Kies jou taal: Engels Afrikaans

Befondsingsgeleenthede

​​​Afdeling Sosiale Impak

Die Afdeling Sosiale Impak verskaf elke fakulteit van matige saadbefondsing vir inisiatiewe wat belyn is met fakulteitsgoedgekeurde US temas. Die doel van hierdie saadbefondsing is om Sosiale impak inisiatiewe te ondersteun wat nie met behulp van normale befondsingsmeganismes gefinansier kan word nie. Dit bied begin kapitaal en is nie bedoel om normale bedryfskoste van omgewings te dek of bestaande programme te subsidieer nie. Sien die omvattende ASI befondsingskriteria hier. Die volgende befondsingsgeleentheid is Februarie 2019.

 

Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge

Die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge verskaf bystand met die befondsing van inisiatiewe wat voldoen aan sekere kriteria.

 

Oproepe vir befondsing

Van tyd tot tyd maak die Kaapse Hoëronderwys-konsortium (CHEC), die Wes-Kaapse Regering (WKR) en die Nasionale Navorsingstigting (NNS) oproepe vir befondsing vir Sosiale Impak-inisiatiewe. Hulle sal hier vertoon word wanneer hulle beskikbaar is.