Medical Physiology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Geneeskundige Fisiologie

​​​​​​​​​Fisiologie 278 - Kursusbeskrywing

Die Fisiologie (AGB) 278 module is 'n dienskursus vir BSc Fisioterapie, B Arbeidsterapie, en BSc Dieetkunde studente in hul tweede jaar. Die module dek al die fisiologiese sisteme in voldoende diepte om studente in staat te stel om: die liggaam se diverse funksies te begryp, die fisiologiese literatuur (handboeke ens.) sinvol te kan lees, en verstaan, en addisionele toegepaste fisiologiese inligting te begryp en in konteks te plaas.

 

Fisiologie 271 - Kernbeginsels van Menslike Fisiologie 

Die Kernbeginsels van Menslike Fisiologie module is 'n diens kursus vir B in Verpleeg- en Verloskunde studente in die tweede studie jaar, en word aangebied deur die Afdeling Geneeskundige Fisiologie. Die module dek al die fisiologiese sisteme in voldoende diepte om studente in staat te stel om die liggaam se diverse funksies te begryp, die fisiologiese literatuur (handboeke ens.) sinvol te kan lees, en verstaan en om addisionele toegepaste fisiologiese inligting te begryp en in konteks te kan plaas.​