Information Governance
Welkom by Universiteit Stellenbosch


Toegang tot Inligting vir Navorsing

Institusionele toestemming (wat ook soms in Engels na verwys word as “gatekeeper permission”) is ’n belangrike maatreël om te sorg dat die Universiteit Stellenbosch en sy navorsers voldoen en uitvoering gee aan Suid-Afrikaanse privaatheidsverwante wetgewing. Om hierdie doel te help bereik, vereis die Universiteit dat enige individu eers institusionele toestemming van die Afdeling Inligtingsoorsigbestuur bekom voordat die persoon:

  • navorsing oor persoonlike en/of institusionele inligting in die Universiteit se besit onderneem; en

  • studente, personeellede, alumni, vennote en ander belanghebbendes van die Universiteit (op grond van hulle verwantskap met die Universiteit) as navorsingsdeelnemers werf.

Om institusionele toestemming te versoek, gaan na www.sun.ac.za/permission. 

Vir enige navrae of hulp met die indiening van ’n versoek vir institusionele toestemming, stuur ’n e-pos na permission@sun.ac.za.

Vir meer inligting, raadpleeg gerus die Regulasies vir die Werwing van Universiteit Stellenbosch-persone as Navorsingsdeelnemers, en vir Navorsing met Behulp van Persoonlike en Institusionele Inligting in die Universiteit Stellenbosch se Besit.​​

 

GEREELDE VRAE

1.      Waarom moet ek om institusionele toestemming aansoek doen?

Die etieknorme en -standaarde van die Universiteit Stellenbosch skryf voor dat ’n navorser wat navorsing met of oor die instelling se mense of data wil doen eers institusionele toestemming moet kry voordat data ingesamel mag word. Die Universiteit Stellenbosch is volgens wet verplig om enige persoonlike inligting wat hy insamel, stoor of gebruik te beskerm. Die institusionele toestemmingsproses is een van die maniere waarop ons sorg dat privaatheid beskerm word en inligting verantwoordelik bekend gemaak word. Dit help verseker dat enige navorsing met of oor persoonlike inligting in die Universiteit se besit binne die perke van toepaslike wetgewing geskied.

2.      Hoe verskil institusionele toestemming van etiekgoedkeuring?

Natuurlik oorvleuel die prosesse vir institusionele toestemming en etiekgoedkeuring hier en daar, want albei is bedoel om menslike navorsingsdeelnemers se regte en welstand te respekteer en beskerm. Nogtans verskil die klem van die twee prosedures: Institusionele toestemming gaan oor die Universiteit Stellenbosch se verantwoordelikhede benewens die tegniese uitvoering van die navorsing, soos die reg van toegang tot ons data, data-ontginning, en prosedures vir inligting- en kubersekuriteit. Etiekgoedkeuring is op sy beurt ’n voorvereiste vir institusionele toestemming. Gesamentlik sorg die twee prosedures dat navorsers enige moontlike impak van hulle navorsing op menslike deelnemers oorweeg.


Wet op die Bevordering van toegang tot inlig ting (PAIA)

Die Universiteit van Stellenbosch is daartoe verbind om deursigtigheid, aanspreeklikheid en effektiewe bestuur te bevorder.  As deel van ons poging om die reg van toegang tot inligting in werking te stel, het ons die PAIA handleiding beskikbaar in:

Engels

Afrikaans

isiXhosa​​

Die handleiding bevat inligting oor hoe om ʼn versoek vir inligting onder PAIA in te dien.  

Die vorms om te voltooi vir so 'n versoek kan hier onder afgelaai word of vanaf die webblad van die Informasie reguleerder (klik vir toegang)

Vorm 2: Request for Ac​cess to Record

Vorm 3: Outcome of Request and of Fees Payable

Vorm 4: Internal Appeal Form

Vir enige navrae of hulp met die versoek van inligting ingevolge die Wet, kontak paia@sun.ac.za.  ​


​​​​​​​

​​​​​