Support Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​Studenteondersteunings​dienste​

Kampusgesondheid - Tygerberg

Die verpleegkundige staan alle studente te woord vir primêre gesondheidsorgdienste (konsultasie gratis,  kostes betrokke by medikasie). Dienste sluit in primêre gesondheidsorg en behandeling, gesinsbeplanning, immunisasie, reisvereistes, en MIV-toetsing en -berading. Dokters is beskikbaar 2-3 ure per dag van Maandae tot Donderdae. Pasiënte wat die dokter by die resepterende praktyk spreek, betaal die tariewe van die Raad op Gesondheidsorgfinansiers. Studente word nie ontmoedig om die diens te gebruik indien finansiering nié beskikbaar is nie.

Kampusgesondheid is geleë op die 2de vloer, Tygerberg Studentesentrum.

Om 'n afspraak te maak: 

Administratiewe Beampte: Me Laetitia Norval
Epos: lwnorval@sun.ac.za
Tel: 021 938 9590 

Verpleegsuster: Sr Ronita February
Epos​: ronitaf@sun.ac.za