Mechanical & Mechatronic Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse programme in meganiese en megatroniese ingenieurswese

​​​​​​​

​Die onderstaande Nagraadse Programme is in die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese beskikbaar:

NG Dip in Ingenieurswese
MIng Gestruktureerd
MIng Navorsing (Meganies)
MIng Navorsing (Megatronies)
PhD in Ingenieurswese

Deeltydse studente moet van kampus af toegang hê tot die internet en e-pos. Alle studente moet klasse, toetse en eksamens op kampus bywoon.

Vir meer inligting relevant vir internasionale studente, besoek asb. die webwerf van ons Internasionale Kantoor.


Nagraadse Diploma in Ingenieurswese (Meganiese Ingenieurswese)

​Let asseblief daarop dat die prim^re fokus van hierdie ingenieursgraad hernieubare en volhoubare energietegnologie en verwante studies insluit. Studente wie hierdie graad voltooi het, sal uitstekende agtergrondkennis en spesifieke kundigheid het en hulself goed vestig om werk te verkry of verdere studie in die opwindende en groeiende nasionale en internasionale ontwikkelende hernubare energie-veld.

Lees hier meer oor die uiteensetting van die program ...


Toelatingsvereistes – NG Dip in Ingenieurswese

Studente wat een van die volgende kwalifikasies het, kan toegelaat word tot die NG Dip in Ingenieurswese-program:

1. BSc
2. B Tech

Om aanvaar te word in die NG Dip in Ingenieurswese-program moet ʼn student normaalweg sy / haar voorgraadse kwalifikasie in die minimum vereiste aantal jare voltooi het. BSc gegradueerdes moet ʼn gemiddeld van ten minste 60 % behaal in die finale jaar van die BSc-program. B Tech gegradueerdes moet ʼn gemiddeld van ten minste 65 % behaal oor die hele periode, asook ʼn gemiddeld van ten minste 65 % in die finale jaar.

Goedkeuring is ook onderworpe aan die diskresie van die Departement.


Die Fakulteitsraad mag, op aanbeveling van die Departementele Voorsitter, toelating verleen aan ʼn voornemende student vir die NG Dip in Ingenieurswese al voldoen die student nie aan die bogenoemde vereistes nie, maar wat wel op ʼn ander manier bewys kan lewer dat hy/sy ʼn gelykstaande vlak van bevoegdheid het.

Omvang – NG Dip in Ingenieurswese

Met voltydse studie is dit moontlik om die NG Dip in Ingenieurswese in een (1) akademiese jaar te voltooi. Die maksimum toegelate tyd is twee (2) jaar. Die minimum toegelate tyd om die NG Dip in Ingenieurswese deeltyds te voltooi sal afhang van die student se vordering. Die maksimum tyd toegelaat vir deeltydse studie in die program is twee jaar.


Besoek asb. die webwerf van die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energie Studies (Centre for Renewable and Sustainable Energy Studies (CRSES))​ ​vir meer inligting oor hierdie program en ook die bogenoemde modules. Vir meer inligting Kliek hier

Voornemende studente moet daarop let dat die modules aangebied in die NG Dip in Ingenieurswese elke jaar hersien sal word, in ag genome die vinnig-veranderende konteks van die hernubare en volhoubare energie, en ook die beskikbaarheid van kundiges op die gebied.


Studente kan by die Nagraadse Toelatingskomitee aansoek doen om erkenning van modules van ander departemente of instellings. Daar sal egter geen erkenning gegee word vir modules wat deel uitmaak van ʼn ander kwalifikasie nie. Die Komitee sal elke module assesseer en oorweeg of die module gelyk is aan ʼn nagraadse module.

Deeltydse studente moet van kampus af toegang hê tot die internet asook e-pos. Alle studente moet klasse, toetse en eksamens op kampus bywoon.


Gestruktureerde Meestersgraad in Meganiese Ingenieurswese: MIng Gestruktureerd (Meganies)

​Let asseblief daarop dat die prim^re fokus van hierdie ingenieursgraad hernieubare en volhoubare energietegnologie en verwante studies insluit. Studente wie hierdie graad voltooi het, sal uitstekende agtergrondkennis en spesifieke kundigheid het en hulself goed vestig om werk te verkry of verdere studie in die opwindende en groeiende nasionale en internasionale ontwikkelende hernubare energie-veld.

Toelatingsvereistes – MIng Gestruktureerd:

Studente wat een van die volgende kwalifikasies het, kan toegelaat word tot die MIng-program:

1. BIng - 4jaar graad
2. HonsBSc
3. Toepaslike 4-jaar B-graad
4. NDI

Om aanvaar te word vir die MIng Gestruktureerd (Meganies) moet ʼn student normaalweg sy/haar voorgraadse kwalifikasie in die minimum vereiste aantal jare voltooi het met ʼn gemiddeld van ten minste 60 %, uitgewerk oor die hele periode, asook ʼn gemiddeld van ten minste 60 % in die finale jaar. Let egter daarop dat a.g.v. die verskeie graderingskemas wat internasionaal gebruik word, is ʼn punt van 60 % van universiteite anders as Stellenbosch, nie ʼn outomatiese aanduiding van aanvaarding nie.

Die MIng Gestruktureerd is spesiaal verwek om Ingenieurswese vaardighede aan studente uit diverse agtergronde en nasionaliteite, wat gemotiveerd is om 'n bydrae te lewer in die hernubare energie veld.  Voornemende aansoekers word egter aangeraai dat 'n bewese analitiese agtergrond beide in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe noodsaaklike voorvereistes is om hierdie graad program suksesvol te voltooi.
  
Die departementele toelatings komitee wend diskresie veral met dit in gedagte.

Die Fakulteitsraad kan, op aanbeveling van die Departementele Voorsitter, toelating verleen aan ʼn voornemende student vir die MIng Gestruktureerd al voldoen die student nie aan die bogenoemde vereistes nie, maar wat wel op ʼn ander manier bewys kan lewer dat hy/sy ʼn gelykstaande vlak van bevoegdheid het.

Omvang – MIng Gestruktureerd (Meganies):

Met voltydse studie is dit moontlik om die MIng Gestruktureerde program in een (1) akademiese jaar (oor ʼn periode van laat Januarie tot laat November) te voltooi. Die maksimum toegelate tyd om die MIng Gerstruktereerd (Meganies) program te voltooi is twee (2) jaar. Die minimum toegelate tyd om die program deeltyds te voltooi, sal afhang van die student se vordering. Die maksimum toegelate tyd vir deeltydse studie in hierdie program is drie (3) jaar. 

Lees hier meer oor die uiteensetting van die program ...

Besoek asb. die webwerf van die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energie Studies (Centre for Renewable and Sustainable Energy Studies (CRSES)) vir meer inligting oor hierdie program en ook die bogenoemde modules.​

Studente kan by die Nagraadse Toelatingskomitee aansoek doen vir erkenning van modules van ander departemente of instellings. Daar sal egter geen erkenning gegee word vir modules wat deel uitmaak van ʼn ander kwalifikasie nie. Die Toelatingskomitee sal elke module assesseer en oorweeg of die module gelyk is aan ʼn nagraadse module.


Die aard van die projek moet ʼn hoë-vlak praktiese toepassing van die nagraadse kursuswerk weerspieël. Deeltydse studente handel gewoonlik hulle projekte in die industrie af.

Deeltydse studente moet van kampus af toegang hê tot die internet sowel as e-pos. Alle studente moet klasse, toetse en eksamens op kampus bywoon.

Vir meer inligting relevant vir internasionale studente, besoek asb. die webwerf van ons Internasionale Kantoor.


Navorsingsmeestersgraad in Ingenieurswese Meganies of Megatronies: MIng Navorsing (Meganies) of MIng Navorsing (Megatronies)

Toelatingsvereistes – MIng Navorsing:

Studente wat een van die volgende kwalifikasies het, kan toegelaat word tot die MIng Navorsingsprogram:

1. BIng
2. HonsBSc
3. Toepaslike 4-jaar B-graad
4. NDI

Om aanvaar te word vir die MIng Navorsingsprogram moet ʼn student normaalweg sy / haar voorgraadse kwalifikasie in die minimum vereiste aantal jare voltooi het met ʼn gemiddeld van ten minste 60 %, uitgewerk oor die hele periode, asook ʼn gemiddeld van ten minste 60 % in die finale jaar. Let egter daarop dat a.g.v. die verskeie graderingskemas wat internasionaal gebruik word, is ʼn punt van 60 % van universiteite anders as Stellenbosch, nie ʼn outomatiese aanduiding van aanvaarding nie.

Goedkeuring is ook onderworpe aan die diskresie van die Departement.


In buitengewone omstandighede kan die Fakulteitsraad, op aanbeveling van die Departementele Voorsitter, toelating verleen aan ʼn voornemende student vir die MIng Navorsingsprogram al voldoen die student nie aan die bogenoemde vereistes nie, maar wat wel op ʼn ander manier bewys kan lewer dat hy/sy ʼn gelykstaande vlak van bevoegdheid het.

Die MIng Navorsingsprogram is normaalweg nie beskikbaar vir deeltydse studente nie.

 

Omvang – MIng Navorsing:

Die MIng Navorsingsprogram is ʼn veeleisende program en neem gewoonlik twee (2) akademiese jare van voltydse studie om te voltooi. Vir die MIng Navorsing (Meganies), MIng Navorsing (Megatronies), moet ʼn student normaalweg die volgende voltooi:

• vyf (5) aanvullende 800-vlak modules (16 SAQA krediete elk), gevolg deur
• ʼn navorsingstesis van 1 800 uur in Meganiese, Megatroniese, Lugvaartkunde of Mariene Ingenieurswese.

Die modules moet ten minste een (1) nagraadse Wiskunde of Toegepaste Wiskunde module, en ten minste twee (2) gevorderde ingenieursmodules (tipies gekies uit Vloeimeganika, Warmteoordrag, Dinamika, Soliede Meganika, Ontwerp en Beheer) insluit. Die oorblywende modules kan fokus op die tesis-onderwerp. Studente moet hulle modules kies in oorleg/samewerking met hulle studieleier. Hoogstens een (1) van die 800-vlak modules mag op ʼn self-studie basis gedoen word indien die nodige teorie vir die tesis nie in die beskikbare modules aangebied word nie.

Studente kan aansoek om erkenning van modules van ander departemente en instellings. ʼn Opsomming van die kursus-inhoud, met ʼn duidelike uiteensetting van die vlak en omvang, moet tesame met die aansoek ingedien word vir oorweging.

Die aard van die tesis moet gesien word as ʼn navorsingswerk. Die tesis sal geëksamineer word deur die studieleier, ʼn interne eksaminator en (ʼn) eksterne eksaminator(s). Kandidate wat in Desember wil gradueer, moet hulle tesisse tipies vroeg in September inhandig. Die ooreenstemmende datum vir die Maart gradeplegtigheid is tipies laat November (verwys na die M en PhD studiegids vir korrekte datums).

Tesame met die tesis, moet die kandidaat ook ten minste een (1) navorsingsartikel, gebaseer op hulle navorsing, skryf wat deur die Nagraadse Komitee gekeur sal word of dit geskik is vir aanbieding by ʼn internasionale konferensie.

Vir meer inligting relevant vir internasionale studente, besoek asb. die webwerf van ons Internasionale Kantoor.


Doktor in die Wysbegeerte (Ingenieurswese): PhD (Ing)

Toelatingsvereistes – PhD:

Studente wat een van die volgende kwalifikasies het, kan toegelaat word tot die PhD-program:

1. MIng Gestruktureerd
2. MIng Navorsing

* Voornemende studente wat nie ʼn navorsingsgebaseerde Meestersgraad (d.i. waar die hoof navorsingsprojek minder as 50 % van die totale Meestersprogram getel het) het nie, moet hulle vermoë om navorsing te doen kan bewys alvorens hulle vir toelating oorweeg sal word.

Om toelating tot die PhD-program te verkry moet die student normaalweg, tesame daarmee om aan die toelatingsvereistes te voldoen, die volgende hê:
• ʼn navorsingsonderwerp (breedweg gedefinieer)
• ʼn promotor
• voorlopige reëlings rakende fasiliteite soos nodig vir die navorsing.

Let op die vereistes om na die eerste (1ste) jaar van studie aan te gaan, hieronder gegee word:

Studente moet ook die Algemene reëls rakende die relevante program lees soos uiteengesit in Deel I en II van die Jaarboek van die Universiteit van Stellenbosch.


Voortsetting na die eerste (1ste) jaar van registrasie:

Elke PhD kandidaat moet, tipies binne ses (6) tot nege (9) maande na eerste (1ste) registrasie, en in ag genome die onderstaande keerdatums, ʼn geskrewe navorsingsvoorstel en 'n uitvoerende opsomming inhandig. Die navorsingsvoorstel (tipies 20-30 bladsye) moet die volgende bevat:

• ʼn Omvattende uiteensetting van die literatuur relevant tot die PhD studie, sowel as ʼn samestelling en evaluering van die belangrikste temas in die literatuur gevind.

• ʼn Duidelike uiteensetting van die studie se doelwitte, met spesifieke verwysing na hoe dit aanpas by voorheen gepubliseerde werk, en ook wat die verwagte oorspronklike bydrae van die studie gaan wees.

• ʼn Breedvoerige tydsraamwerk vir die studie, tipies in terme van vier (4) tot tien (10) aktiwiteite en ʼn kort beskrywing van elke aktiwiteit se hooffokus.

• ʼn Duidelike uiteensetting van die infrastruktuur (ingesluit sagteware, toerusting, laboratoria, operasionele koste, ens.) wat benodig gaan word om die studie te voltooi, asook reëlings wat getref is om te verseker dat die infrastruktuur beskikbaar is.

Tipies twee (2) tot vier (4) weke na die kandidaat sy / haar navorsingsvoorstel ingedien het, sal sy / haar geskiktheid om aan te gaan met die PhD-studie geassesseer word deur ʼn kandidatuurpaneel, gebaseer op die volgende:

• Die ingediende navorsingsvoorstel.

• ʼn Aanbieding (ongeveer 15-25 minute) deur die kandidaat oor die navorsingsvoorstel, sowel as antwoorde van die kandidaat op vrae gestel deur die paneel oor die voorstel en die beplande navorsing.

• Die kandidaat se antwoorde op die vrae vanaf die paneel om die kandidaat se tegniese kundigheid in die kennis-area relevant tot die navorsingsonderwerp te assesseer.

Die paneel maak ʼn aanbeveling aan die Fakulteitsraad oor of die kandidaat mag aangaan met PhD studies al dan nie. ʼn PhD kandidaat mag slegs na sy / haar 1ste jaar van registrasie aangaan indien die Fakulteitsraad sy/haar voorsetting binne twaalf (12) maande van eerste registrasie in die PhD-program goedgekeur het. Uitstel op hierdie keerdatum sal slegs verleen word in buitengewone omstandighede en is onderworpe aan die goedkeuring van die kandidaat se tuisdepartement en die Fakulteitsraad.

ʼn Bestuursopsomming is verpligtend – verwys asb. na die M en PhD studiegids vir besonderhede.

 

Omvang – PhD:

Vir ʼn PhD in Ingenieurswese moet ʼn student normaalweg ʼn doktorale verhandeling/proefskrif (van 3 600 uur) indien en dit suksesvol verdedig tydens ʼn mondelinge eksamen. Studie vir ʼn PhD-graad neem gewoonlik ten minste drie (3) jaar op ʼn voltydse basis. Die maksimum toegelate tyd vir PhD-program is vier (4) jaar vir voltydse studie en sewe (7) jaar vir deeltydse studie.

Tesame met die proefskrif, moet die student ook ten minste twee (2) navorsingsartikels, gebaseer op hulle navorsing, skryf waarvan een (1) reeds gepubliseer moet wees in ʼn internasionaal erkende vaktydskrif, en die ander een (1) reeds aanvaar moet wees vir publikasie in ʼn internasionaal erkende vaktydskrif.

Deeltydse studente moet van kampus af toegang hê tot die internet en e-pos. Alle studente moet klasse, toetse en eksamens op kampus bywoon.

Vir meer inligting relevant vir internasionale studente, besoek asb. die webwerf van ons Internasionale Kantoor.

​