Doktor in die Wysbegeerte (Ingenieurswese): PhD (Ing) 

Toelatingsvereistes – PhD: 

Studente wat een van die volgende kwalifikasies het, kan toegelaat word tot die PhD-program: 

1. MIng Gestruktureerd 

2. MIng Navorsing 

* Voornemende studente wat nie ʼn navorsingsgebaseerde Meestersgraad (d.i. waar die hoof navorsingsprojek minder as 50 % van die totale Meestersprogram getel het) het nie, moet hulle vermoë om navorsing te doen kan bewys alvorens hulle vir toelating oorweeg sal word. 

Om toelating tot die PhD-program te verkry, lees Nagraadse Studiegeleenthede "Hoe om aansoek te doen", normaalweg moet die student aan die toelatingsvereistes te voldoen, en tesame daarmee die volgende hê:

• ʼn navorsingsonderwerp (breedweg gedefinieer) 

• ʼn promotor 

• voorlopige reëlings rakende fasiliteite soos nodig vir die navorsing. 

Let op die vereistes om na die eerste (1ste) jaar van studie aan te gaan, hieronder gegee word: 

Studente moet ook die Algemene reëls rakende die relevante program lees soos uiteengesit in Deel I en II van die Jaarboek van dieUniversiteit van Stellenbosch.

Voortsetting na die eerste (1ste) jaar van registrasie: 

Elke PhD kandidaat moet, tipies binne ses (6) tot nege (9) maande na eerste (1ste) registrasie, en in ag genome die onderstaande keerdatums, ʼn geskrewe navorsingsvoorstel inhandig. Die navorsingsvoorstel (tipies 20-30 bladsye) moet die volgende bevat: 

• ʼn Omvattende uiteensetting van die literatuur relevant tot die PhD studie, sowel as ʼn samestelling en evaluering van die belangrikste temas in die literatuur gevind. 

• ʼn Duidelike uiteensetting van die studie se doelwitte, met spesifieke verwysing na hoe dit aanpas by voorheen gepubliseerde werk, en ook wat die verwagte oorspronklike bydrae van die studie gaan wees. 

• ʼn Breedvoerige tydsraamwerk vir die studie, tipies in terme van vier (4) tot tien (10) aktiwiteite en ʼn kort beskrywing van elke aktiwiteit se hooffokus. 

• ʼn Duidelike uiteensetting van die infrastruktuur (ingesluit sagteware, toerusting, laboratoria, operasionele koste, ens.) wat benodig gaan word om die studie te voltooi, asook reëlings wat getref is om te verseker dat die infrastruktuur beskikbaar is. 

Tipies twee (2) tot vier (4) weke na die kandidaat sy / haar navorsingsvoorstel ingedien het, sal sy / haar geskiktheid om aan te gaan met die PhD-studie geassesseer word deur ʼn kandidatuurpaneel, gebaseer op die volgende: 

• Die ingediende navorsingsvoorstel. 

• ʼn Aanbieding (ongeveer 15-20 minute) deur die kandidaat oor die navorsingsvoorstel, sowel as antwoorde van die kandidaat op vrae gestel deur die paneel oor die voorstel en die beplande navorsing. 

• Die kandidaat se antwoorde op die vrae vanaf die paneel om die kandidaat se tegniese kundigheid in die kennis-area relevant tot die navorsingsonderwerp te assesseer. 

Die paneel maak ʼn aanbeveling aan die Fakulteitsraad oor of die kandidaat mag aangaan met PhD studies al dan nie. ʼn PhD kandidaat mag slegs na sy / haar 1ste jaar van registrasie aangaan indien die Fakulteitsraad sy/haar voorsetting binne twaalf (12) maande van eerste registrasie in die PhD-program goedgekeur het. Uitstel op hierdie keerdatum sal slegs verleen word in buitengewone omstandighede en is onderworpe aan die goedkeuring van die kandidaat se tuisdepartement en die Fakulteitsraad.

ʼn Bestuursopsomming is verpligtend – verwys asb. na die M en PhD studiegids onder “Algemene inligting” vir besonderhede.


Omvang – PhD:


Vir ʼn PhD in Ingenieurswese moet ʼn student normaalweg ʼn doktorale verhandeling/proefskrif (van 3 600 uur) indien en dit suksesvol verdedig tydens ʼn mondelinge eksamen. Studie vir ʼn PhD-graad neem gewoonlik ten minste drie (3) jaar op ʼn voltydse basis. Die maksimum toegelate tyd vir PhD-program is vier (4) jaar vir voltydse studie en sewe (7) jaar vir deeltydse studie.

Tesame met die proefskrif, moet die student ook ten minste twee (2) navorsingsartikels, gebaseer op hulle navorsing, skryf waarvan een (1) reeds gepubliseer moet wees in ʼn internasionaal erkende vaktydskrif, en die ander een (1) reeds aanvaar moet wees vir publikasie in ʼn internasionaal erkende vaktydskrif. 

Deeltydse studente moet van kampus af toegang hê tot die internet en e-pos. Alle studente moet klasse, toetse en eksamens op kampus bywoon.

Vir meer inligting relevant vir internasionale studente, besoek asb. die webwerf van ons Internasionale Kantoor.