Departement Biochemie
Wat is Biochemie?
Ons navorsing vind plaas binne die interaktiewe veld waar chemie en biologie oorvleuel, en strek vanaf molekulêre strukture via makro-molekulêre aktiwiteite tot by biologiese funksies.
In
ons departement sal u toegepaste studies soos die behandeling van
afvalwater, aartappel virus verspreiding, kontraseptiese middels, die
ontdekking van nuwe geneesmiddels, malaria asook fundamentele werk soos
Sisteem Biologie en P450 funksie vind. Volg enige van die skakels om
meer oor ons navorsing, voorgraadse en nagraadse kursusse, personeel en
ander departementele aangeleenthede uit te vind.

|
2022 Beste 2e-jaar studente: Jana de Jongh & Maria Elizabeth Lictenburg
2022 Beste 3e-jaar student: Madelein Dippenaar
2022 Beste Honneurs student: Marko Kersten (prys geborg deur Incubate.bio) |
