Kies jou taal: Engels Afrikaans

Vennootskappe

​Hoekom werk ons saam met vennote?

Die universiteit het onderlinge verbintenisse met eksterne vennote in terme van verbonde akademieskap (verbonde navorsing en verbonde leer en onderrig), wat wedersyds voordelige vennootskappe tussen akademici en die publiek of die universiteit en maatskaplike vennote behels wat fokus op uitdagings wat in die Suid-Afrikaanse gemeenskap asook op die res van die vasteland ervaar word, soos uiteengesit in, onder andere, die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte.

Vennote vir sosiale impak: 'n 21ste-eeuse universiteit het hoofsaaklik onderlinge verbintenisse met drie groeperinge, naamlik die regering, besigheid en die burgerlike samelewing. (Viervoudige heliks = Universiteit + Regering + Burgerlike Samelewing + Nywerheid)1 Cooper, 2011:355). Dit impliseer 'n breër interaksie met die samelewing, insluitend gemeenskappe. 

“Hoe die universiteit met eksterne vennote onderlinge verbintenisse opbou in terme van verbonde akademieskap is hoofsaaklik afhanklik van die konteks, nie van enige neiging dat die burgerlike samelewing, nywerheid of regering 'n besonderse behoefte aan betrokkenheid het nie."2 Hierdie konteks versterk die idee van wederkerigheid, gelykheid en samewerking. SI op die US fokus op die uitdagings wat gemeenskappe in Suid-Afrika en op die res van die vasteland in die gesig staar, soos onder andere in die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte uiteengesit word.  

Hoe die US met die verskillende vennote werk:

Burgerlike Samelewing

  • Ooreenkomste met organisasies van die burgerlike samelewing.
  • Bemiddel navorsingsgeleenthede vir personeel en studente.
  • Verseker etiese en betekenisvolle betrokkenheid wat alle betrokkenes bemagtig.
  • Fasiliteer 'n kultuur van vrywilligerdiens.
  • Respekteer die wysheid en kennis wat in die sosiale groep bestaan.
  • Skep gesamentlik kennis wat 'n verskeidenheid perspektiewe verteenwoordig en wat inklusief is.
  • Verbonde as gelykes met lede van die sosiale groep, nie kundiges nie.

 

Regering

  • Werk saam met regering vir beleid en praktyk
  • MVV's tussen die CHEC en die Provinsie
  • MVV's tussen die CHEC en die Stad Kaapstad
  • MVV's met munisipaliteite (Stellenbosch, Drakenstein, Saldanha en Hessekwa)
      

Besigheid

  • Werk saam met besigheid vir verantwoordelike Korporatiewe Maatskaplike Belegging (KMB)
  • Skep platforms vir betrokkenheid van besigheid en die gemeenskap
  • Befondsing van gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte

 

Geleenthede vir samewerkende navorsing met eksterne vennote

Bestaande vennote van die Ukwanda Landelike Kliniese Skool

Laerskool Trevor Manuel

Rise


Vir verdere inligting, kontak asseblief vir Mawethu Nyakatya (munisipaliteite) of Renee Hector-Kannemeyer (organisasies van die burgerlike samelewing)
 

1 Cooper, D. (2011) The university in development: Case studies of use-oriented research. Kaapstad, HSRC Press.

2 Cooper, D. (2011) The University in Development, p. 355