Support Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​Studenteondersteunings​dienste​

​​​​​​Sentrum vir Studentevoorligting e​​n- Ontwikkeling - Tygerberg

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling bied gratis en vertroulike steundienste aan studente op die Tygerberg-kampus. ​

Ligging van die nuwe Tygerberg-kantore van die SSVO:
As jy voor die hoofingang van die Opvoedkundegebou staan, stap links om na die sy-ingang vir gestremdes. Die SSVO-kantore (no 0073) is aan die regterkant voor jy die glasdeure vir gestremdes kry.​


Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPO)

Sielkundiges help hulle kliënte om sielkundige, emosionele en verhoudingsprobleme te hanteer, en fasiliteer ook persoonlike ontwikkeling. Twee voltydse kliniese sielkundiges, ʼn deeltydse voorligtingsielkundige en ʼn maatskaplike werker beman die Tygerberg-kampus. Ons dienste word gereeld gebruik en daar is dikwels ʼn waglys vir individuele psigoterapie. Konsultant sielkundiges word ingekontrakteer om bykomende diens te lewer, ten einde die waglys te bestuur.

Studente kan die SSVO by (021) 927 7020 skakel, ʼn e-pos aan supportus@sun.ac.za stuur, of by die ontvangs aanmeld om ʼn afspraak met ʼn sielkundige te maak.

Individuele psigoterapie

Die terapie kan op kwessies soos depressie, angs, verhoudingsprobleme, trauma of rouberading fokus. Die SSVO bied korttermynterapie. As studente van akademiese verantwoordelikhede verskoon moet word om van die diens gebruik te maak, kan reëlings daarvoor met die fakulteit getref word.

Groepsingrypings

Groepsingrypings word gefasiliteer, waaronder Breathing Space (ontspanningsoefeninge), Connect (groepsterapie), depressie en angs (vaardigheidsgroep), en ontlontings- en welwees-oordenkingsgroepsessies. Stuur navrae oor groepsingrypings aan ​ supportus@sun.ac.za.  

ER24-nooddiens

ER24 bied ʼn gratis na-ure nooddiens vir emosionele of mediese noodgevalle aan alle geregistreerde studente aan die Universiteit Stellenbosch. Studente wat ná ure (tussen 16:00 en 08:00) ʼn emosionele krisis beleef, kan 010 205 3032 skakel, hulle as studente aan die Universiteit Stellenbosch identifiseer, en ʼn traumaberader versoek. Telefoniese berading en ook berading in persoon is tot die beskikking van studente op die Tygerberg-kampus. Studente wat mediese hulp benodig, sal gratis op die toneel gestabiliseer word. As hulle na ʼn hospitaal vervoer moet word, sal ʼn fooi gehef word, waarvoor die student verantwoordelik sal wees.

Studente wat voel dat hulle ʼn krisis beleef, kan tydens kantoorure ʼn dringende afspraak by die ontvangs versoek. Hulle sal daarna deur ʼn sielkundige of raadgewer gekeur word, om vas te stel watter soort bystand benodig word.​

Voedselsekerheidsteun aan Studente

Voedselonsekerheid is ʼn probleem wat steeds ʼn werklikheid bly vir studente aan alle Suid-Afrikaanse universiteite, veral gedurende die Covid-19-pandemie. Om die kwessie van voedselonsekerheid aan die Universiteit Stellenbosch te hanteer, bestuur die maatskaplike werkers van die SSVO die voedselsekerheidsprogram. 

Wie kwalifiseer vir voedselsekerheidsteun?

  • Studente wat nie finansiering ontvang nie
  • Studente wat gedeeltelike finansiering ontvang en wie se finansiering geen voorsiening vir voedsel maak nie​​

Die proses vir aansoek doen om en ontvangs van voedselsekerheidsteun:

  • Stuur ʼn e-pos aan supportus@sun.ac.za
  • Die maatskaplike werker sal ʼn assessering doen om die finansiële behoeftigheid van die student te bepaal.​

Sodra die assesseringsproses afgehandel is, sal die student in kennis gestel word van die soort bystand wat hulle aangebied word.

 

Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO)

Individuele en groepsessies wat studente met akademiese probleme ondersteun, word aangebied. Dit sluit loopbaanvoorligting, fokus op doeltreffende studiemetodes, hoe om tyd meer produktief aan te wend, en stresbestuur in. Studente kan die SSVO by (021) 927​ 7020 skakel, ʼn e-pos aan studysuccess@sun.ac.za stuur, of by die ontvangs aanmeld om ʼn afspraak met ʼn opvoedkundige sielkundige te maak.


Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste (EGLD)

Die eenheid bied ʼn verskeidenheid ingrypings met die doel om studente vir die werksoekproses en die oorgang na die werkswêreld voor te berei. Loopbaanwerksessies word op versoek oor die volgende onderwerpe aangebied: CV-skryfvaardighede, Onderhoudsvaardighede, Dekbriewe, Persoonlike Handelsmerk / LinkedIn-profiel en Werksoekmetodes. Skakel die eenheid by (021) 808 3568 of stuur ʼn e-pos aan careerservices@sun.ac.za ​om meer uit te vind.


Eenheid vir Gestremdhede (EG)

Die eenheid bied verskeie dienste aan studente met gestremdhede of spesiale leerbehoeftes, waaronder die ontwikkeling van toeganklike tekste en innoverende akademiese steun. Hierdie eenheid bestuur ook versoeke om toets- en eksamenvergunnings – sien die aansoekvorms op ​ www.mymaties.com onder Toetse en Eksamens, of kontak skryftyd@sun.ac.za of​ disability@sun.ac.za.

Vir meer inligting oor die SSVO-dienste, besoek www.sun.ac.za/cscd. ​