Gestruktureerde Meestersgraad in Meganiese Ingenieurswese in Hernubare en Volhoubare Energie: MIng Gestruktureerd 

Toelatingsvereistes – MIng Gestruktureerd: 

Studente wat een van die volgende kwalifikasies het, kan toegelaat word tot die MIng-program: 

1. BIng 

2. HonsBSc 

3. Toepaslike 4-jaar B-graad 

4. NDI 

Om aanvaar te word vir die MIng Gestruktureerde-program moet ʼn student normaalweg sy/haar voorgraadse kwalifikasie in die minimum vereiste aantal jare voltooi het met ʼn gemiddeld van ten minste 60 %, uitgewerk oor die hele periode, asook ʼn gemiddeld van ten minste 60 % in die finale jaar. Let egter daarop dat a.g.v. die verskeie graderingskemas wat internasionaal gebruik word, is ʼn punt van 60 % van universiteite anders as Stellenbosch, nie ʼn outomatiese aanduiding van aanvaarding nie. 

Goedkeuring is ook onderworpe aan die diskresie van die Departement. 

Die Fakulteitsraad kan, op aanbeveling van die Departementele Voorsitter, toelating verleen aan ʼn voornemende student vir die MIng Gestruktureerd al voldoen die student nie aan die bogenoemde vereistes nie, maar wat wel op ʼn ander manier bewys kan lewer dat hy/sy ʼn gelykstaande vlak van bevoegdheid het. 

Omvang – MIng Gestruktureerd: 

Met voltydse studie is dit moontlik om die MIng Gestruktureerd in een (1) akademiese jaar (oor ʼn periode van laat Januarie tot laat Januarie) te voltooi. Die maksimum toegelate tyd om die program te voltooi is twee (2) jaar. Die minimum toegelate tyd om die program deeltyds te voltooi, sal afhang van die student se vordering. Die maksimum toegelate tyd vir deeltydse studie in hierdie program is vier (4) jaar. 

Ter voltooiing van die MIng Gestruktureerd moet ʼn student normaalweg ag (8) modules van sestien (16) SAQA krediete elk, voltooi. 

Lees hier meer oor die uiteensetting van die program ... 

Besoek asb. die webwerf van die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energie Studies (Centre for Renewableand Sustainable Energy Studies (CRSES) vir meer inligting oor hierdie program en ook die bogenoemde modules. 

Studente kan by die Nagraadse Toelatingskomitee aansoek doen vir erkenning van modules van ander departemente of instellings. Daar sal egter geen erkenning gegee word vir modules wat deel uitmaak van ʼn ander kwalifikasie nie. Die Toelatingskomitee sal elke module assesseer en oorweeg of die module gelyk is aan ʼn nagraadse module. 

Die aard van die projek (ten minste 300 uur) moet ʼn hoë-vlak praktiese toepassing van die nagraadse kursuswerk weerspieël. Deeltydse studente handel gewoonlik hulle projekte in die industrie af. 

Deeltydse studente moet van kampus af toegang hê tot die internet sowel as e-pos. Alle studente moet klasse, toetse en eksamens op kampus bywoon. 

Vir meer inligting relevant vir internasionale studente, besoek asb. die webwerf van ons Internasionale Kantoor.