Kies jou taal: Engels Afrikaans

Verbonde navorsing

​​​

Wat is verbonde navorsing?

Verbonde navorsing sluit in die verskillende maniere waarop navorsers betekenisvol met verkillende belanghebbers interaktief verkeer of saamwerk oor enige of al die stadiums van 'n navorsingsproses, vanaf formulering van die kwessie, produksie of gesamentlike skepping van nuwe kennis, tot kennisevaluering en -verspreiding. Belanghebbers sluit in mense soos die teikengemeenskappe en lede van die publiek, of groepe wat op een of ander manier verband hou met die navorsingsproses.   

Verbonde navorsing word 'n toenemend belangriker krag in die aanspreek en bystaan van gemeenskappe in die oplossing van plaaslike probleme. Akademiese navorsers gebruik verskillende terme om hierdie soort ondersoek te beskryf, insluitend verbonde navorsing, toegepaste navorsing, gemeenskapsgebaseerde navorsing, en toegepaste navorsingsvennootskappe. Ten spyte van die verskeidenheid etikette het al hierdie navorsing 'n gedeelde fokus op die toepassing van akademiese kennis op spesifieke gemeenskapsgebaseerde kwessies.  

Deur middel van verbonde navorsingsinisiatiewe, werk gemeenskappe en hoër onderwysinstellings gereeld saam om die probleem wat ondersoek moet word, te identifiseer, om die probleem deur middel van dataversameling te ondersoek, om die versamelde inligting te analiseer en te interpreteer, en om te besluit hoe om 'n ingryping te implementeer op grond van die bevindings. Individuele studies kan sommige of al hierdie stappe van gedeelde navorsing en aksie insluit.

 

Verbonde navorsing @ US

 

Die Universiteit Stellenbosch takel die uitdagings wat ons wêreld en gemeenskap in die gesig staar, op nuwe en innoverende maniere. Die verbonde navorsingsportefeulje help om die universiteit se multidissiplinêre navorsingskundigheid te koppel aan besigheid, regering, nieregeringsinstellings en die breër gemeenskap. 

Die Afdeling Sosiale Impak is betrokke by hierdie diverse groepe om met die universiteit saam te werk en die behoeftes van die samelewing te pas by universiteitsnavorsing om sodoende relevante en uitnemende navorsing te lewer en innoverende oplossings te skep wat 'n positiewe impak het op lewens, lewensbestaan, die samelewing en die omgewing.  

Die ASI werk op verskillende maniere saam met eksterne belanghebbers, op formele en informele wyses, by wyse van Memorandums van Verstandhouding (MVV's); Diensvlakooreenkomste (DVO'e); en verskeie Betrokkenheidsforums.

Die Afdeling bied kapasiteitsbou- werkswinkels en kortkursusse vir ons akademici en nagraadse studente aan wat verbonde navorsing onderneem of van plan is om dit te doen. Die afdeling bestuur ook interne en eksterne aansporings vir verbonde navorsing.

 

Verbonde navorsingsgeleenthede

Geleenthede vir samewerkende navorsing met eksterne vennote

Bestaande vennote van die Ukwanda Landelike Kliniese Skool

Trevor Manuel Laerskool

Rise

Voorbeelde van verbonde navorsingsprojekte 

Risiko-assessering van agterplaasbewoners in Klapmuts (in vennootskap met die Stellenbosch Munisipaliteit) – sien opsomming & volledige verslag        

Die opgrawingsprojek oor die geskiedenisse van Stellenbosch en Kayamandi – sien opsomming & volledige verslag

Verkeersoortredings (in vennootskap met die Stad Kaapstad) – sien opsomming & volledige verslag        

 

Om geleenthede in samewerkende navorsing te verken, kontak gerus:  

Mawethu J Nyakatya

Telefoon: 021 808 9142