​​​Gesondheidsetiek

Kragtens die Wet op Nasionale Gesondheid, moet 'n navorsingsetiekkomitee wat by die Nasionale Raad vir Gesonheidnavorsingsetiek geregistreer is, alle gesondheidsnavorsing nagaan en goedkeur. Daarom vereis alle gesondheidsverwante navorsing betreffende:​

  • enige direkte interaksie met, of waarneming van, menslike deelnemers;
  • die gebruik van potensieel identifiseerbare persoonlike gesondheidsrekords, inligting of weefselmonsters; en/of 
  • menslike progenitor- of stamselle,
goedkeuring deur ’n navorsingsetiekkomitee (NEK) van die US, VOORDAT die navorsingstudie ’n aanvang neem.

Beide GNEK'​s oorweeg die volle spektrum van gesondheidsverwante navorsing wat onder die beskerming van die Universiteit Stellenbosch gedoen word.

Gesondheidnavorsingsetiekkomitee 1 (GNEK1) vergader op die eerste Woensdag van elke maand. 
Mev Melody Shana (Sekretaris)
Kontak besonderhede​: Tel: 021 938 9657 | Epos: melodys@sun.​ac.za
Gesondheidnavorsingsetiekkomitee 2 (GNEK2) vergader op die derde Woensdag van elke maand.
MevBrightness Nxumalo (Sekretaris)
Kontak besonderhede​:​ Tel: 021 938 9207 | E-mail: brightness@sun.ac.za​


Volg hierdie skakel vir die Gesondheidsnavorsingsetiek webblad.​