Waar twee (of meer) partye bydra tot ‘n navorsingsprojek deur hul wetenskaplike deelname of ander bydraes (deur bv. hul agtergrond IE beskikbaar te stel), word ‘n samewerkingsooreenkoms opgestel. Samewerkingsooreenkomste maak daarvoor voorsiening dat IE gedeel word tussen die partye soos nodig, asook vir gesamentlike publikasies en kommersialisering waar van toepassing.