Kies jou taal: Engels Afrikaans

Doelwitte en beginsels

​​​​​Doelwitte

Die doelstellings van die US se Sosiale Impak is die:

    1. Konseptualisering en teoretisering van SI in hoër onderwys.

    2. Vestiging van geïntegreerde, sistemiese SI-praktyke in fakulteite, professionele akademiese steunomgewings en studentestrukture.

    3. Versterking en uitbreiding van institusionele vennootskappe vir uitgebreide SI.

    4. Toon van aanspreeklikheid deur bewysgebaseerde evaluering van impak op die samelewing.

 

Beginsels

Daar is 'n aantal sleutelbeginsels en waardes wat die basis vorm van die US se sosiale impak-betrokkenheid

    1. Samewerking is 'n sleutelbeginsel van die US se SI, wat kollektiewe aksie waardeer om SI toe te pas.  Die afwesigheid van samewerking met belanghebbers, binne of buite die Universiteit, sal nie as SI erken word nie.  As 'n 21ste-eeuse universiteit tree die US in interaksie met alle sfere van 'n demokratiese samelewing, soos verwoord in die sogenaamde Viervoudige Heliks waarna hierbo verwys is, naamlik regering, bedryf en burgerlike samelewing.
    2. Die US aanvaar die beginsel van wederkerigheid, wat 'n impak op die universiteit sowel as die samelewing aandui op 'n wedersyds voordelige manier in al die sfere van die samelewing.
    3. Die koördinering van aktiwiteite verseker dat die Universiteit bewus is van inisiatiewe wat onderneem word en in staat is om geskikte geleenthede vir betrokkenheid en samewerking te identifiseer en op 'n optimale wyse sy betrokkenheidspoordruk oor geografiese gebiede en belangegroepe.
    4. Hierdie Plan onderskryf die etiese gedrag-bepalings van die US, wat streng nagekom moet word wanneer met belanghebbers in interaksie getree word.