Support Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​Studenteondersteunings​dienste​

Persone​​​el

Khairoonisa Foflonker

Bestuurder: Studentesake

Me Khairoonisa Foflonker

Die Kantoor van die Bestuurder: Studentesake is ʼn sentrale verwysingspunt vir ʼn verskeidenheid steundienste op die Tygerberg-kampus. Die Kantoor se funksie is hoofsaaklik om strategiese koers aan te gee en om die verskeie steun- en ontwikkelingsfunksies wat met studentesake verband hou (­soos koshuis- en gemeenskapsondersteuning, psigososiale ondersteuning en studenteontwikkeling) te koördineer. 
 
Me Khairoonisa Foflonker is die Bestuurder: Studentesake op die Tygerberg-kampus. Haar kantoor is ʼn veilige ruimte waar studente hulle bekommernisse oor hulleself, medestudente of personeel kan uitspreek wanneer die aard van die kwessie persoonlik gevoelig is, hulle diskriminasie of teistering vrees, of hulle die aandag wil vestig op ʼn dimensie van die ondersteuningstelsel wat nie doeltreffend funksioneer nie. Die Kantoor betrek studente by probleemoplossing op ʼn manier wat hulle bemagtig, en met die oog daarop om institusionele strukture en prosesse te verbeter.
​ ​
Kofi-Anan Mkumla

Administratiewe Beampte: Studentesake

Me Kofi-Anan Mkumla

Die Administratiewe Beampte se primêre rol is om die kantoor van die Bestuurder: Studentesake op die Tygerbergkampus te ondersteun.​

​​