Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hierdie ooreenkoms bestaan normaalweg uit ‘n paar universiteite of instellings met een befondser wat die konsortium befonds onder ‘n toekenningooreenkoms. Die konsortiumleier is verantwoordelik om die nodige reëlings te tref om die kontrak namens die konsortiumlede te finaliseer . Die bepalings van die konsortiumooreenkoms is onderhewig aan die bepalings van die hooftoekenning​ooreenkoms. Al die konsortiumlede (medewerkers, navorsers en regsverteenwoordigers) moet ooreenkom op die bepalings en voorwaardes van die konsortiumooreenkoms.