Mechanical & Mechatronic Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meganiese Ingenieurswese

​​​​Meganiese Ingenieurswese word gekenmerk deur die rigting se betrokkenheid by strukture, beweging en die oordrag van energie. Meganiese ingenieurs is verantwoordelik vir die ontwerp, ontwikkeling, vervaardiging en bemarking van, bv. masjiene en masjien-onderdele, voertuie, vliegtuie, vaartuie, missiele, verkoelingstelsels, koeltorings en enjins. Hulle organiseer en bestuur ook industrie-installasies en aanlegte en speel dus ʼn waardevolle rol in byna alle ingenieursprojekte om sodoende te verseker dat hulpbronne effektief gebruik word.

Termodinamika, vloeimeganika, struktuurmeganika en meganiese ontwerp is die belangrikste vakgebiede in die rigting. Opleiding het dus baie fasette en lei tot belangrike en professionele loopbane in bv. lugreëling en verkoeling, kragopwekkingstelsels, energiebestuur, vervoeringenieurswese, lugvaartkunde, vibrasie en geraas en biomediese ingenieurswese.

Op nagraadse vlak kan meganiese ingenieurs spesialiseer in verskeie rigtings. Besoek gerus ons webblaaie oor Nagraadse Studie en Navorsing vir meer inligting oor die beskikbare opsies.


Brosjure met inligting


Wat gaan jy leer?


In die eerste (1ste) jaar van die BIng-graad word ʼn fondasie gelê in wiskunde, natuurwetenskap en ingenieurstekeninge. In die tweede (2de) jaar verskuif die klem na wiskunde en die ingenieurswetenskappe. Behalwe vir verdere studie in ingenieurswetenskappe en komplimentêre studie, bv. projekbestuur, skuif die fokus duidelik na ingenieursprobleme en ontwerp in die derde (3de) en vierde (4de) jaar van studie.

Besoek asb. die Fakulteit Ingenieurswese se webwerf vir ʼn aflaaibare weergawe van ons jaarboek. Die jaarboek bevat meer inligting rakende voorgraadse studie, soos bv. die kurrikulum van elke jaar, asook modulebeskrywings.


Loopbane in meganiese ingenieurswese


Daar is verskeie loopbaanopsies – van ontwerp, vervaardiging, ontwikkeling, verkope, navorsingsbestuur of instandhouding, in verskeie industrieë, bv:

  • Lugvaartindustrie
  • Outomobiel-industrie
  • Biomediese ingenieurswese
  • Besigheid en bestuur
  • Konstruksie
  • Produkontwikkeling
  • Opvoeding
  • Energievoorsiening en alternatiewe vorms
  • Vervaardiging en outomatisasie
  • Mariene ingenieurswese
  • Mynbou
  • Navorsing en ontwikkeling
  • Vervoer

     

​​