Biochemistry
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Storbeck Groep

​​​​​​​​​​GROEPLEIER:  Prof.​ Karl Storbeck

Posisie: Medeprofessor

Kantoor:              A116 JC Smuts Building

Foon:                  +27-(0)21-808-5862

Faks:                   +27-(0)21-808-5863

E-pos:                 storbeck@sun.ac.za

​Opvoedkundige agtergrond

PhD, Universiteit van Stellenbosch, Biochemie, 2008

​​​Navorsing Klem

Kastrasie bestande-prostaatkanker, Steroïedhormone, Adrenale androgene, sitochroom P450, Sitochroom b5

​​​Navorsing Opsomming

In alle soogdiere speel steroïedhormone 'n belangrike rol in die regulering van metabolisme, inflammasie, immuunfunksie, ioonbalans, streshantering en voortplanting. Alhoewel hierdie hormone noodsaaklik is vir normale fisiologiese funksie, het hulle ook 'n groot bydra tot die ontstaan van 'n aantal siektetoestande, soos hormoon-afhanklik kanker. Ons navorsing fokus is op die produksie van steroïedhormone, die metabolisme van hierdie hormone en die rol van die hormone in gesondheid en siektetoestande.

​​Navorsingsprojekte

​​Die rol van 11β-hidroksiandrosteendione (11OHA4) in kastrasie-bestande prostaatkanker (CRPC)

Androgene (manlike geslagshormone) is noodsaaklik vir die ontwikkeling en differensiasie van die gesonde prostaat. Bykans alle prostaat kankers is afhanklik van sirkulerende androgene. Die primêre androgeen in gesonde mans is testosteroon wat deur die testes geproduseer word. In teikenweefsel, soos die prostaat, word testosteroon omgeskakel na dihidroksitestosteroon (DHT), deur die ensiem steroïd 5α-reduktase (SRD5A). Die huidige behandeling van androgen-afhanklik prostaatkanker maak gebruik van androgen-ontrekking terapie deur óf chirurgiese of chemiese kastrasie. Alhoewel androgen-ontrekking aanvanklik 'n dramatiese reaksie toon, is die verbetering in die meeste gevalle verbygaande en die kanker vorder tot kastrasie-bestande prostaatkanker (CRPC). CRPC selle is in staat om die C19 adrenale steroïede DHEA(S), en androsteendioon (A4) tot DHT te metaboliseer. Ons groep het getoon dat die adrenale steroïed 11β-hidroksiandrosteendione (11OHA4), wat voorheen geen bekende funksie gehad het, gemetaboliseer word na nuwe androgene (11OHDHT en 11KDHT) in prostaatkankerselle. Hierdie androgeen is dus 'n rolspeler in CRPC. Ons is tans besig om die rol van die 11OHA4 padweg in CRPC te ondersoek.

​​Die identifisering van nuwe biomerkers vir prostaatkanker

Prostaatkanker is die tweede mees algemene kanker in die wêreld. Prostaat-spesifieke antigeen (PSA) is tans die enigste biologiese merker (biomerker) wat gereeld gebruik om te toets vir die kanker. Verhoogde PSA-vlakke is egter nie uniek aan prostaatkanker nie en kom ook voor as gevolg van 'n aantal nie-kwaadaardige toestande, insluitend prostatitis en nie-kwaadaardige prostaat hiperplasie. Met die gevolg dat net sowat 30 persent van die mense wat 'n prostaatbiopsie ondergaan, as opvolg op 'n verhoogde PSA vlak, gediagnoseer is met prostaatkanker. Die gebruik van PSA as 'n roetine-toets vir prostaatkanker is dus bevraagteken. Ons is tans in besig om massaspektrometrie-gebaseerde proteomiese tegnologie te gebruik om die uitgeskeide proteïene van 'n sel (secretomes) van 'n aantal van die verskillende prostaat sel modelle te ondersoek met die doel om potensiële biomerkers van prostaatkanker en die kastrasie bestande toestand te identifiseer.

​​Sitochroom b5

Sitochroom b5 is 'n klein membraan-gebonde hemoproteïne wat verband hou met sitochroom P450 funksie. Gedurende steroïedogenese stimuleer sitochroom b5 selektief en allosteries die 17,20-liase aktiwiteit van sitochroom P450 17α-hidroksilase / 17,20-liase (CYP17A1) sonder om die hidroksilase aktiwiteit, wat deur dieselfde ensiem gekataliseer word, te beinvloed. Ons het ook onlangs getoon dat sitochroom b5 allosteries die aktiwiteit van 3β-hidroksisteroïed dehidrogenase (3βHSD) kan stimuleer deur die verhoging van die ensiem-affiniteit vir die kofaktor NAD+. CYP17A1 en 3βHSD kompeteer vir dieselfde steroïede gedurende steroïedogenese en die invloed van sitochroom b5 kan dus die uitset van die steroïedogenese pad verander. Ons het gewys dat sitochroom b5 homomeriese komplekse in vivo vorm en dat hierdie komplekse onaktief kan wees, terwyl monomeriese sitochroom b5 aktief is. Ons ondersoek dus die rol van homomeriese kompleks-vorming deur sitochroom b5 as 'n meganisme om steroïedogenese te reguleer.

​Tegni​eke

'n Wye verskeidenheid van tegnieke word gebruik om die steroïedhormone en die ensieme verantwoordelik vir hul metabolisme te bestudeer. Dit sluit in molekulêre biologie, weefselkultuur, proteïenuitdrukking en suiwering, ensiembepalings en ultraverigting vloeistof chromatographie gekoppelde massaspektometrie (UPLC-MS / MS).


Vir 'n lys van publikasies sien asseblief: https://www.researchgate.net/profile/Karl-Heinz_Storbeck/