Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wetenskaplike navorsingsprojekte wat ondersteuning geniet van publieke instansies, filantropiese organisasies en ander nie-winsgewende organisasies (o.a. NIH, USAID, EU, Welcome Trust, ens.), word hoofsaaklik onder ‘n navorsingsverwante toekenningsooreenkoms aan die Universiteit geformaliseer. Die befondser sal normaalweg geen IE-eienaarskap eis nie (maar mag vereis dat die resultate beskikbaar gestel word in die  belang van die publiek) en het ‘n standaard kontrak wat gebruik word om sekere bepalings en voorwaardes ​neer te lê. Kenmerkend van hierdie kontrakte is die streng finansiële nakomings- en ouditvereistes.