toekenning bied erkenning dat ons stryd om toegang tot onderwysmateriaal van gehalte vir die Dowe gemeenskap die moeite werd was. Dit is wonderlik om ʼn verskil in die lewe van soveel Dowe kinders in Suid-Afrika te kan maak," sê Reyneke.

Die projek is in 2017 by die Departement Algemene Taalwetenskap aan die US gevestig. Die Taalsentrum is ook deur sy SAGT-tolkportefeulje by Handlab betrokke. Handlab het gefloreer en is een van slegs twee eenhede in die land wat innoverende leer- en onderrigmateriaal vir Dowe skole skep.

Oor die jare het die Handlab-span ʼn reeks opvoedkundige materiale ontwikkel, insluitend video's, oorspronklike tekste en onderrighulpbronne en vakspesifieke terminologie, wat alles in lyn met die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) is. Handlab se invloed strek nou verder as die Wes-Kaap en bereik al 40 skole vir Dowes regoor Suid-Afrika.

Samewerking met skole is die sleutel tot hul sukses, sê Reyneke. “Ons toets eers die materiaal in ʼn klasopset en kry waardevolle terugvoer van die onderwysers. Ons deel dit ook met die Departement van Basiese Onderwys om seker te maak dit voldoen aan die nasionale standaarde. Ons materiaal het danksy hierdie samewerking aansienlik verbeter."

In ag genome die dialektiese verskille binne gebaretaal verseker die projek se aanpasbaarheid groter sukses, vertel Reyneke. “Net soos gesproke tale, het gebaretaal streeksvariasies. Ons probeer materiale skep wat al hierdie variante insluit."

Kampvegter vir Dowe mense

Die oorsprong van Reyneke se passie vir Dowe onderwys is diep persoonlik. Sy is die vierde geslag in haar familie wat Doof is en haar twee kinders is ook Doof. Sy het die uitdagings van diegene wat dikwels in opvoedkundige omgewings gemarginaliseer word, eerstehands ervaar. “Ek het ʼn skool vir Dowes bygewoon en dit was gedurende my tyd daar dat ek die beduidende leemte in taaltoegang en onderrig vir Dowe kinders besef het," vertel Reyneke. “Ek was baie bevoorreg omdat ek my moedertaal by gesinslede geleer het."

Haar reis van ʼn Dowe onderwysassistent by haar alma mater tot die projekkoördineerder van Handlab word gekenmerk deur haar vasberadenheid om te verseker dat Dowe kinders onderwys van dieselfde gehalte as hul horende maats ontvang. “Ek voel dit is belangrik om ʼn kampvegter vir my taal te wees," benadruk sy.

Reyneke verduidelik dat baie Dowe kinders uit horende gesinne kom wat nie in gebaretaal kommunikeer nie en dat dit hulle veral in die vroeë kinderontwikkelingsfase benadeel. Die meeste onderwysers in skole vir Dowes kan hoor en daar word nie van hulle verwag om enige vorm van gespesialiseerde opleiding of kwalifikasie in Dowe onderwys te hê nie. Handlab probeer hierdie gaping oorbrug deur pasgemaakte hulpbronne te verskaf en sodoende Dowe leerders se opvoedkundige ervaring te verbeter.

Die Handlab-span kry gereeld komplimente van onderwysers wat dankbaar vir die bykomende hulp is. Die praktiese SAGT-voorbeelde verhoog leerders se kreatiwiteit, begripsvaardighede en geletterdheid, soortgelyk aan die aanmoediging wat horende kinders kry wanneer hulle lees. Die materiaal open ʼn nuwe wêreld vir Dowe leerders en daar is ʼn merkbare verbetering in hul woordeskat, wat hulle in staat stel om hul gevoelens uit te druk en hul ervarings meer effektief te deel.

Die onlangse erkenning van SAGT as die twaalfde amptelike taal van Suid-Afrika is ʼn belangrike mylpaal vir die Dowe gemeenskap. Reyneke en haar span by Handlab het dié prestasie gevier, asook die voorspraak wat daartoe gelei het. “Ons het almal gejubel," onthou sy. “Dit is ʼn groot stap vooruit."

Sy sê dit is ʼn geleentheid vir die bykans 4 miljoen Dowe mense in Suid-Afrika (van wie 600 000 SAGT-gebruikers is) om behoorlike toegang tot hul menseregte te kry in ʼn taal wat hulle verstaan. Daardie reis moet in die klaskamer begin, hou Reyneke vol.

Bemagtiging van Dowes

Talle Dowe mense raak weens onvoldoende opvoedkundige ondersteuning dwarsdeur hul lewe agter. Navorsing het getoon dat net een uit elke drie Suid-Afrikaanse Dowe volwassenes funksioneel geletterd is in 'n gesproke of geskrewe taal (hul tweede taal).

In die jaar sedert SAGT se amptelike status toegeken is, het Handlab merkwaardige vordering gemaak. Meer as 100 van hul nuwe tekste is deur die Departement van Basiese Onderwys gekeur en goedgekeur. Die Handlab-span het pragtige nuwe stories en gedigte geskep en dramas begin vervaardig om by die SAGT-kurrikulum te voeg.

Reyneke se visie strek verder as kurrikulumontwikkeling – sy en haar span is daartoe verbind om ʼn gevoel van geborgenheid en doelgerigtheid by Dowe leerders te kweek. “Die drama-projek is baie opwindend. Ons het dramakampe gehad waar ons na die skole gaan en die kinders leer hoe om ʼn draaiboek te lees en ʼn toneelstuk op te voer. Ons leer hulle ook die nodige vaardighede om verskillende karakters uit te beeld en dialoog te voer. Die opnames word dan as onderrigmateriaal gebruik. Ons maak goeie vordering met die bereiking van ons doelwit om vanjaar meer as 20 nuwe SAGT-dramas te skep.

“Ons leer die kinders ook tegniese vaardighede. As hulle hulleself byvoorbeeld tuis wil opneem terwyl hulle ʼn gedig in gebaretaal opsê, wys ons hulle hoe om praktiese goed te doen soos om die opnameruimte in te rig om seker te maak hulle het die regte agtergrond en beligting. Ons help hulle om die teks in Engels of Afrikaans te lees en dit dan in gebaretaal oor te dra."

Handlab pak ook bewustheid oor geestesgesondheid aan en werk saam met vooraanstaande rolspelers soos die radio- en TV-persoonlikheid Lise Swart. “Inligting oor geestesgesondheid is dikwels ontoeganklik vir Dowe mense. Ons werk daaraan om dit te verander deur broodnodige hulpbronne in SAGT te verskaf," merk Reyneke op.

Sy is dankbaar vir die stappe wat die US al geneem het om Dowe studente meer tegemoet te kom, soos die twee tolke wat hulle in die klas ondersteun. Maar toegang tot hoër onderwys is steeds ʼn uitdaging vir talle van hulle, sê Reyneke. “Dowe studente wat by Suid-Afrikaanse universiteite aansoek doen, moet aan dieselfde akademiese kriteria as horende studente voldoen. Hierdie stelsel maak geen voorsiening vir die talle struikelblokke wat Dowe leerders moet oorkom nie en dat hulle gevolglik dikwels weens onvoldoende ondersteuning en opvoedkundige geleenthede agter die res van die studente is."

Terywl Handlab sy impak voortsit, moedig Reyneke ander aan om by die beweging vir verandering aan te sluit. En sy het ʼn spesiale boodskap vir Dowe kinders: “Moenie moed opgee nie en moet nooit hoop verloor nie. Werk hard en jy sal jou drome kan verwesenlik."

FOTO: Die Handlab-span van links na regs: Alex Nyawo​​, dr Simone Conradie, Vanessa Reyneke, Lenka Knoetze en prof Frenette Southwood. (Foto: Anesh Magan)

2024-07-22T22:00:00Z 2024-07-22T22:00:00.0000000ZCorporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Sosiale impak: YEP bemagtig jong entrepreneurs vir die toekomshttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10665Sosiale impak: YEP bemagtig jong entrepreneurs vir die toekoms
Met die Universiteit Stellenbosch (US) se fokus op bewustheid van sosiale impak in Julie, vier hierdie reeks profiele merkwaardige individue en spanne wat 'n betekenisvolle bydrae buite die Universiteit se mure lewer. Die onlangse eerste Sosiale Impak-toekennings het erkenning gegee aan akademiese en professionele administratiewe steundienste- (PASD-)personeel by die US wat positiewe verandering in uiteenlopende omgewings dryf. Adolph Neethling, 'n dosent in die Departement Ondernemingsbestuur, het saam met sy kollega Sabrina Matthee 'n Sosiale Impak-toekenning vir hulle Jong Entrepreneurskapsprogram (YEP) ontvang.

Neethling is al meer as 'n dekade op 'n missie om die volgende geslag entrepreneurs te inspireer. Deur sy leierskap van die Jong Entrepreneurskapsprogram (YEP) by die US het hoërskoolleerders uit agtergeblewe gemeenskappe in en om Stellenbosch vaardighede en selfvertroue gekry om hul idees in sakeondernemings te omskep.

YEP het as 'n samewerkingspoging tussen die US en die HU Universiteit van Toegepaste Wetenskappe Utrecht in Nederland begin, verduidelik Neethling. “'n Kollega van Nederland het my genader met die idee om 'n entrepreneurskapsprogram vir skoolkinders te begin. Ons het daarin geslaag om finansiering van die Nederlandse ambassade te bekom, wat ons in staat gestel het om die projek aan die gang te kry," sê hy. Die program het in 2018 met beskeie hulpbronne begin, maar die impak daarvan was ingrypend.

YEP se primêre doel is om hoërskoolleerders te bemagtig deur hulle entrepreneursvaardighede aan te leer en hulle aan te moedig om idees te ontwikkel wat tot voordeel van hulle gemeenskappe kan wees. Dit erken die unieke uitdagings wat leerders in agtergeblewe gebiede in die gesig staar en bied 'n pad na ekonomiese onafhanklikheid.

By die week lange YEP-werksessie wat gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie gehou word, ontwikkel leerders van Hoërskool Kayamandi, Makapula, Lückhoff, Stellenzicht en Cloetesville idees en sakeplanne vir beginnersondernemings in spanne. Die program is gewoonlik op graad 10-leerders gerig, aangesien hulle skedules buigsamer is as dié van matrikulante.

Die sowat 60 leerders word gegroepeer en met mentors – studente van die US en Nederland – gepaar. Saam dink hulle aan sake-idees en verfyn dit. Op die laaste dag lê die leerders hulle konsepte aan 'n paneel beoordelaars voor. Die wen-idees ontvang aanvangskapitaal wat deur die Nederlandse ambassade geborg word om hulle planne ʼn werklikheid te maak.

Verwerkliking van idees

Die idees waarmee die leerders vorendag kom, is innoverend en gewortel in hulle gemeenskappe se behoeftes, verduidelik Neethling. Leerders van die Hoërskool Makapula het byvoorbeeld verlede jaar 'n projek voorgestel om die tekort aan skoolbanke aan te spreek.

"Die leerders het opgemerk daar is nie genoeg skoolbanke in die skool nie, terwyl daar 'n skuur vol stukkende banke en lessenaars by die skool was," sê Neethling. “Eerder as om vir die departement van onderwys te wag om die kwessie aan te spreek, het hulle met die idee vorendag gekom om skrynwerkondersteuning te kry en self die lessenaars en banke onder leiding van die skool se opsigter wat oor skrynwerkvaardighede beskik, te herstel. Een van ons US-studente wat as tutor vir die groep optree, het daarin geslaag om 'n boor geborg te kry. Uit die groep se prysgeld kon hulle hout en ander gereedskap koop om die banke en lessenaars reg te maak."

Hoërskool Lückhoff se leerders het verlede jaar met 'n voorstel vorendag gekom vir 'n projek waarby inwoners by 'n ouetehuis betrek word om serpe en wolmusse vir leerders te help brei. In skole waar kinders in die wintertyd sukkel om warm te bly, sal die serpe en musse teen 'n afslagprys verkoop word, terwyl die gemeenskapslede wat die artikels vervaardig het, ook 'n bykomende inkomste kan genereer.

'n Groep van Hoërskool Stellenzicht het 'n projek voorgestel waar matrikulante bykomende akademiese ondersteuning kan kry deur buitemuurse onderrig met behulp van die skool se alumni. In vorige jare het wenprojekte 'n groentetuininisiatief ingesluit; 'n ontbytdiens by die skool vir ouers op pad werk toe in die oggende; 'n idee om polsbande met naamplaatjies van herwinde plastiek te maak om kinders op te spoor as hulle verdwaal; en ekovriendelike oplossings vir Suid-Afrika se beurtkragprobleme soos sonkragligte wat van herwonne glasbottels gemaak word.

Impak buite die klaskamer

Hierdie projekte bied nie net praktiese oplossings nie, maar kweek ook 'n gevoel van agentskap en selfvertroue onder die leerders, sê Neethling. "Dit was sover 'n baie opwindende reis. Dit is so lonend vir jongmense om te sien hoe hulle idees ʼn werklikheid word en dat iets goeds geskep kan word deur nuwe vaardighede aan te leer.

"Van die leerders is aanvanklik baie skaam en soms is daar 'n taalversperring. Maar namate hulle verstaan wat van hulle verwag word en watter impak hulle idees kan hê, word hulle meer selfversekerd. Teen die einde van die week is hulle borrelend en vol entoesiasme. Baie van die leerders kry vir die eerste keer die geleentheid om die Universiteitskampus te besoek en positiewe blootstelling om met studente in gesprek te tree."

Neethling beklemtoon ook die positiewe uitwerking op die studente. “Die studente se deelname aan die projek is vrywillig. Voor die werksessie begin, neem ons die plaaslike en buitelandse studente op 'n township-toer om met kleinsake-eienaars te praat en by mense te leer wat ongeag hulle omstandighede 'n bestaan maak. Hulle kry blootstelling aan werklike uitdagings, en hulle word bekendgestel aan gemeenskappe waaraan hulle dalk nie voorheen blootgestel is nie, so dit is 'n leersame ondervinding vir almal wat betrokke is."

Baie leerders kom uit agtergronde waar werkloosheid hoogty vier, en hulle sien nie die punt daarvan om te studeer nie, sê Neethling. “Onderwysers sê dikwels vir ons dat leerders nie dink dis nodig om akademies uit te blink nie, aangesien hulle weens die groot aantal werklose mense in hulle gemeenskap nie 'n toekoms vir hulleself sien nie. Hierdie projek laat hulle sien dat daar 'n alternatiewe manier is om geleenthede vir hulleself te skep."

Die impak is tasbaar. Onderwysers het al opgemerk dat hul leerders wat aan die program deelneem baie meer gemotiveerd is en 'n nuutgevonde doelgerigtheid openbaar.

Neethling se passie vir entrepreneurskapsopvoeding spruit uit sy uitgebreide ondervinding op die gebied van klein, medium en mikro-ondernemings as entrepreneur én akademikus. Hy het die eerste keer op die idee van “diensleer" afgekom toe hy 'n dosent aan die Universiteit van die Vrystaat was voordat hy in 2006 by die US aangesluit het. “Diensleer is 'n opvoedkundige benadering waar studente deur vrywilligheidswerk leer en aan nadenke-aktiwiteite deelneem om hulle begrip te verdiep. Die beginsel is dat terwyl jy gemeenskapswerk doen, jy nie voorskryf nie. Eerder as om vir mense te sê wat om te doen, vra jy hoe jy hulle kan bystaan."

Neethling is al baie jare by verskeie projekte betrokke om entrepreneurskap deur diensleer te bevorder. Hy het in 2009 'n Rektorstoekenning ontvang vir sy uitsonderlike bydrae tot gemeenskapswerk by die US.

Om 'n program soos YEP te bestuur, is nie sonder uitdagings nie. Om finansiering vir kos en vervoer vir die leerders te bekom, is 'n voortdurende stryd. Neethling vertel hoe hulle daarin geslaag het om borgskappe van plaaslike sakeondernemings soos Food Lovers Market te bekom om etes vir die leerders te verskaf. Logistieke reëlings vir vervoer, veral vir leerders van afgeleë gebiede, verg noukeurige beplanning en bykomende hulpbronne.

Ondersteuning en erkenning

Neethling het verlede jaar welkome ondersteuning gekry toe sy kollega Sabrina Matthee aan boord gekom het om hom met die bestuur van YEP te help. Matthee doseer entrepreneurskap en kleinsakebestuur aan die US en is ook passievol daaroor om 'n gevoel van trots by ontluikende entrepreneurs te kweek. Dit is opwindend om jongmense te wys dat in plaas daarvan om daarop te fokus om 'n werknemer te word, jy 'n werkgewer kan word wat werk skep en kritieke probleme in die gemeenskap aanspreek, sê Matthee.

Om met 'n Sosiale Impak-toekenning vir hulle harde werk erken te word, was 'n trotse oomblik vir albei dosente. “Dit is lekker om erkenning te kry, maar ons doen dit nie vir die toekennings nie. Ons doen dit omdat ons 'n verskil wil maak," beklemtoon Neethling. Hy waardeer die US se pogings om personeel vir sosiale-impakprojekte te beloon. “Terwyl sommige akademici net op akademiese navorsing fokus, voel diegene van ons wat baie tyd en energie aan gemeenskapswerk bestee het, ook ons word raakgesien."

Neethling sê die beste deel van die Sosiale Impak-toekenningsaand was om die wye omvang van gemeenskapsprojekte op die US-kampus gade te slaan. “Dit was fantasties om eendersdenkende kollegas te ontmoet en te sien hoeveel by die US gebeur. Ons hoop om in die toekoms saam te werk en maniere te vind om ons kundigheid en hulpbronne te deel."

FOTO: Prof Nico Koopman (Viserektor : Sosiale Impak, Transformasie en Personeel), Sabrina Matthee, Adolph Neethling en Dr Leslie van Rooi (Senior Direkteur: Sosiale Impak & Transformasie) by die Sosiale Impak-toekennings. (Foto geneem deur Stefan Els)

2024-07-18T22:00:00Z 2024-07-18T22:00:00.0000000ZCorporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Mandeladag: Ons moet Madiba se moedige reis voortsithttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10663Mandeladag: Ons moet Madiba se moedige reis voortsit
Internasionale Nelson Mandela-dag word jaarliks op 18 Julie gevier. In meningsartikels vir die media skryf proff Nico Koopman en Chris Jones dat ons Madiba kan eer deur sáám sy moedige reis om armoede, ongeregtigheid en ongelykheid uit te wis voor te sit. Klik op die skakels hier onder om die vertaalde weergawes van die artikels te lees.

Prof Nico Koopman (Cape Times)

Prof Chris Jones (News24)

2024-07-17T22:00:00Z 2024-07-17T22:00:00.0000000ZCorporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Sosiale Impak: Prof Eileen Africa bevorder kinders se beweginghttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10642Sosiale Impak: Prof Eileen Africa bevorder kinders se beweging
In die lig van die Universiteit Stellenbosch (US) se fokus op sosiale impakbewustheid in Julie, vier hierdie reeks profiele merkwaardige individue en spanne wat ʼn betekenisvolle bydrae buite die Universiteit se mure lewer. Die onlangse eerste Sosiale Impak-toekennings het erkenning gegee aan akademiese en professionele administratiewe ondersteuningsdienste-personeel (PASS) van die US wat positiewe verandering in diverse lewensfere bevorder.

Prof Eileen Africa van die Afdeling Bewegingskunde en Oefenterapie aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe was een van die wenners in die Spanleier-kategorie van die Sosiale Impak-toekennings. Sy het erkenning ontvang vir KIDSMove, ʼn inisiatief wat ten doel het om grondslagfase-kinders se groot motoriese vaardighede te verbeter. Die program fokus daarop om kinders met ʼn verskeidenheid van uitdagings holisties deur beweging te ontwikkel. Groot motoriese ontwikkeling en sportspesifieke vaardighede vorm die kernkomponente van die program.

Baie geluk met die Sosiale Impak-toekenning. Hoe het jy gevoel toe jy daarvan uitgevind het?

Ek was opreg verras toe ek die e-pos oor die toekenning sien. Ek het dit nie sien kom nie. Hierdie onverwagte erkenning maak dit nog meer spesiaal en onvergeetlik.

Kan jy ons meer vertel oor die inspirasie agter die KIDSMove-inisiatief en hoe dit tot stand gekom het?

KIDSMove is 12 jaar gelede gebore uit ʼn diep passie vir kinders se algehele ontwikkeling en ʼn sterk toewyding om ʼn positiewe impak te maak, veral in gemeenskappe met gebrekkige hulpbronne. Ons het met een skool in die Wes-Kaap begin en tot op hede het ons dit tot meer as 20 terreine uitgebrei en ʼn impak gemaak. My dryfkrag spruit uit ʼn opregte begeerte om kinders se bewegingsvaardighede te verbeter en ek het die geleentheid aangegryp om hierdie inisiatief te skep en verskeie terreine in en om Stellenbosch en Tygerberg gevestig. Ek heg waarde aan die deurslaggewende rol wat liggaamlike aktiwiteit en beweging in kinders se groei en ontwikkeling speel. Deur prettige en interaktiewe aktiwiteite met ontwikkelingsdoelwitte te integreer, het KIDSMove ten doel om kinders te ondersteun in die ontwikkeling van noodsaaklike groot motoriese vaardighede, asook in die bevordering van ʼn liefde vir beweging en van algehele welstand.

Hoe het die KIDSMove-inisiatief die lewe van die betrokke kinders beïnvloed?

KIDSMove het oor die afgelope paar jaar ʼn diepgaande positiewe impak op kinders met uiteenlopende agtergronde en vermoëns gehad. Deur hul fundamentele motoriese vaardighede te verbeter, hul selfvertroue ʼn hupstoot te gee en hul algehele welstand te verbeter, het die inisiatief ʼn beduidende verskil in hul lewe gemaak. Die ware sukses van KIDSMove lê nie in een spesifieke terrein nie, maar in die gesamentlike prestasies van al ons terreine. Elkeen bied waardevolle en unieke dienste aan kinders wat andersins nie toegang tot gestruktureerde, weldeurdagte programme het nie, om te verseker dat elke kind die geleentheid het om noodsaaklike vaardighede te ontwikkel en in ʼn ondersteunende omgewing te floreer.

Watter persoonlike waardes of ervarings lê ten grondslag van jou toewyding om die lewe van kinders te verbeter en hoe vorm hierdie waardes jou benadering tot jou projekte?

My toewyding om die lewe van kinders te verbeter is diep gewortel in my persoonlike waardes en ervarings, wat deur my grootwordjare in ʼn klein bruin gemeenskap in Worcester gevorm is. In ʼn gemeenskap waar hulpbronne dikwels beperk was, het ek die waarde van veerkragtigheid, vasberadenheid en die transformerende krag van bemagtiging geleer. My passie om kinders te bemagtig is gegrond in die fundamentele oortuiging dat elke kind billike toegang tot geleenthede verdien, ongeag hul omstandighede. Dit dryf my toewyding om programme te skep wat nie net toegang tot liggaamlike aktiwiteite en bewegingsprogramme bied nie, maar ook ʼn gevoel van behoort en van moontlikheid skep. Deur inklusiewe, gemeenskapsgesentreerde inisiatiewe streef ek daarna om ʼn generasie van veerkragtige, ingeligte individue te inspireer wat toegerus is om positiewe bydraes tot hul eie gemeenskappe en die breë samelewing te maak.

Jy het ʼn punt daarvan gemaak om jou span te bedank toe jy die Sosiale Impak-toekenning aanvaar het. Watter rol speel hulle in KIDSMove se sukses?

My span speel ʼn integrerende rol in KIDSMove se sukses. Hulle kundigheid en passie vir die ontwikkeling van kinders dryf hierdie inisiatief vorentoe. Oop kommunikasie, die aanmoediging van kreatiewe insette en die handhawing van ʼn ondersteunende omgewing is vir my baie belangrik. Gereelde spanvergaderings, gedeelde doelwitte en deurlopende professionele ontwikkeling help my span om op koers en gemotiveerd te bly. Elke spanlid se unieke vaardighede en perspektiewe en hul onvermoeide werksetiek dra tot die algehele sukses van KIDSMove by. Dit skep ʼn verenigde en dinamiese groep wat daartoe verbind is om ʼn positiewe impak te maak in die lewe van die kinders wat ons dien. Die kameraadskap in ons span is van deurslaggewende belang om ons visie in werklikheid te omskep en ek is ongelooflik trots en dankbaar vir hul harde werk en toewyding.

Kan jy ʼn paar hoogtepunte van jou reis in die akademie uitlig?

Ek is in 2007 aangestel, net nadat ek my doktorsgraad in Desember 2006 ontvang het. My reis as akademikus was ʼn warrelwind met nie baie ondersteuning nie. Daar was oomblikke toe daar regmerke in al die boksies was, maar ek tog voortdurend te kort geskiet het. Dit was moeilik en met tye redelik eensaam. My opregte passie vir my werk het my aan die gang gehou, veral wanneer dit kom by my studente en die gemeenskappe waarop hulle ʼn impak het. Ek kan nie genoeg dankie sê nie vir die ondersteuning van my akademiese mentor, prof Eugene Cloete, wat my in 2016 onder sy vlerk geneem het. Sy leiding was instrumenteel in my groei.

Ek het oor die afgelope jare ʼn paar belangrike mylpale behaal, soos om in 2022 ʼn ere-navorsingsgenoot by die Sentrum vir Sport, Oefening en Lewenswetenskappe aan die Coventry-universiteit te word. Ek was baie trots toe ek in 2023 tot medeprofessor bevorder is . Ek het onvermoeid aan hierdie doel gewerk en toe dit uiteindelik gebeur het, was dit ongelooflik lonend. Vanjaar het as ʼn merkwaardig geseënde jaar met baie verrassings ontvou. Een daarvan was my keuring vir die gesogte SUNRISE-program [die US se program vir strategiese uitnemendheid in navorsing en innovasie], die eer om ʼn Fulbright-beurs te ontvang, asook die erkenning van ʼn Sosiale Impak-toekenning, wat alles my toewyding tot uitnemendheid en samelewingsimpak bevestig. Hierdie prestasies dien as voortdurende herinnering aan hoekom ek hierdie pad gekies het en hou aan om my te inspireer om grense te verskuif.

Watter planne het jy vir die uitbreiding van KIDSMove?

Kinders is ons volgende generasie volwassenes en ons moet in hul gesondheid en welstand belê. Die plan is om in die toekoms kollegas van verskeie departemente in ons Fakulteit en die breër Universiteit te nooi om by sommige van ons terreine en inisiatiewe betrokke te raak, wat ons studente in staat sal stel om saam met hulle te werk en ʼn kollektiewe impak te maak. Hierdie samewerking sal ons toelaat om ʼn holistiese benadering tot die KIDSMove-projek te volg deur diverse kundigheid en hulpbronne te integreer. Boonop kan ons ons impak tot buite ons grense uitbrei deur met plaaslike organisasies in Namibië saam te werk, internasionale finansiering te bekom en loodsprogramme daar van stapel te stuur. Voorts wil ek graag plaaslike vrywilligers of selfs onderwysers in verskillende areas oplei om fasiliteerders te word om ons te help om KIDSMove se groei te bestuur.

Watter persoonlike belangstellings en stokperdjies buite jou beroep help jou om te ontspan en te herlaai?

As dit by ontspanning en herlaai kom, is daar niks soos die eenvoudige vreugdes wat my hart vul nie. Ek leef vir strandwandelinge tydens sonsopkoms en sonsondergang. Gesinstyd en liefkosings vir my yorkies is heilig. My man en twee pragtige dogters is my alles en ek beleef groot vrede en tevredenheid in hul teenwoordigheid. Ek is ook absoluut mal daaroor om foto's te neem – dit is my manier om aan al die betowerende oomblikke vas te hou.

FOTO: Prof Eileen Africa (middel) ontvang haar Sosiale Impaktoekennig van dr Zetu Mkize (Direkteur: Transformasie) en Renee Hector-Kannemeyer (Adjunkdirekteur: Sosiale Impak en Transformasie). (Foto deur Stefan Els geneem)

2024-07-04T22:00:00Z 2024-07-04T22:00:00.0000000ZCorporate Communications and Marketing