Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Kantoor

​​​

Postgraduate Times newsletter Postgraduate Office banner 2022_Afrikaans.png

Bly op hoogte van die wonderlike geleenthede tot jou beskikking as 'n nagraadse student aan die US. Die Postgraduate Times bevat inligting oor geleenthede vir nagraadse vaardigheidsontwikkeling, soos werksessies wat ontwerp is om jou nagraadse loopbaan te ondersteun, en belangrike hulpbronne om jou nagraadse studiesukses te bevorder. Die nuusbrief lig nie net komende werksessies en geleenthede van die Nagraadse Vaardigheidsontwikkelingsprogram uit nie, maar sluit ook waardevolle inligting oor finansiering, inskrywings en gesamentlike grade in. Boonop bevat dit ook nuus oor die hulpbronne en geleenthede van ander US-steunafdelings.

Huidige ingeskrewe nagraadse US-studente ontvang elke maand die nuusbrief outomaties per e-pos, tensy hulle dit van die hand wys. Indien jy tans as 'n nagraadse student by die US ingeskryf is en nie ons nuusbriewe ontvang nie, gaan asseblief op My.SUN  (onder jou persoonlike inligting) na watter e-posadres jy as jou hoofadres vir korrespondensie op die US se stelsel aangedui het, en bring enige nodige regstellings aan. So nie, e-pos ons by pgskills@sun.ac.za.

Uitgawes van 2024 en vorige jare is hier te kry:


home.pngTerug na die tuisblad