Nuclear Medicine
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​Kerngeneeskunde Afdeling​​

 

Die Kerngeneeskunde afdeling van die Universiteit Stellenbosch (US) en Tygerberg Hospitaal is een van die grootste en besigste in die land. Die afdeling is trots op ‘n groep toegewyde professionele medewerkers, moderne toerusting, aktuele navorsing en waardevolle samewerking met internasionale kenners. Die eenheid bied beide PET/RT en EFERT/RT diagnostiese beelding, asook ‘n radionuklied terapieprogram. Daar is ook noue samewerking met dieSentrale Analitiese Fasiliteit van die US se navorsingseenheid, die NuMeRI Node vir Infeksiebeelding.

Kundigheidsareas sluit die volgende in:

  • Algemene kerngeneeskunde
  • Onkologiese hibriedbeelding (EFERT/RT, PET/RT)
  • Miokardiale perfusie en hiberneringbeelding
  • Renale kerngeneeskunde
  • Funksionele breinbeelding
  • Infeksiebeelding
  • Beelding en terapie van hipertiroïedisme, prostaatkanker en neuroendokriene tumore

Die Kerngeneeskunde-afdeling is verbind tot ‘n kwaliteit kliniese diens.