Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Insentiewe vir publikasie- en kreatiewe navorsingsuitsette

​​Die Universiteit Stellenbosch beloon beide publikasie-uitsette (soos erken deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding) asook kreatiewe uitsette deur middel van finansiële aansporings.

Publikasie-uitsette
Daar word jaarliks 'n bedrag toegeken vir elke publikasie-eenheid (vaktydskrifartikels, boeke en boekhoofstukke en gepubliseerde kongresverrigtinge) wat kwalifiseer vir subsidie van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Die toekenningsbedrag word deur elke Subkomitee bepaal en in die sentrale navorsingsrekening van elke departement / instituut / buro / sentrum / eenheid / identifiseerbare groep inbetaal. Die fondse word dan beskikbaar gestel aan die persone wat bygedra het tot die publikasie-eenhede, mits hierdie uitsette ingedien en goedgekeur is tydens die jaarlikse opname van navorsingsuitsette.

Kreatiewe uitsette
Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) gee jaarliks subsidie eenhede aan elke suksesvolle kreatiewe uitset, wat ingedien is.
Kreatiewe uitsette word intern op 'n soortgelyke manier erken soos met publikasie-uitsette. Die eenheidsbedrag word deur elke Subkomitee van die navorsingskomitee bepaal en die insentief word in die sentrale navorsingsrekening van elk van die departement/sentrum/instituut/buro/eenheid of identifiseerbare groep, inbetaal. Geen aansoek is nodig vir die befondsing nie, maar die kreatiewe uitset moes tydens die jaarlikse opname vir kreatiewe uitsette ingedien en goedgekeur word deur die DHOO.
Meer inligting oor die jaarlikse opname vir die kreatiewe uitset kan hier gevind word.