Support Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Studenteondersteunings​dienste​

​Akademiese ondersteuning​​


Akademiesesteundienste

Ons verskaf hierdie dienste aan studente by die Fakulteit wat steun nodig het om akademies te kan presteer. Ons doen dit by wyse van 'n holistiese ondersteuningsraamwerk vir studente. Dit is daarop gemik om tot 'n betekenisvolle leerervaring by te dra en studente persoonlik sowel as professioneel te help ontwikkel sodat hulle hulle opvoedkundige en loopbaandoelstellings kan bereik.

Hierdie dienste sluit die volgende in:

  • kokurrikulêre vaardighede wat die studentekurrikulum ondersteun, soos strukturerings- en organisatoriese vaardighede, studiestrategieë, hoe om aantekeninge te maak, stresbestuursvaardighede, en gesonde eet- en slaapgewoontes;
  • sielkundige sifting met die oog op studente se geestesgesondheid, en verwysing na gepaste interne en eksterne bronne tot die Fakulteit se beskikking;
  • loopbaanassessering, -ontwikkeling en -steun; en
  • tutoriaalprogramme vir vakspesifieke, persoonlike ondersteuning.

Akademiese steun word via die Akademiese Adviseur se kantoor verskaf. Kontak gerus die Administratiewe Beampte om 'n afspraak te maak. Ons moedig studente aan om self met ons in verbinding te tree, of om 'n lid van die akademiese personeel te vra om hulle vir ondersteuning te verwys.

Administratiewe Beampte: Mnr Khulekani Shange kshange@sun.ac.za

Akademiese Adviseur: Me Lamese Chetty lamese@sun.ac.za

 

Tutor-mentor-pr​ogram

Die tutor-mentor-program is ʼn studentegedrewe steunprogram aan die FGGW. Lees meer >​

 

Vakspesifieke tutoriale ste​un

Tutoriale steun word aangebied vir modules wat deur die onderskeie programverteenwoordigers as hoë risiko's uitgewys word. Vakspesifieke tutoriale steun vorm deel van die aanvullende ondersteuning deur akademiese eweknieë wat aan studente by die FGGW beskikbaar is. Die FGGW gebruik senior voorgraadse en nagraadse studente as tutors wat óf een-tot-een- óf groep- tutoriale steun oor spesifieke vakinhoud (teoreties óf prakties) verskaf aan studente wat dalk akademies swaar sou trek. Studente kan self by die Administratiewe Beampte om ʼn tutorpos aansoek doen, of die jaarkoördineerders (personeel wat akademiese steun in die onderskeie programme aanbied) kan so ʼn versoek indien.

 

 


 

Akademiese Adviseur:
Lamese Chetty
lamese@sun.ac.za