Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​IKVK

​​​​​​​​​​​​​DOEL VAN DIE BELEID

Aangesien die US grootliks van buitefondse afhanklik is om mededingende onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie te onderneem, word akademici aangemoedig om buitefondse te bekom en sodoende die kernbedrywighede van die US te bevorder. Onderrig-, navorsings- en gemeenskapsinteraksieprojekte wat uit buitebronne befonds word, gaan egter met bepaalde indirekte koste gepaard. Die beweegrede vir die IKVK-beleid insake die indirekte kosteverhalingkoers (IKVK) op derdegeldstroominkomste is dus om hierdie indirekte koste te verhaal en die Universiteit sodoende as ʼn finansieel volhoubare onderneming te bestuur. 
 

AGTERGROND

Die IKVK-beleid is deur verskeie iterasies van raadpleging en aanpassing voordat dit onderskeidelik op 30 Augustus 2013 deur die Senaat en 30 September 2013 deur die US Raad goedgekeur is. Die IKVK van 17% op derdegeldstroominkomste het die12% Toeslagbeleid, wat reeds sedert 19 Januarie 2004 van toepassing was, vanaf 1 Oktober 2013 vervang.

Vir meer inligting oor Volkoste en Volkoste template, besoek die volkoste blad.​


Kontak:

Algemene navrae rakende die IKVK-beleid​​
Navrae rakende aansoek om vrystelling van die IKVK (wat slegs in hoogs uitsonderlike gevalle sal geld) :
user.png  Audrey Erasmus 
phone-call.png 021 808 9018
email.png Email Audrey​

user.png Chantal Hugo
phone-call.png 021 808 9368  
email.png Email Chantal​

user.pngIlse Griffiths
phone-call.png021 808 4539
email.png Email Ilse