Kies jou taal: Engels Afrikaans

Gebeure

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​ Nuus Gebeure

Suid-Afrikaanse Gebaretaal – Beginner Vlak 1Ahttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5236Suid-Afrikaanse Gebaretaal – Beginner Vlak 1A
Hierdie praktiese kortkursus sal jou bekendstel aan Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL). Die kursus bestaan uit interaktiewe sessies wat van aangesig tot aangesig plaasvind. Die aanbieder behandel inleidende aspekte van SASL, wat praktiese oefeninge en verduidelikings oor taalgebruik insluit. Dit sal jou in staat stel om aan basiese alledaagse gesprekke deel te neem.

Ons sal van jou verwag om vaardighede in die taal te oefen met behulp van videomateriaal wat aanlyn beskikbaar is en om in pare of klein groepies te werk waar julle mekaar kan reghelp en aanspoor. Van die sessies sal met Suid-Afrikaanse Gebaretaaltolking gefasiliteer word, en kursusmateriaal is in Engels beskikbaar.

Die kursus sal jou help om:

basiese, alledaagse SASL-woordeskat te gebruik

eenvoudige frases en sinne te gebruik om alledaagse onderwerpe en dinge wat jy dalk dadelik nodig het of wil gebruik te beskryf, en daaroor te gesels of vrae daaroor te vra

visuele insette te herken en die strekking daarvan te verstaan wanneer dit gaan om bekende woorde en basiese frases oor dinge wat jy of jou gespreksgenoot dalk nodig het of dadelik wil gebruik

van Dowe kultuur bewus te wees en te respekteer wanneer jy SASL in verskeie alledaagse sosiale kontekste gebruik.

'n Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie kan die kursus bywoon?

Indien jy meer van Suid-Afrikaanse Gebaretaal wil leer, dan is hierdie kursus vir jou.

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die kontaksessies word deur 'n aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal 'n rekenaar en betroubare webblaaier benodig wat ons aanlyn platform (SUNOnline) kan hanteer. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?

Ons hibriede kursusse kombineer kontaksessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Die kursus open voordat die eerste kontaksessie plaasvind en sluit lank ná die laaste kontaksessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die kontaksessie plaasvind.

Die 10 kontaksessies vind plaas van 14:00 tot 16:00 in die Taalsentrum se Seminaarkamer in Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch op die volgende datums:

Kontakdae
(14:00 tot 16:00)

Duur van die kursus
(openings- en sluitingsdatums)

Skryf in voor

Kursus 1:

3, 10, 17, 24 April, 8, 15, 22, 29 Mei, 5 en 12 Junie

13 Maart tot 26 Junie

13 Maart

Kursus 2:

5, 7, 12, 14, 19, 21, 26, 29 Augustus, 2 en 4 September

15 Julie tot 18 September

15 Julie

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg bestee:

een kontaksessie per week van twee uur elk

ongeveer ses uur per week vir leeswerk, of om take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R6 900​ per deelnemer wat kursusmateriaal, assesserings, kontaksessies met jou aanbieder en ligte verversings insluit.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer die minimum kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812.

Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.

2025-03-13T12:00:00Z2025-06-26T14:00:00ZSeminar Room of the Language Centre, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch
Sosiale Impak-gemeenskapsoggend: Bemagtig Studente om die SDG’s deur gemeenskapskakeling te bevorderhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5971Sosiale Impak-gemeenskapsoggend: Bemagtig Studente om die SDG’s deur gemeenskapskakeling te bevorder
Meer as 6 000 nuwe Matiestudente sal op 7 Februarie 2025 van 09:00 tot 12:00 deelneem aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Sosiale Impak-gemeenskapsoggend as deel van die amptelike Verwelkomingsweek vir nuwelinge. Die inisiatief, wat deur die Sentrum vir die Bevordering van Sosiale Impak en Transformasie (CASIT) aangebied word, bied studente 'n praktiese geleentheid om betrokke burgers te word deur hulle akademiese kennis te gebruik om tot die aktiwiteite van verskeie organisasies en gemeenskapsvennote rondom die US se Stellenbosch- en Tygerbergkampus by te dra.

Betrokke burgerskap verwys na individue se aksiegerigte, bewuste en impakryke betrokkenheid by die maatskaplike, ekonomiese en politieke sfere van die samelewing. Dit beklemtoon die belang daarvan om tot gemeenskapsgerigte inisiatiewe by te dra, en in die hoëronderwysomgewing gaan dit veral oor instellings se gesamentlike verantwoordelikheid om 'n volhoubare toekoms te help skep.

Die US se Sosiale Impak-gemeenskapsoggend stel die konsep van betrokke burgerskap aan nuwelingeerstejaars bekend en bied hulle 'n platform om wederkerige verhoudings met die plaaslike gemeenskappe rondom die Universiteit te bou. Deelname aan hierdie geleentheid sal studente help verstaan hoe om hulle vaardighede te benut om werklike, praktiese uitdagings – waaronder dié wat met die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) verband hou – die hoof te bied.

CASIT en die Afdeling Studentesake se Sentrum vir Studentelewe en -leer het met studenteleiers saamgewerk om 'n robuuste raamwerk vir betrokke burgerskap deur die hele 2025 te voorsien. Studente sal leer hoe om die leiding te neem in volhoubare inisiatiewe vir sosiale transformasie en impak wat plaaslike gemeenskappe en organisasies baat.

Gedurende die Sosiale Impak-gemeenskapsoggend sal studente op sowel Stellenbosch- as Tygerbergkampus deelneem aan 'n wye verskeidenheid aktiwiteite wat met die SDG's verband hou, soos om strande en riviere skoon te maak, skryfbehoeftes in te samel, kospakkies te maak, en opvoedkundige aktiwiteite vir jong kinders aan te bied. Ál die inisiatiewe strook met die US se verbintenis om akademiese kennis met praktiese optrede aan te vul en studente sodoende 'n transformerende ervaring te bied wat hulle in staat stel om sinvol tot die samelewing by te dra.

Die Sosiale Impak-gemeenskapsoggend sal studente toerus met 'n dieper begrip van:

die krag van gemeenskapsgedrewe oplossings vir komplekse maatskaplike kwessies;

hoe hulle individuele bydraes 'n tasbare verskil in die samelewing kan maak;

die belang van samewerking tussen studente, plaaslike organisasies en die US;

praktiese maniere waarop die SDG's in plaaslike gemeenskappe bereik kan word; en

die rol van betrokke burgerskap om 'n meer inklusiewe, volhoubare toekoms te skep.

Vir verdere inligting, kontak senior programbestuurder Michelle Pietersen by mpieters@sun.ac.za.

2025-02-07T07:00:00Z2025-02-07T10:00:00ZStellenbosch and Tygerberg Campus
Transformasie-indaba 2024https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5921Transformasie-indaba 2024

US Transformasie-indaba 2024

​Die Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel nooi u na die Transformasie-indaba van 2024. Die indaba dien as ʼn barometer vir transformerende betrokkenheid aan die Universiteit Stellenbosch (US), aangesien deelnemers ʼn wyle stilstaan en krities oor transformasiekwessies by die instelling besin.

Agtergrond
Die Institusionele Transformasiekomitee (ITK), onder die voorsitterskap van prof Nico Koopman, sal op Woensdag 23 Oktober 2024 ʼn Transformasie-indaba aanbied. Dit is ʼn jaarlikse geleentheid waartydens personeel en studente van die US krities besin oor die vordering met die mandaat van transformasie by die instelling. Die jaarlikse indaba het ten doel om interafhanklike kwantitatiewe transformasie (goed wat gemeet kan word, soos die diversifikasie van personeel, studente, en die besluitnemingstrukture van die Universiteit) en kwalitatiewe transformasie (goed wat geweeg en ervaar word, soos institusionele kulture wat diskrimineer en vervreem) te bevorder. Vanjaar se indaba is veral belangrik, aangesien dit sal plaasvind voor die goedkeuring van die institusionele transformasiebeleid en terwyl ʼn nuwe transformasieplan ontwikkel word.

Tema
Die tema van die Indaba vir 2024 is “Aanspreeklikheid Maak Saak". Daar word beoog om gesprekke te voer wat sal lei tot konkrete optrede om transformasie aan die US te verdiep en die vordering wat tot op hede gemaak is, te handhaaf.

Onderwerpe
Gesprekke en besinning sal op aanspreeklikheid gerig wees; in die besonder:

Die implikasies daarvan vir maatskaplike geregtigheid

As ʼn waarde wat deur die Universiteit Stellenbosch voorgestaan word en die            belang daarvan vir die instelling se transformasiereis

Die implikasies daarvan vir akademiese vryheid

Hoofrede
Die hoofrede sal gelewer word deur prof Saleem Badat, navorsingsprofessor in die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat (voormalige viserektor van Rhodes Universiteit).

Datum: Woensdag 23 Oktober 2023
Tyd: 08:30 tot 16:00
Plek: Protea Hotel (Technolaan, Techno Park, Stellenbosch)
RSVP: Klik hier

Navrae

Shanté Tuscany Neff

E-pos: shante@sun.ac.za

Transformasieprogramkoördineerder

Transformasiekantoor

2024-10-23T06:30:00Z2024-10-23T14:00:00ZProtea Hotel (Techno Ave, Techno Park, Stellenbosch)
Vier erfenisdaghttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5925Vier erfenisdag
US Sosiale Impak en Transformasie in samewerking met Afrikatale, Musiekdepartement, Fakulteit Teologie en US Museum wil graag 'n uitnodiging rig na die Imibhiyozo yosuku lwelifa lemveli: Ukukhuthaza inkcubeko yesixhosa, kuquka iinkcubeko ezahlukeneyo, Heritage day celebrations: Promoting Xhosa culture, cultural inclusivity and diversity within Stellenbosch University, Erfenisdagvieringe: Bevordering van Xhosa-kultuur, kulturele inklusiviteit en diversiteit binne Universiteit Stellenbosch.

Ons geëerde gaste vir die viering sluit in die Voorsitter van die AmaXhosa Koninklike Familieraad en die Voorsitter van die Tradisionele Huis van die Afrikaner Stam.

Datum:               27 September 2024

Tyd:                    12h00 – 16h00

Venue:                Fismer Konsertsaal – Konservatorium

RSVP:                 Klik hier

Alle lede van die Universiteitsgemeenskap word uitgenooi om by ons aan te sluit en die diversiteit van taal en kultuur te vier. Ons is opgewonde om ons erfenis te deel en nuwe maniere te verken om kulturele dialoog te bevorder.

2024-09-27T10:00:00Z2024-09-27T14:00:00ZFismer Concert Hall – Conservatorium
e’Bosch Erfenis Projek Jaarlikse Sosiale Impak Erfenislesinghttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5900e’Bosch Erfenis Projek Jaarlikse Sosiale Impak Erfenislesing
Gasspreker: Prof. Johan Fourie

Johan Fourie is 'n professor in ekonomie en geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika, waar hy ekonomiese geskiedenis aan gegradueerde en voorgraadse studente onderrig. Die fokus van sy navorsing is die ekonomiese geskiedenis van Suid-Afrika.

Tema:      Erfenis van Besigheid

Datum:    20 September 2024

Tyd:         18h00 - 19h30

Plek:        SU Museum, 52 Ryneveld Straat, Stellenbosch

RSVP:      https://forms.office.com/r/EX6PLRy89i

Navrae:   carol@ebosch.co.za

2024-09-20T16:00:00Z2024-09-20T17:30:00ZSU Museum. 52 Ryneveld Street
Sosiale Impak Simposiumhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5870Sosiale Impak Simposium
Die afdeling van Sosiale Impak nooi U uit na die jaarlikse Sosiale Impak Simposium.

Die tema van die simposium vir 2024 is Definieer, verstaan en implementeer sosiale impak by die Universiteit Stellenbosch.

Datum:            Vrydag, 30 Augustus 2024

Plek:                Sada Oms Hall, Goldfields Residence, 11 Hammanshand Straat, Stellenbosch​

Tyd:                 09:00 - 15:00

Registreer:     Klik Hier (Registrasies sluit 23 Augustus) of skandeer die QR-kode

Vir enige verdere navrae: karabox@sun.ac.za / 021 808 2977

2024-08-30T07:00:00Z2024-08-30T13:00:00ZSU Museum
Pushing Binaries: Exploring (Trans)womxnhood in Higher Educationhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5883Pushing Binaries: Exploring (Trans)womxnhood in Higher Education

Die Transformasiekantoor in samewerking met die Studenteraad en die Universiteit Stellenbosch Museum bied 'n Vrouedag-Imbizo-reflektiewe gesprek aan op 29 Augustus. Die onderwerp is "Pushing Binaries: Exploring (Trans)womxnhood in Higher Education". Die gasspreker is Liberty Matthyse, uitvoerende direkteur van Gender DynamiX. Gender DynamiX is die eerste geregistreerde Afrika-gebaseerde openbare weldadigheidsorganisasie wat fokus op die bevordering van regte van trans- en geslagsdiverse gemeenskappe (meer inligting: https://www.genderdynamix.org.za/). Ons sien uit daarna om Liberty te vir welkom by die Vrouedag-Imbizo.​

Datum: 29 August 2024

Tyd: 13:00 - 14:30

Plek: SU Museum

Registreer​​ hier: https://forms.office.com/r/Nn2BvTMqpg​

2024-08-29T11:00:00Z2024-08-29T12:30:00ZSU Museum
Dekolonialiteitsdialoë: Dink en doen dekolonialiteit met prof Ronelle Carolissenhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5842Dekolonialiteitsdialoë: Dink en doen dekolonialiteit met prof Ronelle Carolissen
Die kritiek teen dekolonialiteit is dikwels dat dit “te teoreties" is. Hierdie werkswinkel wil die teorie en praktyk van dekolonialiteit ophelder.  Verder wil dit deelnemers help om die sentrale waardes van dekolonialiteit vir hul eie werk te ontdek. Die werkswinkel sluit in 'n praktiese, krities-refleksiewe verkenning van dekolonialiteit deur die gebruik van visuele metodologieë. Teen die einde van die werkswinkel behoort die deelnemers in staat te wees om a) kern- teoretiese konstrukte sentraal tot dekolonialiteit te verstaan en kortliks te hersien; b) 'n duidelike(er) begrip te vorm van die waardes wat sentraal tot dekoloniale denke staan; en c) daardie waardes vir sistemiese verandering in hul eie werk te implementeer.

2024-06-20T08:00:00Z2024-06-20T10:30:00ZVan der Sterr building Room 2118 (Entrance 1), Stellenbosch Campus
Versterking van relasionele kapasiteit om oor verskille heen te werkhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5823Versterking van relasionele kapasiteit om oor verskille heen te werk
​Werk oor verskille heen is dikwels vol wantroue en probleme, as gevolg van ons diepgewortelde oortuigings en ingesteldhede. Dit kan ons vermoë om betekenisvolle en produktiewe werksverhoudings te smee, wat ʼn gevoel van werklike insluiting en tuishoort in ons werksomgewings koester, belemmer. Hierdie werksessie vorm deel van ons voortgesette reis na dieper transformasie aan die US. Deelnemers word genooi om te verken hoe beliggaamde nadenkende praktyk kan help om dieper selfbewussyn aan te kweek en relasionele kapasiteite (soos historiese bewussyn, medelye, weetgierigheid) te versterk, om werk oor verskille heen binne die US te navigeer.

​Kontak Grizelda Adams - grizeldaa@sun.ac.za om jou sitplek te verseker.

2024-05-23T08:00:00Z2024-05-23T10:30:00ZSU Museum
Sosiale Impak‑gemeenskapsoggend 2024https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/Events/DispForm.aspx?ID=5721Sosiale Impak‑gemeenskapsoggend 2024
Op 8 Februarie 2024 neem meer as 5 000 nuwe Matie-studente deel aan die jaarlikse Sosiale Impak‑gemeenskapsoggend by die Universiteit Stellenbosch (US) tydens die amptelike Verwelkomingsweekprogram vir nuwelinge. Die Afdeling vir Sosiale Impak bied aan studente 'n geleentheid om betrokke te raak by aktiwiteite wat aktiewe burgerskap aanmoedig, deur hul akademiese kennis met ander organisasies en vennote oor die hele Stellenboschgemeenskap heen te deel, ingesluit die Tygerberg‑kampus en die omliggende gebiede. Die Afdeling vir Sosiale Impak in oorleg met die Sentrum vir Studentelewe en -leer in die Afdeling Studentesake is opgewonde oor geleenthede om relevant te bly wanneer dit kom by die kritieke kwessies en uitdagings wat Suid-Afrikaanse samelewings en gemeenskappe in die gesig staar. Studente wil graag deelneem aan 'n verskeidenheid aktiwiteite gerig op betrokkenheid wat in samewerking met gemeenskapsvennote en studenteleiers beplan word. Die Sosiale Impak‑gemeenskapsoggend sluit ook goed aan by die Universiteit se visie om onder meer kennis in diens van die samelewing te bevorder, die Universiteit se missie om plaaslike gemeenskappe te verryk, en die instelling se strategiese tema om doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke in die omliggende gemeenskappe van die US te bou.

Die tema van die Gemeenskapsoggend is saamgestel om studente betrokke te maak by:

Die  Universiteit Stellenbosch se  verbintenis tot die moontlikmaking van sosiale impak

Waarom en hoe die Universiteit met die omliggende gemeenskappe  skakel

Die skep van 'n groter bewustheid oor hoe kritieke uitdagings in die werklike lewe deur die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD'e) aangepak kan word.

​“Die Afdeling vir Sosiale Impak se mandaat is om vrywilligersgeleenthede vir studente aan die US te ondersteun, te verbeter en moontlik te maak, terwyl die US se voetspoor in die omliggende gemeenskappe uitgebrei word. Die belangrikste is 'n verbintenis tot die Universiteit se Visie 2040, deur ons vir die toekoms te posisioneer en ons studente tot 21ste eeuse burgers te ontwikkel. Om 'n transformerende studente-ervaring moontlik te maak ten einde die wêreld te transformeer," sê Renee Hector‑Kannemeyer, Adjunkdirekteur: Sosiale Impak.

Klik hier om die program vir die Sosiale-impakgemeenskapsoggend te besigtig.​
2024-02-08T07:00:00Z2024-02-08T10:00:00ZStellenbosch University