Kies jou taal: Engels Afrikaans

Tipes Sosiale Impak

​​​Afrikaanse grafiek sal volg.

​​​​

Verbonde leer en onderrig verwys na ’n vorm van onderrig en leer wat van ’n kurrikulêre of kokurrikulêre aard mag wees, vir akademiese krediet assesseerbaar is en gestruktureerde refleksie deur leerders en opvoeders insluit.  Dit is veranker in wederkerige voordeel vir alle betrokkenes en omvat alle pedagogiese praktyke wat ervaringstipe leer verkies waar kennis sosiaal aangeleer word en aktiwiteitsgebaseer is.  Dit is gerig op die fasilitering van studenteoorgang van die universiteit na die werkplek, word geassosieer met samewerkende onderrigpraktyk waar professionele persone in die praktyk mentors en mede-opvoeders van studente word en geleenthede vir samewerkende navorsing verskaf wat op onderrigpraktyk fokus.  Studente word gementor tot ’n nuwe geslag verbonde kritiese burgers en aktiveerders van sosiale verandering.

Verbonde navorsing is navorsing wat inklusiewe deelnemende en samewerkende metodologië, soos deelnemende aksienavorsing, gebruik; sowel as navorsing wat prominente temas van die volhoubare ontwikkelingsdoelstellings en die Nasionale Ontwikkelingsplan hanteer, soos sosiale kohesie en nasiebou, menslike ontwikkeling, armoede en ongelykheid, transformasie, sosiale geregtigheid, staatsvermoë, opvoedkundige uitkomste, werkgeleenthede en lewensbestaan, innovasie, sport en gesonde lewenstyle, gesondheidsorg en volhoubaarheid.  Verbonde navorsing bevorder wetenskap met die samelewing eerder as wetenskap vir die samelewing.  Die US erken dat die generering van kennis ter wille van kennis belangrik is en indirekte SI mag hê, maar SI deur navorsing word die beste bereik deur verbonde navorsing.

Verbonde burgerskap, bv. studentevrywilligersdiens as 'n gestruktureerde, kokurrikulêre leerondervinding; personeel- en alumni-vrywilligersdiens as voorbeelde van verantwoordelike aktiewe burgerskap; en openbare diens wat deur US-personeel verskaf word, gebaseer op hulle kundigheidsterreine, wat die kapasiteit van samelewingsorganisasies en -instellings verhoog.

Verskeie SI- spesiale programme in fakulteite en in die breër universiteitsopset bevorder die SI van die Universiteit.  Benewens fakulteitsinisiatiewe is Maties Sport, INNOVUS, die Museum en Woordfees met hulle meegaande entiteite, naamlik Woorde open Wêrelde, die BUYA-projek en die Universiteitskoor ander voorbeelde van universiteitswye ondernemings.

Samelewingsinteraksie en die bou en diensbetoon aan vennootskappe met eksterne sosiale vennote met wie die US op 'n wedersyds volledige wyse skakel, is 'n verdere komponent van SI.  Samelewingsinteraksie is 'n noodsaaklikheid vir verbonde akademieskap.  Deur middel van vennootskappe is toegang tot universiteitsfasiliteite en ontwikkelingsgeleenthede nuwe aanbiedings.  Die Universiteit is betrokke by onder-na-bo burgerlike samelewing-gebaseerde projekte wat bemiddeling en solidariteit bou in sosiale groeperinge in sy nabye omgewing.  Dit verkry verandering deur op die bou van sosiale kapitaal te fokus, wat hierdie groepe in staat sal stel om verantwoordelikheid vir hul eie ontwikkeling te aanvaar.  Die Universiteit tree in vennootskap met die regering en besigheid deur innoverende praktykkennis wat ekonomiese ontwikkeling en infrastruktuur-ontwikkeling volhoubaar ondersteun.